Wednesday 27 July 2011

GGP Deel 5

Geestelike Groeiprogram vir Dissipels en Dissipelmakers

DEEL 5 (Groeifase 5: 'Volwasse Fase')

Dr. J. M. B. Eloff

Tweede Uitgawe 1994
Kopiereg 1994: Dr Johann Eloff
Posbus 71, Mansfield, QLD, 4122, Brisbane, Australie
Ó Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm gedupliseer word sonder die toestemming van die uitgewer nie.
Gedruk in Suid-Afrika.



INHOUD


5. GROEIFASE 5 (VOLWASSE) 1

5.1 GROEIAREA: WOORD 2
5.1.1 Kennisdoelstellings: 3
5.1.2 Gesindheidsdoelstellings: 10
5.1.3 Aktiwiteitsdoelstellings: 11

5.2 GROEIAREA: GEBED 14
5.2.1 Kennisdoelstellings: 15
5.2.2 Gesindheidsdoelstelling: 16
5.2.3 Aktiwiteitsdoelstellings: 16

5.3 GROEIAREA: PERSOONLIKE GROEI 19
5.3.1 Kennisdoelstellings: 20
5.3.2 Gesindheidsdoelstellings: 21
5.3.3 Aktiwiteitsdoelstellings: 23

5.4 GROEIAREA: GESIN 26
5.4.1 Kennisdoelstelling: 27
5.4.2 Gesindheidsdoelstelling: 27
5.4.3 Aktiwiteitsdoelstelling: 27

5.5 GROEIAREA: GEMEENSKAP 29
5.5.1 Kennisdoelstelling: 30
5.5.2 Gesindheidsdoelstelling: 30
5.5.3 Aktiwiteitsdoelstellings: 30

5.6 GROEIAREA: GETUIENIS 33
5.6.1 Kennisdoelstellings: 34
5.6.2 Gesindheidsdoelstellings: 35
5.6.3 Aktiwiteitsdoelstellings: 36

5.7 GROEIAREA: BEDIENING 38
5.7.1 Kennisdoelstellings: 39
5.7.2 Gesindheidsdoelstellings: 81
5.7.3 Aktiwiteitsdoelstellings: 82

5.8 GROEIAREA: LEEFWêRELD 84
5.8.1 Kennisdoelstellings: 85
5.8.2 Gesindheidsdoelstelling: 124
5.8.3 Aktiwiteitsdoelstellings: 124


5. GROEIFASE 5 (VOLWASSE)

VOORWOORD

"Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei." (Hebreërs 5:14)

Die geestelik volwassene se belangrikste behoeftes is die vermoë tot leierskap en volgehoue selfdissipline. Hy het nou nodig om uit te reik na 'n leeftyd vol verantwoordelikheid. Hy het iemand nodig wat hom aanmoedig om nie nou te gaan sit nie, maar om voort te gaan om te groei. Hy moet 'n intense begeerte ontwikkel om in 'n hegter verhouding met God te wandel, om homself meer verdiepend tot God te verbind en tot groter vrugprodusering. Hy moet meer van God as van mense afhanklik wees, maar effektiewe interafhanklikheid behou wat nodig is vir Christen gemeenskap.

Die geestelik volwassene se sleutelmotiveerder is God en die bediening wat God aan hom toevertrou. Sy verhouding met die Here word toenemend kosbaar vir hom en sy drang om aan te hou groei spruit voort uit 'n begeerte om sy Vader se wil te doen en uiteindelik te hoor "Mooi so, goeie en getroue dienskneg."

Tydens hierdie fase motiveer die geestelike groeileier hom vir die lang trek vorentoe soos 'n kameraad. Nou is julle sy aan sy besig om die vyand saam in die oë te kyk. Jy moet daaraan werk om hom aan die gang te hou (Hebreërs 10:24). Moedig hom aan om alles wat hy geleer het in die stryd te werp.

5.1 GROEIAREA: WOORD

INHOUD

5.1.1 Kennisdoelstellings:
a. Neem voortdurend toe in kennis oor Bybelse begrippe, karakters en leerstellings.
b. Neem voortdurend toe in kennis van God.

5.1.2 Gesindheisdoelstellings:
a. Aanvaar die Woord van God as die maatstaf en gesag vir alles wat jy doen.
b. Vertrou God onvoorwaardelik.

5.1.3 Aktiwiteitsdoelstellings:
a. Doen voortdurend sistematiese Bybelstudie, onder andere oor aktuele Bybelse begrippe, karakters en leerstellings.
b. Bepeins die Woord gereeld.
c. Leef toenemend gehoorsaam aan God se betroubare Woord.
d. Memoriseer gereeld Skrifgedeeltes.
e. Bekwaam jou voortdurend meer in God se Woord ten einde die inhoud en betekenis daarvan altyd beter te verstaan en só daarmee vertroud te raak dat jy altyd meer instaat kan word om met wysheid vrae te beantwoord, medegelowiges te bemoedig en ongelowiges na Christus te lei.

5.1.1 Kennisdoelstellings:

5.1.1.a Neem voortdurend toe in kennis oor Bybelse begrippe, karakters en leerstellings.

Dit is belangrik om voortdurend toe te neem in kennis oor Bybelse begrippe, karakters en leerstellings. Kyk ook na doelwit 5.1.3.b.

5.1.1.b Neem voortdurend toe in kennis van God.

Lees Romeine 11:33-36 en lê klem op dit wat in 1 Korintiërs 15:28 uitgespel word naamlik dat God uiteindelik alles sal wees vir almal wat in Christus is. Onthou dus om voortdurend toe te neem in kennis van God. Kyk na doelwit 5.1.3.c. Doen indringende Bybelstudie oor God aan die hand van die meegaande Skrifgedeeltes:
Wie is God (Genesis 1:1; 17:1; Eksodus 6:6; 16:12; 20:2; Levitikus 11:44; 18:2; 19:3; 20:7; 26:44; Numeri 10:10; Deuteronomium 4:35; 5:6; 6:4; 10:17; 29:29; Josua 22:22; Rigters 6:10; 2 Samuel 7:22,28). God die Skepper (Genesis 1:1; Job 36:3; Prediker 12:1; Jesaja 40:28; 43:1,15; Handelinge 4:24; Romeine 1:25; Kolossense 3:10; 1 Petrus 4:19.
God stel Homself bekend as God en Here (Genesis 17:7,8; 28:21; 35:11; Eksodus 6:6; 20:2; 23:22,43; 24:22; 25:17; 29:45; Levitikus 11:44,45; 18:2,4; 19:3; 20:7; 22:23; 25:38; 26:12,45; Numeri 10:10; 15:41; Deuteronomium 26:17; 29:6,13; Rigters 6:10; 2 Samuel 7:24; 1 Kronieke 16:14; 17:22; Nehemia 6:16, Psalm 7:4; 18:32; 25:1; 31:15; 38:22; 40:9; 48:15; 50:7; 63:2; 95:7; 143:10; Jeremia 7:23; 11:4; 24:7; 30:22; 31:1,18; 32:38; Esegiël 11:20; 14:11; 20:7,17,20; 34:24; 35:28; Joël 3:17; Sagaria 8:8; 10:6; 2 Korintiërs 6:16; Hebreërs 8:10; Openbaring 21:7).
God is die Verbondsgod (Genesis 46:3; Eksodus 6:3; 15:2; 16:60; 17:2,4; Deuteronomium 4:31; Psalm 105:8; 106:45; 111:9; 132:12; Esegiël 16:60; Maleagi 2:10; Handelinge 3:36; Galasiërs 3:17; Hebreërs 7:22; 8:9). God is die enigste ware God (Deuteronomium 6:4; 2 Samuel 7:22. 28,32; 1 Konings 8:23; 1 Kronieke 17:20; 2 Kronieke 6:14; Psalm 86:2; Jesaja 45:21; 46:9; 1 Korintiërs 8:4,6; Efesiërs 4:6; 1 Timoteus 2:5.
God is heilig (Levitikus 11:44; 20:3; 22:8; 1 Samuel 2:2,20; Psalm 22:4; 99:3; 145:21; Jesaja 6:3; 24:19; 43:15; 57:15; 65:5; Daniël 4:13; Hosea 11:9; 12:1; Amos 2:7; 4:2; Habakuk 1:12; Lukas 1:35,49; 2:23; Johannes 17:11; Handelinge 3:14; 4:27,30; Romeine 1:4; Hebreërs 12:10; 1 Petrus 1:15,16; Openbaring 3:7; 4:8; 6:10; 15:4). God is ewig (Genesis 21:23; Eksodus 15:18; Deuteronomium 33:27; 1 Konings 9:3; 9:8,16; Psalm 33:11; 41:14; 51:6; 61:8; 90:2; 102:13; 117; Jesaja 9:5; 19:20; Jeremia 3:5; 10:10; 13:12; 33:11; 47:5; Daniël 4:34; Miga 4:7; Romeine 1:23). God is alomteenwoordig (Genesis 21:22; Numeri 23:21; Jesaja 8:10; 1 Korintiërs 15:28). God onderhou en bewaar die mens en die skepping (Genesis 28:15; Eksodus 23:20; Josua 24:17; 1 Samuel 2:9; 2 Samuel 22:44; Nehemia 9:21; Job 29:2; Psalm 16:1; 17:8; 31:24; 37:28; 41:3; 91:11; 97:10; 116:6; 121:3,4,5,8; 127:1; 141:9; 145:20; 146:9; Spreuke 2:8; Johannes 17:11,15; Filippense 4:7; 2 Tessalonisense 3:3; 2 Timoteus 1:12; 1 Petrus 1:4; 2 Petrus 2:5,9,17; Judas :1,6,24; Openbaring 3:10).
God eis gehoorsaamheid (Genesis 31:16; 1 Samuel 15:22; Markus 1:44,45; Handelinge 5:29,32; 6:7; Romeine 15:18; Hebreërs 5:9; 11:8; 1 Petrus 1:14). God eis liefde (Eksodus 20:6; Deuteronomium 5:10; 6:5; 7:8; 10:12; 11:1,13,22; 19:9; 30:6,16,20; Josua 22:5; 23:11; Jeremia 2:2; Miga 6:8; Matteus 22:37; Markus 12:30; Lukas 10:27; 11:42; Johannes 11:5; 13:1, 34; 14:21; 1 Korintiërs 2:9; 2 Korintiërs 9:7; Jakobus 1:12; 2:5; 1 Johannes 5:3). God moet geëer word (1 Kronieke 16:24,28,29; Psalm 21:6; 29:20; 66:2; 79:9; 90:1,2; 115:1; Spreuke 25:2; Jesaja 42:8; 48:11; Jeremia 13:16; Daniël 7:14; Maleagi 1:6; Lukas 2:14; Johannes 7:18; 9:24; 12:43; Handelinge 12:23; Romeine 4:20; 1 Timoteus 1:17; 2 Petrus 1:17; Openbaring 4:9,11; 19:1; 5:12; 7:12). God moet verheerlik word (Eksodus 15:11; Levitikus 10:3; Jesaja 26:15; 49:3; Matteus 5:16; 9:8; 15:31; Markus 2:12; Lukas 2:20; 5:25,26; 7:16; 13:13; 17:15; 18:43; 23:47; Johannes 13:31; 14:13; 15:8; 17:1,4; 21:19; Handelinge 4:21; 11:18; Romeine 1:21; 15:6,9; Galasiërs 1:24; 1 Petrus 2:12; 4:14,16; Openbaring 15:4).
God het ons lief (Deuteronomium 7:8; 23:5; 2 Samuel 12:24; 1 Konings 10:9; 2 Kronieke 2:11; 9:8; Spreuke 3:12; 15:19; 16:13; Jesaja 38:17; 43:4; 48:14; 63:9; Jeremia 31:3; Hosea 11:4; Maleagi 1:2; Johannes 3:16; 15:9,10,13; 16:27; 17:26; 19:26; Romeine 5:5,8; 8:28,35,39; 2 Korintiërs 5:14; 13:11,13; Galasiërs 2:20; Efesiërs 2:4; 3:19; 6:24; 2 Tessalonisense 2:16; Titus 3:4; 1 Petrus 1:8; 1 Johannes 3:1; 4:7,9,10,12,19; 5:1; Judas :21; Openbaring 1:5; 3:19).
God die Vader is die Skepper (Genesis 1:26; 1 Korintiërs 8:6; 2 Korintiërs 1:3). God is die Vader van Jesus Christus (Matteus 10:32,33; 11:27; Lukas 2:49; 10:22; 22:29; 24:49; Johannes 1:18; 2:16; 5:17,18,19,43; 8:28,38,49; 10:18,25,37,38; 14:12,20,21,23,28; 15:1,15; 16:15; 17:21; Openbaring 2:27). God die Vader woon in die hemel (Matteus 5:16,45,48; 6:1; 6:14,32; 7:11,21; 12:50; 15:13; 16:17,18,19; 18:35; 23:9; Markus 11:25,26; Lukas 9:26; 11:2; Romeine 6:4; 8:18; Efesiërs 1:17,18; Filippense 2:11).
God is 'n versorgende Vader (Psalm 68:6; Matteus 6:26, Lukas 6:36; 12:30,32; Johannes 17:11; Jakobus 1:17). God is 'n alwetende Vader (Matteus 6:4,6,8,18,32; 7:29; 24:36; Markus 13:32). God die Vader het Jesus Christus en sy volgelinge lief (Johannes 3:35; 5:20; 8:17; 10:30; 15:9; 1 Johannes 3:1).
God die Vader het Christus na die wêreld gestuur (Johannes 1:14; 5:30,37,43; 6:32,39,44,57; 8:16,18; 12:49; 14:24; 16:28; 20:21; 1 Johannes 4:14). God die Vader verheerlik Christus (Johannes 8:54; Openbaring 3:21). God die Vader het die Heilige Gees gestuur (Lukas 11:13; Johannes 14:26; Handelinge 1:4; 2:33).
God is die Vader van die verlostes (Johannes 8:41; 16:27; 2 Korintiërs 6:18; Hebreërs 1:5). God die Vader word aanbid (Matteus 1:25; 26:29,39,42,53; Markus 14;36; Lukas 10:21; Johannes 4:21,23; 11:41; 12:27; 14:16; 16:23,26; Efesiërs 3:14; Kolossense 1:12; 1 Petrus 1:17; 1 Johannes 2:1). God die Vader word verheerlik (Johannes 14:13; 15:8).
Eienskappe van God die Heilige Gees (1 Konings 22:24; 2 Kronieke 18:23; Job 33:4; Psalm 104:30; 143:10; Jesaja 34:16; 63:14; Matteus 4:1; Lukas 4:1; Johannes 8:14,16; 16:8; Handelinge 8:29; 10:19; Romeine 8:6; 1 Korintiërs 2:10; 12:13; 18:12; Galasiërs 4:6; Efesiërs 4:30; Hebreërs 3:7; 9:8; 1 Petrus 1:12; 2 Petrus 1:20; Judas :6; Openbaring 2:7).
Die Heilige Gees doen die werk van 'n Persoon (Nehemia 9:20; Psalm 104:30; Markus 13:11; Lukas 2:26; 12:12; Johannes 14:25,26; 16:7,14; Handelinge 1:8; 9:31; 11:28; 13:2,4; 15:28; 16:6; 20:23; Romeine 8:11,26; 1 Korintiërs 2:13; 2 Korintiërs 13:13; Efesiërs 3:6; 2 Timoteus 4:16; Titus 3:5).
Jesus Christus is die Seun van God (Matteus 8:29; 14:33; 16:16; 26:63,64; 27:43; Markus 1:1; 3:11; 5:7; 14:61,62; 15:39; Lukas 1:35; 4:41; 8:28; 22:70; Johannes 1:34,49; 3:18; 5:25; 6:69; 10:36; 11:4,27; 19:7; 20:31; Handelinge 9:20; Romeine 1:4; 2 Korintiërs 1:19; Galasiërs 2:20; Efesiërs 4:13; Hebreërs 4:14; 6:6; 10:29; 1 Johannes 3:8; 4:15; 5:5,10,13,20; Openbaring 2:18).
Jesus Christus is die seun van die mens (Matteus 8:20; 9:6; 10:23; 11:19; 12:8,32,40; 13:37,41; 16:13,27,28; 17:9,12,22; 18:11; 19:28; 20:18,28; 24:27,30,37,39,44; 25:13,31; 26:2,24,45,64; 27:54; Markus 2:10,28; 8:31,38; 9:9,12,31; 10:31,45; 13:26; 14:21,41,62; Lukas 5:24; 6:5,22; 7:34; 9:22,26,44,56,58; 11:30; 12:8,10,40; 17:22,24,26,30; 18:8,31; 19:10; 21:27,36; 22:22,48,69; 24:7; Johannes 1:52; 3:13,14; 5:27; 6:27,53,62; 8:28; 12:22,34; 13:31; Handelinge 7:56; Hebreërs 2:6; Openbaring 1:13; 14:14).
Jesus Christus is ons Verlosser (Lukas 2:11,30; Johannes 4:42; Handelinge 4:12; 5:31; 13:23; Romeine 11:26; Filippense 3:20; 1 Tessalonisense 5:9; 1 Timoteus 1:15; 2 Timoteus 1:10; Titus 1:4; 2:13; 3:6,11; 2 Petrus 1:1,11; 2:10; 3:2,18; 1 Johannes 4:4).
Jesus Christus is ons Redder (Matteus 8:11; Markus 15:31; Lukas 19:10; 23:35; Johannes 12:47; Handelinge 1:21; 4:12; 16:31; Romeine 10:13; 1 Timoteus 1:15; 2 Timoteus 1:9; 4:18; Hebreërs 7:25).
Jesus Christus is Here (Matteus 26:22; Lukas 13:23; Johannes 9:38; 13:13; 20:28; 21:7; Handelinge 9:5,10; 10:36; 11:17; 16:31; 19:17; 22:10; Romeine 10:12; 13:14; 1 Korintiërs 8:6; 9:1; 16:22; Kolossense 3:17; 1 Tessalonisense 4:16; Titus 1:4; Jakobus 5:8; 2 Petrus 1:2).
Mense erken en bely dat Jesus die Christus is (Matteus 16:16; 22:10; Markus 8:29; Lukas 4:41; 9:20;24:26,46; Johannes 4:25,42; 6:69; 7:26; Handelinge 2:36; 3:18; 9:22; 18:5; 19:4; 24:24; 26:23).
Christus het vir swakkes en goddeloses gesterwe (Romeine 5:6,8; 8:34; 14:9,15; 1 Korintiërs 8:11; 15:3).
Christus is Hoof van sy kerk (1 Korintiërs 11:3; Efesiërs 1:22; 4:15; 5:23; Kolossense 1:18; 2:10,19).
Ons moet in Christus wees (Romeine 16:7; 1 Korintiërs 1:4,30; 4:17; 2 Korintiërs 2:17; 5:17; 13:5; Galasiërs 2:20; 1 Kolossense 3:11; 1 Tessalonisense 4:16; 2 Timoteus 2:7,19; 1 Petrus 5:14; 1 Johannes 5:20).
Ons moet in Christus glo (Handelinge 8:37; Galasiërs 2:16,17; 3:26,28; Efesiërs 3:17; Filippense 3:9; Kolossense 1:4; 3:11; 2 Timoteus 3:15; 1 Johannes 3:23; 5:1).
Ons moet saam met Christus sterf (Romeine 6:8; Galasiers 2:20; Kolossense 2:20; 1 Tessalonisense 4:16).
Ons word saam met Christus opgewek (Kolossense 3:1; 1 Tessalonisense 4:14).
Die dag van Christus (Filippense 1:10; 2:16; 2 Tessalonisense 2:2; 2 Petrus 3:10).

Lees ook die volgende:
"God never turns off His light and go to sleep like we do. When He is awake, we needn't be afraid. He has sensitive ears. He knows when to add the chords, runs and trills which will make our lives symphonies of praise to Him. His delays are not denials. He is waiting to be gracious to us. God has limitless riches in store. He willingly gives us everything that is good for us. He holds back only what is not good. There is no limit to what He is able to do. He is great in great things, and very great in little things. He who can count and name the stars has a heart for individuals like you and me.
"He will never arrive too late nor with too little for our needs. In Him is the source of true joy. He is no security against storms, but perfect security in storms. His eye is upon us. His ear is open to us. His hand is sufficient for us. His heart is sympathetic to us. His angels are around us. His treasures are laid up for us. He must be Lord of all or He is not Lord at all. Our Lord is a Victor.
"When God speaks, a light comes through and makes a simple man wise. We must know the Word of God, to know God of the Word. We must look into His Word until He looks into us. God speaks enough through his Word. Why must He shout through trial before we hear? His Word is a lamp by night, a light by day, and a delight at all times.
"The living Christ within makes a steady light without. Have you lost Him? Then seek Him where you left Him - He is waiting there for you. Your experiences in life become stepping stones leading to Him, if you let Him carry your burdens.
"More people read the Bible bound in shoe leather than the one bound in morocco. Many who don't read the Bible, are reading the living epistles of our lives.
"In the hustle and bustle of life, it is difficult to hear the Lord's voice. We need quiet times, quiet places, quiet hearts to hear His quiet voice. The morning is one end of the thread on which the day's activities are strung and should be well knotted with God's love and devotion. Quiet times need quiet spots. Let our children spot our quiet time spots.
"Do you need help? God is only a little prayer - a cry - away. The most important appointment on your calender, is your prayer appointment with God. Appointments are important and made to be kept. Never miss your prayer appointment with Him. He is waiting for you. But remember that you have to accept Jesus as your Mediator before you have the right to "dial" our Heavenly Father.
"Only the empty heads of grain stand up. The well filled ones bow low. They say that the apostle James had "knees like a camel" - he spent so much time on his knees in prayer, that they bore a marked resemblance to the calloused knees of that beast of burden. Pray not for tasks equal to your strength, but for strength equal to the task God gives you to do.
"We lie to God in prayer if we do not rely on Him after prayer. You can do more than pray, after you have prayed. But you cannot do more than pray, until you have prayed. We often say, 'Why worry when you can pray?' Because 'trust and prayer lessen care.' Prayer can do what care cannot. Therefore, pray your way through the day. When we are prayerful and thankful, we can also be peaceful.
"By praying for Christian workers you share in God's work. Every great movement of God can be traced to a 'kneeling figure'. When we work, we work, but when we pray, God works. He who only prays on his knees, does not pray enough. Prayer is the noblest use of language. Through prayer our needs are transformed into assets. The pray-ers are great people in God's work. When you lift your voice to God, keep your eyes focused on Him, not on your problems. Then prayer will be power, not plight in your life.
"Faith is to believe what we do not see. It's reward is to see what we believe. Doubt sees the obstacles, but faith sees the way. The problem is not God's inability to do, but our inability to trust. If we trust and obey, everything will be O. K. The only way to learn strong faith, is to endure great trial. When you become wrinkled with care and worries, it is time to get your faith lifted. The faithful one does not know the way, but he knows his loving Leader. Those who leave everything in God's hand, will eventually see God's hand in everything. Do we trust God, even when we don't understand His purposes?
"A missionary is God's person, in God's place, doing God's work, in God's way, for God's glory. Every heart with Christ in it, is a missionary. Every heart without Christ is a mission field.
"The beginning of greatness is to be little. The increase of greatness is to be less. The perfection of greatness is to be nothing. God does not bless our overwork, but our overflow. It is the overflow of our lives that touches others. Rooted in Christ, nourished by the Word and refreshed by the Spirit, our lives become blessings to others. 'It was nothing you said that made me want to be a Christian - it was the beauty of holiness which I saw in your face.'
"All our skills must be tools in the hands of the great Master Worker. Our availability is more important to God than our efficiency. Therefore, be sure to check God's appointment book for you every day, so that you will not miss an appointment He has made for you. A pleased and satisfied customer is the best advertisement for a product.
"Let us not become bitter when another receives the credit for what we have done. It's God's way to keep us humble and prepare us for the greatest things in life. God continues to put His finishing touches to our lives, to increase His investments in us and make us more valuable to Him.
"Women are often recognized by their perfume and it is impossible to linger in our Lord's presence without carrying His fragrance. Gentleness is more effective than force. A meek person is not weak. Our availability is more important to God than our efficiency. God's faithful love and care is not given for one special day, but we receive it moment by moment. May your goal in life be maturity in Christ.
"We must not become so busy serving the Lord that we forget the Lord of our service. Only one life, it will soon be past, only what's done for Christ will last. Check your eyes and heart today. Do you have 'seeing eyes' and a 'weeping heart' as you look at the people living in your society? Keep in mind that a gift without a giver lacks warmth. Real service costs.
"Today is the tomorrow you worried about yesterday. Worry depreciates the value of our past blessings. Testing is God's vote of confidence in us. Precious jewels cannot be fashioned without the process of refining, cutting and polishing. Suffering helps to repair our defects, strengthen our weaknesses, and cure our instability. When life seems to crash in upon me I can say: 'My soul is bowed down, but my heart is fixed.' A fixed heart has a God-given song in the dark days. Trouble and sorrow gives to the fixed soul its sweetest melodies. Thank God for your roses and your thorns. Understand that your tears made your rainbow. There are lessons that only tears can teach us. Tears cleanse our eyes so that we can see our Saviour more clearly. 'Put the weight back' said the clock, 'That is what keeps me going.' Good is evil - if it keeps us from the best.
"Take your hands off your life and let God have full control. If you are not willing to give the key of your life to Him, then be willing to be made willing. Your unknown day is known by God. Our part is to rest our feet. His part is to open the way. A journey of a thousand miles begins with one step. To experience God's leading, we must be in His way. We shouldn't only be willing to die for God, but also to live for Him. Don't let the world around you squeeze you into its mold, but let God remolds you from within. A smile is the light in the window of your face that shows that a happy heart is at home.
"A new year has been placed in our hands. A book whose pages are fresh and unspotted. Yet, as soon as we receive it, the clock begins to tick of its minutes and the recording of a new year has begun. Let us see God on each page, whatever life may write for us.

5.1.2 Gesindheidsdoelstellings:

5.1.2.a Aanvaar die Woord van God as die maatstaf en gesag vir alles wat jy doen.

Gesels met 'n Christen vriend oor die betroubaarheid van die Woord. In watter mate aanvaar jy die Woord van God as die maatstaf en gesag vir alles wat jy doen? Onthou dat 'n mens die Woord van God as maatstaf en hoogste gesag van alles wat jy doen kan aanvaar in die mate waarin jy jou aan die God van die Woord onderwerp. Bid gereeld tot God en vra dat Hy voortdurend hierdie gesindheid deur sy Gees in jou sal werk en versterk.

5.1.2.b Vertrou God onvoorwaardelik.

Gesels met 'n Christen vriend oor die betroubaarheid van God. Getuig teenoor hom oor die getrouheid van God in jou lewe. Deel dit wat julle die meeste van God beïndruk, met mekaar. Verwys in die gesprek na Psalm 90-103 en lees gedeeltes daaruit aan mekaar voor. Vertrou jy God onvoorwaardelik? Bevestig in gebed saam met jou vriend dat julle God onvoorwaardelik vertrou en bid dat Hy julle sal help waar julle nog ongelowig is (Markus 9:24).

5.1.3 Aktiwiteitsdoelstellings:

5.1.3.a Doen voortdurend sistematiese Bybelstudie, onder andere oor aktuele Bybelse begrippe, karakters en leerstellings.

Maak 'n lys van belangrike Bybelse begrippe (soos dissipelskap, geloof, liefde, waarheid, sonde, aanbidding, ensovoort), karakters (soos Abraham, Moses, Dawid, Paulus, Jesus, Petrus, Johannes, ensovoort) en leerstellings (soos oor verlossing, werking van die Heilige Gees, eindgebeure, wese van die Kerk, koninkryk van God, openbaring ensovoort. Bestudeer die begrippe sistematies en maak die waarhede wat jy daaruit leer van toepassing op jou eie lewe. Die meegaande Skrifgedeeltes kan as vertrekpunt gebruik word (Belydenis: Psalm 51. Opstanding: 1 Korintiërs 15. Heilige Gees: Johannes 14-16. Herlewing: 2 Kronieke 30. Nederigheid: Johannes 13. Eenheid: Efesiërs 4. Voorbidding: Johannes 17. Geloof: Genesis 22; Hebreers 11. Lofprysing: Psalm 100; 103. Liefde: 1 Korintiërs 13. Gebed: Deuteronomium 6. Wedergeboorte: Johannes 3. Godheid van Jesus: Johannes 1.

5.1.3.b Bepeins die Woord gereeld.

Bepeins al die kennis van die Woord wat jy deur Bybelstudie, lees van Bybelgefundeerde boeke, die natuur en alledaagse lewenservaring verkry, op 'n gereelde basis deeglik, om sodoende God, uit Wie, deur Wie en tot Wie alle dinge is, beter te ken, lief te hê, te vertrou en te gehoorsaam.

5.1.3.c Leef toenemend gehoorsaam aan God se betroubare Woord.

Lewe voortdurend in verantwoordelikheid volkome gehoorsaam aan die Woord. Bestudeer in die verband die meegaande Skrifgedeeltes (Lukas 6:46-49; Johannes 14:21-24; 15:9,10; 1 Petrus 13:25) teen die agtergrond van Christus se verhouding tot sy Vader soos beskryf in die Johannes-evangelie. Let veral daarna op hoe belangrik dit vir Hom was en hoe Hy hom beywer het om die wil van sy Vader te doen.

5.1.3.d Memoriseer gereeld Skrifgedeeltes.

Memoriseer langer Skrifgedeeltes. Sulke gedeeltes kan op kaarte geskryf word wat mens in jou hempsak/handsak kan dra om dit byderhand te hê wanneer jy bus, trein, motor, ensovoort ry. Die meegaande Skrifgedeeltes word onder andere aanbeveel en moet aangevul word (Gebed: Johannes 15:5-8. Woord: 2 Timoteus 3:14-17. Sekerheid van Saligheid: 1 Johannes 5:9-12. Liefde: 1 Korintiërs 13. Geregtigheid: Filippense 3:7-15. Christelike lewenswandel: Romeine 12:9-21; Filippense 4:4-9.

5.1.3.e Bekwaam jou voortdurend meer in God se Woord ten einde die inhoud en betekenis daarvan altyd beter te verstaan en só daarmee vertroud te raak dat jy altyd meer instaat kan word om met wysheid vrae te beantwoord, medegelowiges te bemoedig en ongelowiges na Christus te lei.

Hou hierdie doelwit voortdurend voor oë, en maak seker dat jy dit ten uitvoer bring. Bestudeer ook Kolossense 4:5,6 en 1 Petrus 3:15 in hierdie verband.


5.2 GROEIAREA: GEBED

INHOUD

5.2.1 Kennisdoelstellings:
a. Neem voortdurend toe in kennis van God se wil, prioriteite en belange wat die ruggraat van gebed vorm.
b. Neem voortdurend toe in kennis van die kwaliteite van volwasse gebed.

5.2.2. Gesindheidsdoelstelling:
a. Begeer om God se wil, prioriteite en belange altyd beter te ken, te aanvaar en dienooreenkomstig te bid.

5.2.3 Aktiwiteitsdoelstelling:
a. Bestudeer voortdurend God se wil, prioriteite en belange.
b. Wag voortaan toenemend op God.
c. Bid voortaan sonder ophou.
d. Maak voortdurend 'n studie van God se beloftes in sy Woord en beroep jou toenemend op daardie beloftes in gebed.
e. Beplan om voortaan ten minste een dag per jaar alleen met God deur te bring.


5.2.1 Kennisdoelstellings:

5.2.1.a Neem voortdurend toe in kennis van God se wil, prioriteite en belange wat die ruggraat van gebed vorm.

Leer ken God se wil, prioriteite en belange wat die ruggraat van gebed vorm. Kyk weer na doelwitte 4.3.1.b; 5.3.1.c; 5.1.1.b; 5.3.3.a en onthou dat dit belangrik is dat jy voortdurend en sistematies dieper in die Woord van God moet delf op soek na meer kennis aangaande hierdie aspekte van God se wese.

5.2.1.b Neem voortdurend toe in kennis van die kwaliteite van volwasse gebed.

Onthou dat gebed 'n persoonlike, intieme verhouding met 'n liefdevolle Vader moet weerspieël, en nie styf, geforseerd en formeel moet wees nie. Dit word gerig tot ons Hemelse Vader en is nie 'n toespraak bedoel vir die ore van menslike luisteraars nie (Matteus 6:6; Lukas 20:46,47). Lees weer alle doelwitte rakende gebed (sien tematiese indeks) en maak 'n lys van die kwaliteite van volwasse gebed. Onthou ook om spesifiek in jou versoeke te wees, binne die wil van God. Jy moet leer om God te vertrou met groot en klein dinge.
Lofprysing moet op hierdie stadium 'n integrale deel van jou gebedslewe wees. Jy is lank verby die stadium waartydens jou gebed grotendeels die karakter van 'n inkopielys gehad het. Die klem in jou gebedslewe het nou weg van jou eie belange verskuif en is nou werklik Godverheerlikend.

5.2.2 Gesindheidsdoelstelling:

5.2.2.a Begeer om God se wil, prioriteite en belange te ken, te aanvaar en dienooreenkomstig te bid.

Jy sal voortaan gedring en gemotiveerd in jou gebedslewe wees in die mate waarin jy onder die indruk van die wil, prioriteite en belange van God verkeer. Hierdie gesindheid kan alleen deur die Heilige Gees en deur sy Woord in jou hart gewerk word. Suksesse in jou Woordstudie en kommunikasie met God tydens stiltetyd sal grotendeels bydra tot jou liefde, vertroue, eerbied en ontsag vir God. Hieruit sal ook totale aanvaarding van God se wil, prioriteite en belange as jou eie, voortspruit. Bid gereeld dat God in jou sal werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae (Filippense 2:13) en om jou voortdurend te verander deur jou denke deur die Woord en Gees te vernuwe (Romeine 12:2).

5.2.3 Aktiwiteitsdoelstellings:

5.2.3.a Bestudeer voortdurend God se wil, prioriteite en belange.

Bestudeer die wil, prioriteite en belange van God voortdurend sistematies en maak die waarhede wat jy daaruit leer van toepassing in jou gebedslewe.

5.2.3.b Wag voortaan toenemend op God.

Kommunikasie is soos 'n tweerigting verkeer. God praat op verskillende maniere met jou (byvoorbeeld deur die Bybel, deur wyse en geïnspireerde woorde van ander, deur die natuur, deur verskillende omstandighede en van tyd tot tyd ook deur direkte indrukke in jou verstand), en jy antwoord Hom in gebed en deur jou dade. Direkte indrukke in jou verstand gebeur nie gereeld nie, maar wanneer dit gebeur moet 'n mens gereed wees. Om hiervoor gereed te wees moet mens met tye in jou stiltetyd net stil wees en net luister. Jy kan selfs vir God vra of Hy nou iets vir jou wil sê, en dan met verwagting stilsit, toe oë, ingespan om van enige indruk wat Hy moontlik mag stuur bewus te word. Dit verg dissipline om te verhoed dat jou gedagtes nie dwaal nie. God kan sy boodskap aan jou kommunikeer deur 'n boodskap wat in jou gedagtes ontspring, iets wat jy onthou, 'n lied, miskien selfs 'n gesproke sin of twee. Hy doen dit veral deur 'n innerlike oortuiging en sekerheid direk in jou hart te werk. Dit is belangrik om te onthou om te toets of hierdie 'n boodskap van die Here is en nie miskien jou eie begeertes nie. Toets die suiwerheid daarvan aan die Skrif. Hierdie spreke sal dus in ooreenstemming met die Skrif wees. Let veral daarop dat daar uit so 'n gesprek niks nuuts tot die Openbaring (die Bybel) bygevoeg sal word nie (Johannes 16:12-15).

5.2.3.c Bid voortaan sonder ophou.

Bid voortaan gereeld, orals en nie net op vasgestelde tye nie (Kolossense 1:9; 1 Tessalonisense 3:10; 5:17). Dit mag voorbidding, danksegging, lofprysing of skuldbelydenis wees.
Onthou dat voortdurende gebed slegs spontaan kan gebeur as jou beker oorloop van liefde en vertroue in God.

5.2.3.d Maak voortdurend 'n studie van God se beloftes in sy Woord en beroep jou toenemend op daardie beloftes in gebed.

Dit is baie belangrik om te weet wat God alles vir sy kinders wil gee en wat alles tot hulle beskikking is. Ons hoef nie so kragteloos en in "geestelike armoede" te lewe soos dit in baie Christene se lewens die geval is nie. God het aan ons as sy kinders 'n magdom beloftes gegee waarop ons kan aanspraak maak van die dag af wanneer ons aan Hom behoort. Om ons op hierdie beloftes te kan beroep, moet ons eers weet watter beloftes deur God gemaak is en watter voorwaardes daar aan die beloftes gekoppel is. Bestudeer die meegaande lys beloftes (sien ook doelwit 4.6.1.g). Inkorporeer dit in jou gebedslewe en wees voortdurend in jou Bybelstudie op soek na nuwe beloftes van God (2 Kronieke 7:14; Psalm 6:10; 10:17; 37:3-5; 55:2,17,18, 23; 84:12; 108:14; 145:18; Spreuke 3:5,6; 16:1; Jesaja 65:24; 41:10; Jeremia 29:12,13; 33:3; Sagaria 13:9; Matteus 6:33; 7:7; 18:19,20; 21:22; Markus 11:22,24; Lukas 11:13; Johannes 1:12; 3:16,22; 5:14,15; 6:39,40; 9:31; 14:13,14; 15:7,16; 16:23,24; Romeine 6:23; 8:26,28,32; Galasiërs 5:22; Efesiërs 3:20,21; Filippense 4:13,19; 1 Tessaloni-sense 5:17,18; Hebreërs 10:22,23; 11:6; Jakobus 1:5,6; 5:16; 1 Petrus 3:1-3; 5:7; 1 Johannes 1:9; Openbaring 21:3,4,8).

5.2.3.e Beplan om voortaan ten minste een dag per jaar alleen met God deur te bring.

Bring voortaan ten minste een dag per jaar alleen met God deur. Jy kan byvoorbeeld 'n jaarlikse daguitstappie in die natuur beplan waartydens jy dan op jou eie die dag met die Here in gebed en Woordstudie kan deurbring. Jy kan ook by die geleentheid vas.


5.3 GROEIAREA: PERSOONLIKE GROEI

INHOUD

5.3.1 Kennisdoelstellings:
a. Groei toenemend in insig in die gesindheid van Christus.
b. Groei toenemend in insig in die Bybelse beginsels rakende resente etiese vraagstukke.
c. Groei toenemend in insig in hoe God mense sien.

5.3.2 Gesindheidsdoelstellings:
a. Is verbind tot 'n leeftyd van aktiewe geestelike groei.
b. Groei toenemend in 'n gesindheid van onderdanigheid en oorgawe aan die wil van God in alledaagse besluitneming.
c. Aanvaar toenemend die gesindheid van Christus.
d. Toon 'n lewendige en groeiende belangstelling in resente etiese vraagstukke.
e. Ontwikkel toenemend die vermoë om kritiek te kan hanteer.

5.3.3 Aktiwiteitsdoelstellings:
a. Inkorporeer voortdurend God se prioriteite in jou besluitnemingsprosesse en soek in alles die wil van God.
b. Behaal voortdurend oorwinnings oor teenspoed en bied effektief weerstand teen Satan en sonde.
c. Herstel gereeld die gemeenskap met God deur belydenis te doen en vergiffenis te verkry wanneer jy struikel.
d. Jou lewe as rentmeester word gekenmerk deur konstante karakterontwikkeling ooreenkomstig die voorbeeld van Christus.
e. Pas die Bybelse beginsel van restitusie voortdurend spontaan in jou lewe toe.
f. Ontwikkel voortdurend 'n groeiende Bybelse lewens-en wêreldbeskouing deur deurgaans Bybelse perspektief op resente etiese vraagstukke te soek.

5.3.1 Kennisdoelstellings:

5.3.1.a Groei toenemend in insig in die gesindheid van Christus.

Onthou dat die gesindheid van Christus die antwoord van God op die nood van die wêreld is. Bestudeer die inhoud van doelwit 4.3.1.e deeglik, asook Johannes 13:1-17 en Filippense 2:5-11 as basis vir 'n lewe van groei in insig in die gesindheid van Christus.

5.3.1.b Groei toenemend in insig in die Bybelse beginsels rakende resente etiese vraagstukke.

Etiek handel oor die reg en verkeerd van menslike gedrag. Dit is dikwels moeilik om, selfs met die Bybel in die hand, te besluit oor die reg of verkeerd van sake soos aborsie, genadedood, doodstraf, oorlog, ontkoppeling van lewensondersteuningstoestelle wat die dood ten gevolg het, ens. nie.
Die rede hiervoor is dat die lewens van een of meer persone daardeur geraak word ongeag wat die besluit wat geneem word is. Dit is dus nie altyd maklik om Bybelse beginsels toe te pas waar daar noodwendig tussen die lewens en welsyn van mense gekies moet word nie.
Elkeen van ons moet vroeër of later hierdie etiese keuses maak. Ons moet ook ander Christene ondersteun in die maak van sulke keuses. Daarom is dit noodsaaklik om voortdurend diepgaande kennis van resente etiese vraagstukke te verkry, en om die Bybelse beginsels rakende hierdie vraagstukke deeglik te bestudeer (bestudeer ook doelwitte rakende die wil van God - sien tematiese indeks).

5.3.1.c Groei toenemend in insig in hoe God mense sien.

Bestudeer die doelwitte rakende selfbeeld (sien tematiese indeks) sowel as die meegaande Skrifgedeeltes deeglik, as basis vir 'n lewe van groei in insig oor hoe God mense sien:
Oorspronklike staat (Genesis 1:26,27,28; 2:7,19,20; 9:6; Psalm 139:14-16; Jesaja 43:7; Prediker 7:29; Matteus 10:31; Handelinge 17:26-28; Kolossense 3:10; Openbaring 4:11). Sondige staat (Genesis 2:16,17,19; 3:1-6; Romeine 5:12-14; Efesiërs 2:1). Verloste staat (Johannes 3:1-12,16; Titus 2:11; Hebreërs 8:8-13; 1 Petrus 1:18-21). Finale staat (Matteus 25:26; Lukas 16:26; Johannes 3:36; 2 Tessalonisense 1:6-10). Christus se verhouding tot (Johannes 1:9; 2:25; Romeine 8:3; 1 Timoteus 2:5; Hebreërs 2:14-16;9:26,28; 1 Timoteus 2:5; 1 Petrus 1:18-21). Ander aspekte (Romeine 7:22; 1 Korintiërs 2:14; 15:45,47; 2 Korintiërs 4:16; Efesiërs 2:15).

5.3.2 Gesindheidsdoelstellings:

5.3.2.a Is verbind tot 'n leeftyd van aktiewe geestelike groei.

Maak seker dat jy jouself tot 'n leeftyd van aktiewe geestelike groei verbind het. Kan jy uit die Skrif verduidelik waarom jy nooit op hierdie aarde sal "arriveer" ten opsigte van jou geestelike groei nie? Bid oor hierdie belangrike saak en vra dat God die begeerte tot heiligmaking en om meer en meer ooreenkomstig die beeld van Christus vernuwe te word, toenemend in jou sal werk en versterk.

5.3.2.b Groei toenemend in 'n gesindheid van onderdanigheid en oorgawe aan die wil van God in alledaagse besluitneming.

Hoe goed ken jy God werklik? Tot watter mate vertrou jy Hom met jou lewe en met die lewens van hulle vir wie jy liefhet? Ken jy die wil van God vir jou lewe? Ken jy die beloftes wat God vir jou as kind-en-erfgenaam gemaak het? Verstaan jy dat 'n gesindheid van onderdanigheid aan God verband hou met die vertroue wat jy in Hom stel? Tot watter mate van onderdanig-heid gee jy jouself aan die wil van God oor? Kom daar 'n onwilligheid om jou aan God se wil te onderwerp, by jou voor? Kan jy onderskei tussen opstand teen God en die deurwerk van moeilike lewensvrae saam met God? Werk jou lewensvrae met vrymoedigheid met God deur. Verstaan jy dat, wanneer jy met jou mees persoonlike probleme voor God se aangesig worstel, jou verhouding met God van krag tot krag sal gaan?

5.3.2.c Aanvaar toenemend die gesindheid van Christus.

Bedink die mate waarin jy die gesindheid van Christus ervaar. Deurgrond gereeld die motiewe, doelstellings en skatte wat jy in jou hart bewaar, om te verseker dat jy jou gehoorsaamheid en aanbidding van God alleen nie verruil vir gehoorsaamheid en aanbidding van sy skepsels nie. Gaan toenemend in hierdie gesindheid moedig voort met jou skeppingsopdrag. Ontledig jouself gereeld in gebed voor God en vra vir sy inwonende teenwoordigheid in die diepste kamers van jou hart.

5.3.2.d Toon 'n lewendige en groeiende belangstelling in resente etiese vraagstukke.

Tot watter mate is jou belangstelling in resente etiese vraagstukke lewendig en groeiend? Aanvaar jou verantwoordelikheid as apologeet en opvoeder, ook ten opsigte van etiese vraagstukke wat hulle van tyd tot tyd voordoen.

5.3.2.e Ontwikkel toenemend die vermoë om kritiek te kan hanteer.

Maak seker dat jy nie jou eie waarde en identiteit op jou opinies en optredes (wat altyd aan kritiek onderworpe sal wees) begrond nie, maar op wie jy in Christus is. Onthou dat, as jy die fout maak om jouself volledig te vereenselwig met jou opinies en optredes, jy enige kritiek daarteen sal ervaar as op jou identiteit en waarde as mens gemik. Dit sal veroorsaak dat jy gedwing voel om jouself te verdedig, eerder as om kritiek konstruktief te hanteer en die effek daarvan op jou opinies en optrede te laat deurwerk.

5.3.3 Aktiwiteitsdoelstellings:

5.3.3.a Inkorporeer voortdurend God se prioriteite in jou besluitnemingsprosesse en soek in alles die wil van God.

Inkorporeer voortdurend God se prioriteite in jou besluitnemings-prosesse deur die sake waaroor jy besluite moet neem in gebed met God deur te werk en om in alles sy wil te soek.

5.3.3.b Behaal voortdurend oorwinnings oor teenspoed en bied effektief weerstand teen Satan en sonde.

Onthou om voortdurend teenspoed en versoekings in die krag van die Heilige Gees (nie in jou eie krag nie) te weerstaan om oorwinnings te behaal en om effektief weerstand te bied teen Satan en sonde (Eksodus 6:10-20).

5.3.3.c Herstel gereeld die gemeenskap met God deur belydenis te doen en vergiffenis te verkry wanneer jy struikel.

Onthou om gereeld die gemeenskap met God te herstel deur met 'n opregte hart belydenis van jou sonde te doen en in die Naam van Christus vergiffenis daarvoor van God af te pleit wanneer jy struikel.

5.3.3.d Jou lewe as rentmeester word gekenmerk deur konstante karakterontwikkeling ooreenkomstig die voorbeeld van Christus.

Meet jou karakter gereeld aan die volgende eienskappe van 'n volwasse dissipel van Christus, identifiseer jou tekortkominge, dra dit aan God op en bid vir geleenthede om jou in hierdie eienskappe te oefen:
Toon in 'n toenemende mate onberispelike gedrag (1 Timoteus 3:2; Titus 1:6; 2:7). Toon stabiele groei in selfbeheersing. Jy is nie gebind deur vleeslike begeertes of behep met jou eie belang nie. Jy is nie eiesinnig, eiewillig, hardkoppig en geneig om jou eie idees op ander af te dwing nie. Jy is nie opvlieënd, humeurig, kort van draad of fyngevoelig nie en word nie maklik kwaad nie, maar is emosioneel selfbeheersd (1 Timoteus 3:2; Titus 1:7,8). Toon in 'n toenemende mate verstandige gedrag. Jy is nie geneig tot vinnige en oppervlakkige besluitneming nie, maar is wys, opmerksaam en oordeelkundig (1 Timoteus 3:2; Titus 1:8).
Toon sober lewensgewoontes. Jy is nie aan enige gewoontevormende middel of gebruike verslaaf nie en misbruik ook geen middel nie (1 Timoteus 3:3; Titus 1:7). Toon volwassenheid in jou geloof. Jy is seker dat jy kind-en-erfgenaam-van-God is. Jy weet dat Christus waarlik deel van jou lewe is, dat jy deur die Heilige Gees weer gebore is tot 'n nuwe skepsel, dat al jou sonde van die verlede, hede en toekoms vergewe is, dat die verhouding tussen jouself en God toenemend groei en dat jy nooit weer van God geskei sal word nie (Johannes 10:29; Romeine 8:1,15; 2 Korintiërs 5:1; Kolossense 2:13,14; 1 Timoteus 3:6; Openbaring 3:2). Jy is vroom in jou lewenswandel. Jy peuter nie met sonde nie, maar draai die rug daarop en lewe heilig en aan God toegewy (Titus 1:8). Jy is toenemend opreg in jou lewenswandel. Jy tree nie skynheilig op nie maar is altyd dieselfde voor en agter mense (2 Korintiërs 1:19). Tree toenemend gasvry op. Jy is onselfsugtig en is toenemend bereid om jou seëninge met ander te deel (1 Timoteus 3:2; Titus 1:8).
Tree toenemend eerbaar op. Jy word gerespekteer en is bekend vir jou goeie gedrag en geordende lewe (1 Timoteus 3:2). Dra in 'n toenemende mate die liefde wat jy van God ontvang aan medegelowiges en ander oor (Romeine 13:8-10). Jy is toenemend regverdig. Jy is onpartydig en maak objektiewe beslissings aan die hand van Bybelse beginsels (Titus 1:8).

5.3.3.e Pas die Bybelse beginsel van restitusie voortdurend spontaan in jou lewe toe.

Jy moet nie tevrede wees om net sleg te voel wanneer jy teenoor ander sondig en hulle benadeel nie. Pas die Bybelse beginsel van restitusie voortdurend en spontaan in jou lewe toe (sien doelwit 3.3.1.i).

5.3.3.f Ontwikkel voortdurend 'n groeiende Bybelse lewens-en wêreldbeskouing.

Soek deurgaans Bybelse perspektief op resente etiese vraagstukke. Sodoende sal jy voortdurend 'n groeiende Bybelse lewens- en wêreldbeskouing ontwikkel.


5.4 GROEIAREA: GESIN

INHOUD

5.4.1 Kennisdoelstelling:
a. Is toenemend besig om jou lewensmaat en kinders beter te leer ken en te verstaan, asook wat die veranderende rol is wat God met verloop van tyd wil hê jy in hulle lewens moet vertolk.

5.4.2 Gesindheidsdoelstelling:
a. Begeer dat jou lewensmaat en kinders teen 'n gesonde tempo geestelik sal groei volgens die voorbeeld van Christus.

5.4.3 Aktiwiteitsdoelstelling:
a. Vertolk jou rol as ouer en gesinslid toenemend volgens die eis van God se Woord.


5.4.1 Kennisdoelstelling:

5.4.1.a Is toenemend besig om jou lewensmaat en kinders beter te leer ken en te verstaan, asook wat die veranderende rol is wat God met verloop van tyd wil hê jy in hulle lewens moet vertolk.

Bou toenemend hegte verhoudings met jou huweliksmaat en gesinslede. Luister na hulle en doen moeite om hulle altyd beter te leer ken en te verstaan. Spits jou ook daarop toe om die korrekte rol volgens hulle lewensfases, in hulle lewens te vertolk (sien doelwit 5.7.1.b).

5.4.2 Gesindheidsdoelstelling:

5.4.2.a Begeer dat jou lewensmaat en kinders teen 'n gesonde tempo geestelik sal groei volgens die voorbeeld van Christus.

Bid dat God hierdie gesindheid toenemend by jou sal werk en versterk en doen voortdurend en sonder ophou voorbidding vir jou lewensmaat en gesinslede se geestelike groei.

5.4.3 Aktiwiteitsdoelstelling:

5.4.3.a Vertolk jou rol as ouer en gesinslid toenemend volgens die eis van God se Woord.

Lewe voortaan toenemend seksueel sedelik. Dit behels dat jy as getroude toenemend lojaal en getrou in gedagte, woord en daad aan jou huweliksmaat moet wees. As ongetroude moet jy onberispelik in gedagte, woord en daad in jou verhoudings met die teenoorgestelde geslag wees. Jy mag ook nie enige vorm van homoseksualisme in jou gedagte, woord of daad toelaat nie (1 Timoteus 3:2; Titus 1:6).
Bestuur ook voortaan jou eie lewe en jou gesin toenemend sinvol en na die eis van God se Woord (1 Timoteus 3:4,5; Efesiërs 5:16), en wees toenemend ooreenkomstig die wil van God in hulle lewens betrokke.


5.5 GROEIAREA: GEMEENSKAP

INHOUD

5.5.1 Kennisdoelstelling:
a. Neem altyd meer toe in kennis oor die wil van God vir die gemeenskap van die heiliges en in maniere om mekaar te dien tot eer van God en tot uitbreiding van sy koninkryk.

5.5.2 Gesindheidsdoelstelling:
a. Begeer toenemend dat die onderlinge liefde tussen lede van die liggaam van Christus altyd sterker sal groei, sodat almal sal weet dat hulle dissipels van Jesus Christus is.

5.5.3 Aktiwiteitsdoelstellings:
a. Versorg geestelike "babas".
b. Leer jonger Christene wat hulle nodig het om te weet om 'n lewensvatbare verhouding met God te geniet.
c. Dissiplineer jong Christene in liefde en met simpatie.
d. Bemoedig jong Christene in die proses van geestelike groei.
e. Beraad jong Christene tydens die probleemfases en -fasette van hulle geestelike groei.
f. Adresseer die geestelike behoeftes van jong Christene.
g. Berei jong Christene voor om as selfstandige dissipels van Christus gesond te bly groei.


5.5.1 Kennisdoelstelling:

5.5.1.a Neem altyd meer toe in kennis oor die wil van God vir die gemeenskap van die heiliges en in maniere om mekaar te dien tot eer van God en tot uitbreiding van sy koninkryk.

Lê jou daarop toe om altyd meer toe te neem in kennis oor God se wil vir die gemeenskap van die heiliges en in maniere om mekaar te dien tot meer van God en tot uitbreiding van sy koninkryk.

5.5.2 Gesindheidsdoelstelling:

5.5.2.a Begeer toenemend dat die onderlinge liefde tussen lede van die liggaam van Christus altyd sterker sal groei, sodat almal sal weet dat hulle dissipels van Jesus Christus is.

Lê jou daarop toe om altyd meer te bid dat die onderlinge liefde tussen lede van die liggaam van Christus sterker sal groei, sodat almal kan weet dat hulle dissipels van Jesus Christus is (Johannes 13:35).

5.5.3 Aktiwiteitsdoelstellings:

5.5.3.a Versorg geestelike babas.

Lê jou daarop toe om voortaan verantwoordelikheid te aanvaar vir die versorging van geestelike "babas" in die gemeente. Jy moet hulle "voed en koester" (Jesaja 49:15; 66:12,13; 1 Tessalonisense 2:7,8), hulle beskerm en in hulle geestelike behoeftes voorsien omdat geestelike onvolwassenes tot verskillende grade nie instaat is om na hulleself om te sien nie (Matteus 2:13-16; 2 Korintiërs 12:14).

5.5.3.b Leer jonger Christene wat hulle nodig het om te weet om 'n lewensvatbare verhouding met God te geniet.

Lê jou daarop toe om jonger Christene voortaan te leer wat hulle nodig het om te weet om 'n lewensvatbare verhouding met God te geniet (Hebreërs 5:12). Onthou dat voortdurende inname wel goed is vir 'n baba, maar dat 'n belangrike faset van volwassenheid na vore kom wanneer 'n sinvolle uitset gelewer word (Deuteronomium 4:9; 6:6-9; 11:18-21; 32:45-47; 1 Kronieke 28:9; Spreuke 4:1-5).
Lê jou ook daarop toe om as 'n geestelik volwassene verder as eng opleiding van jong Christene te gaan, maar om soveel belang by jou geestelike "kind" te hê as wat 'n werklike vader teenoor sy eie kind sou hê (1 Korintiërs 4:14,15). 'n Vader se opleiding is baie meer in diepte en uit die hart as wat 'n onderwyser ooit kan gee (Efesiërs 6:4; 1 Tessalonisense 2:10-12; Filemon :10).

5.5.3.c Dissiplineer jong Christene in liefde en met simpatie.

Lê jou daarop toe om voortaan jong Christene in liefde en met simpatie te dissiplineer. Net soos ons aardse vaders aarsel 'n volwasse Christen nie om dissipline by die onderrig en opleiding te voeg nie. Groeiende Christene moet verantwoordelik gehou word, en bestraf word as hulle sondig, en daar moet gesê word wat nodig is ongeag negatiewe terugvoer. 'n Geestelike volwassene dissiplineer sy "kinders" omdat hy hulle liefhet (Spreuke 3:12; 13:24; 23:13,14; Hebreërs 12:4-13). Hy is egter nie 'n tiran in sy dissipline nie. Hy ken die verskil tussen die ferm liefdevolle hand van 'n vader, en dié van 'n onderdrukker (2 Samuel 7:14-16; Psalm 103:13-14; Spreuke 12:18; Lukas 15:20; Galsiërs 4:19; Efesiërs 6:4).

5.5.3.d Bemoedig jong Christene in die proses van geestelike groei.

Lê jou daarop toe om voortaan jong Christene in die proses van geestelike groei te bemoedig. Groeiende Christene het baie bemoediging nodig. As geestelike volwassene moedig jy hulle aan om beter te doen en bemoedig jy hulle as hulle beter doen (Deuteronomium 3:28; Spreuke 12:18; 2 Korintiërs 3:1-7; 7:4; Efesiërs 4:29; 1 Tessalonisense 2:11,12; 2 Timoteus 2:1; Hebreërs 10:25).

5.5.3.e Beraad jong Christene tydens die probleemfases en -fasette van hulle geestelike groei.

Lê jou daarop toe om jong Christene voortaan tydens die probleemfases en -areas van hulle geestelike groei te beraad (sien doelwit 5.7.1.b-h). Jy is 'n raadgewer soos 'n vader vir die dissipel (Genesis 45:8; Rigters 17:10; 18:19).

5.5.3.f Adresseer die geestelike behoeftes van jong Christene.

Lê jou daarop toe om voortaan die geestelike behoeftes van jong Christene te adresseer. Kinders het baie behoeftes. Daarom het God ouers daar gestel - iemand wat hulle lief genoeg sou hê om voortdurend in hulle behoeftes te voorsien. Hy het daarom ook 'n baie sterk natuurlike begeerte by hulle ingebou om in hulle kinders se behoeftes te voorsien. Dieselfde geld vir geestelik volwassenes. Hulle is sterk daarop ingestel om in jong Christene se geestelike behoeftes te voorsien (Matteus 7:9-11; Markus 10:45; 3 Johannes :4).

5.5.3.g Berei jong Christene voor om as selfstandige dissipels van Christus gesond te bly groei.

Lê jou daarop toe om voortaan jong Christene voor te berei om as selfstandige dissipels van Christus gesond te bly groei. 'n Goeie ouer leer sy kind om onafhanklik te kan wees. Hy berei hom voor vir die skeiding tussen hulle. Hy moedig hom selfs daartoe aan wanneer die tyd aangebreek het. Die dissipel se onafhanklikheid moet 'n langtermyn doelwit wees. 'n Geestelik volwassene sal hom leer om homself geestelik te voed en sy eie besluite te kan neem (Matteus 10:29-32; Lukas 15:12).


5.6 GROEIAREA: GETUIENIS

INHOUD

5.6.1 Kennisdoelstellings:
a. Brei voortdurend jou kennis oor die Christelike Apologetiek uit.
b. Brei voortdurend jou kennis uit oor die nuutste en mees aktiewe okkultiese en nie-Christelike godsdienste sodat jy instaat sal wees om altyd meer effektief teenoor hulle te getuig.

5.6.2 Gesindheidsdoelstellings:
a. Ervaar 'n steeds groeiende begeerte dat verlore sondaars in Christus gered sal word.
b. Is verbind tot 'n lewenslange getuienis ten spyte van terugslae en negatiewe reaksies.
c. Besit 'n nederige en sensitiewe gesindheid, maar is onwrikbaar, reguit en stylvol in jou getuienis.

5.6.3 Aktiwiteitsdoelstellings:
a. Soek aktief en kreatief na geleenthede om die evangelie steeds duideliker aan ongelowiges te kommunikeer.
b. Getuig met groeiende ywer teenoor aanhangers van okkultiese en nie-Christelike godsdienste.
c. Leer mede Christene hoe om hulle getuienistaak effektief teenoor aanhangers van okkultiese en nie-Christelike godsdienste uit te voer.
d. Openbaar 'n toenemend goeie reputasie buite die gemeente.
e. Is in 'n toenemende mate 'n lewende brief van Christus.


5.6.1 Kennisdoelstellings:

5.6.1.a Brei voortdurend jou kennis oor die Christelike Apologetiek uit.

Lê jou daarop toe om voortdurend op hoogte te bly van nuwe idees, ideologieë en praktyke in die wêreld en in jou eie gemeenskap wat teenstrydig met Bybelse beginsels is, deur onder andere gereeld 'n variasie nuusblaaie en tydskrifte te lees. Indien jy tendense opmerk wat teenstrydig met Bybelse beginsels is, kan jy dit met ander volwasse Christene bespreek, die Bybelse beginsels wat verkrag word identifiseer en 'n eie Bybelsgefundeerde standpunt vorm deur tematiese Bybelstudie oor die betrokke saak te doen. Raadpleeg daarna ook Bybelse kommentare en -verklarings oor die betrokke Skrifgedeeltes en bespreek jou standpunt weereens met ander volwasse Christene. Werk saam aan die beste maniere om hierdie onbybelse idees en praktyke teen te werk en te weerlê, en terselfdertyd van die liefde en genade van Christus te getuig deur woord en daad.

5.6.1.b Brei voortdurend jou kennis uit oor die nuutste en mees aktiewe okkultiese en nie-Christelike godsdienste sodat jy instaat sal wees om altyd meer effektief teenoor hulle te getuig.

Lê jou daarop toe om voortdurend jou agtergrondskennis oor die nuutste en mees aktiewe okkultiese en nie-Christelike godsdienste uit te brei, slégs met die doel om meer instaat te wees om altyd meer effektief teenoor hulle te getuig. Waak daarteen om jou nie só in vreemde godsdienste in te grawe dat jou eie Skrifstudie en tyd saam met God daardeur benadeel word nie. Onthou dat 'n aanhanger van 'n vreemde godsdiens altyd meer as jyself daarvan sal weet. Jy hoef hom nie met slim argumente te probeer oortuig nie, maar slegs van die Waarheid te getuig binne hierdie persoon se verwysingsraamwerk. Jy kan dus gerus aan die persoon vra om sélf meer aan jou oor sy godsdiens te vertel, veral oor spesifieke aspekte wat moontlik as invalshoeke gebruik kan word om God se Waarheid aan hom te kommunikeer. Hierdie benadering sal ook help om 'n verhouding waarbinne met vrymoedigheid getuig kan word, daar te stel.

5.6.2 Gesindheidsdoelstellings:

5.6.2.a Ervaar 'n steeds groeiende begeerte dat verlore sondaars in Christus gered sal word.

Lê jou daarop toe om gereeld tot God te bid dat hy 'n intense belangstelling in jou sal laat groei in ongelowiges wat jou pad daagliks kruis. Bid gereeld vir spesifieke ongelowiges wat in sonde vasgevang is. Namate jy só by 'n persoon se lewe betrokke raak, sal jy ook 'n steeds groeiende begeerte ervaar dat die persoon in Christus gered sal word.

5.6.2.b Is verbind tot 'n lewenslange getuienis ten spyte van terugslae en negatiewe reaksies.

Lê jou daarop toe om liewer op die goedheid en genade wat God voortdurend aan jou en aan ander bewys, te konsentreer as op die noodsaaklikheid om te getuig. Getuienis moet nooit 'n "goeie werk" of gedwonge taak vir jou word nie, maar altyd 'n spontane "oorloop van jou beker". Jy moet dus nie daarop ingestel wees om te getuig terwille van 'n bepaalde reaksie wat jy van 'n mens wil ontlok, of selfs terwille daarvan om God te probeer beïndruk nie. Dan sal jy negatiewe reaksie ook minder as terugslae ervaar en sal jou getuienis ook meer eg vertoon. Deel en geniet dus gereeld die diamante van God se goedheid en genade in sy teenwoordigheid (sien ook doelwit 5.6.3.e).

5.6.2.c Besit 'n nederige en sensitiewe gesindheid, maar is onwrikbaar, reguit en stylvol in jou getuienis.

Lê jou daarop toe om voortaan tot die Heilige Gees te bid om jou altyd meer onder die indruk van God se soewereiniteit, almag en allesoorheersende liefde te bring, sodat 'n sensitiewe en nederige gesindheid toenemend in jou sal groei, sowel as vrymoedigheid en krag om onwrikbaar, reguit en stylvol van God te getuig.

5.6.3 Aktiwiteitsdoelstellings:

5.6.3.a Soek aktief en kreatief na geleenthede om die evangelie steeds duideliker aan ongelowiges te kommunikeer.

Lê jou daarop toe om aktief en kreatief na geleenthede en maniere te soek om die evangelie steeds duideliker aan ongelowiges te kommunikeer. Moet nie hierdie verantwoordelikheid los sien van jou dagtaak nie, maar span die kennis, vaardighede, geleenthede en insig wat jy daagliks verwerf in en gebruik dit kreatief om die evangelie steeds duideliker aan ongelowiges te kommunikeer. Jy kan egter ook spesiale studies en navorsing onderneem, spesifiek met hierdie doel in gedagte.

5.6.3.b Getuig met groeiende ywer teenoor aanhangers van okkultiese en nie-Christelike godsdienste.

Lê jou daarop toe om met groeiende ywer teenoor aanhangers van okkultiese en nie-Christelike godsdienste te getuig. Moet hierdie verantwoordelikheid nie as 'n tipe kompetisie benader nie, maar vorm slegs as instrument in die hand van God en in die krag van die Heilige Gees deel van God se plan (sien doelwit 5.6.3.e).

5.6.3.c Leer mede Christene hoe om hulle getuienis taak effektief teenoor aanhangers van okkultiese en nie-Christelike godsdienste uit te voer.

Lê jou daarop toe om jou kennis en ervaring te gebruik om mede Christene, wat gereeld met aanhangers van okkultiese en nie-Christelike godsdienste in aanraking kom, te leer hoe om hulle getuienistaak effektief teenoor hierdie persone uit te voer (sien alle doelwitte binne die geestelike groeiarea "getuienis").

5.6.3.d Openbaar 'n toenemend goeie reputasie buite die gemeente.

Lê jou daarop toe om voortdurend daarop bedag te wees dat jou reputasie buite die gemeente sprekend sal wees van jou vroomheid en heiligheid in Christus (1 Timoteus 3:7).

5.6.3.e Is in 'n toenemende mate 'n lewende brief van Christus.

Lê jou daarop toe om toenemend, deur die krag van die Heilige Gees, die sonde in jou eie lewe te oorkom, sodat jy ook toenemend deur mense geken en herken sal word as 'n verloste mens in Christus (Galasiërs 5; 2 Korintiërs 3:2,3; Kolossense 3; 1 Timoteus 4:6-16). Sien ook doelwit 2.3.1.b.
Dra ook toenemend met vrymoedigheid dit wat jy van God, deur sy Woord en Gees hoor, aan ander oor. Om nie jouself nie maar Jesus Christus as gekruisigde te verkondig. Om minder te word sodat Hy meer kan word (Johannes 3:30; Handelinge 19:8; 28:31; 2 Korintiërs 4:5; 1 Tessalonisense 2:13; 1 Johannes 1:1-6).
Onthou dat die boodskap van versoening met God in Christus deur God aan jou toevertrou is, en dat jy daarom in opdrag van God alleen werk. Tree toenemend as verteenwoordiger van Christus op en dra hierdie boodskap van versoening uit (2 Korintiërs 5:18-20; Kolossense 1).
Onthou ook om toenemend jou verantwoordelikheid teenoor alle mense te besef - dat mense sonder Christus verlore is en dat jy 'n verantwoordelikheid het om hulle na die enigste Verlosser, Jesus Christus te lei (Romeine 1:14,15). Jy moet die evangelie hoër as jouself, jou eie belang en jou eie lewe ag. Jy moet die lewe op aarde as 'n geleentheid beskou om jou primêre roeping te vervul, naamlik om die evangelie van God se genade in Christus uit te dra (Handelinge 20:22-24).


5.7 GROEIAREA: BEDIENING

INHOUD

5.7.1 Kennisdoelstellings:
a. Verstaan duidelik dat God jou vir 'n bediening toegerus het met al die nodige genadegawes, talente en ervaring, en dat jy voortdurend in toewyding, kennis en insig moet groei om hierdie bediening altyd meer effektief, tot God se eer en terwille van die uitbreiding van sy koninkryk uit te voer.
b. Besit die nodige kennis vir die opleiding van 'n persoonlike dissipelmaker.
c. Verstaan waarom mense die dinge doen wat hulle doen.
d. Verstaan hoe om 'n instrument van verandering in 'n ander persoon se lewe te wees.
e. Weet hoe om te werk te gaan om 'n God-verheerlikende verhouding met iemand te bewerkstellig.
f. Weet hoe om te werk te gaan om iemand werklik te leer verstaan.
g. Verstaan hoe om iemand op 'n Bybelse wyse te konfronteer.
h. Verstaan hoe om iemand te help om God se agenda toe te pas in sy spesifieke situasie.

5.7.2 Gesindheidsdoelstellings:
a. Erken dat die bediening waartoe God jou geroep het dikwels harde werk behels, maar is toenemend gewil-lig om op te offer en ontberings te verduur en selfs gevaar te trotseer ter wille van die eer van God.
b. Die liefde van Christus dring jou altyd meer tot getroue uitvoering van die bediening waartoe God jou geroep het.
c. Daar brand 'n groeiende begeerte in jou om ander te motiveer om gelykvormig te word aan die beeld van Christus.
d. Begeer toenemend om persoonlike dissipelmakers op te lei.

5.7.3 Aktiwiteitsdoelstellings:
a. Leef altyd meer as 'n toonbeeld van Christelike gedrag wat navolgingswaardig is.
b. Is altyd meer aktief betrokke in die bediening waartoe God jou geroep en toegerus het.
c. Vergestalt altyd meer vrugte van die Heilige Gees in jou bediening aan ander.
d. Lei persoonlike dissipelmakers altyd meer effektief op.


5.7.1 Kennisdoelstellings:

5.7.1.a Verstaan duidelik dat God jou vir 'n bediening toegerus het met al die nodige genadegawes, talente en ervaring, en dat jy voortdurend in toewyding, kennis en insig moet groei om hierdie bediening altyd meer effektief, tot God se eer en terwille van die uitbreiding van sy koninkryk uit te voer.

Stem jy daarmee saam dat jou lewe deel uitmaak van God se algemene plan met hierdie wêreld naamlik om die Groot Opdrag (Matteus 28:19,20) uit te voer? Stem jy ook daarmee saam dat God met elke gelowige ook 'n besondere plan het? Het God daarvoor besondere gawes en talente aan jou gegee? Is hierdie plan van God besig om in jou lewe uit te loop op 'n bediening?
Sit die werk en navorsing wat reeds in doelwit 4.6.3.b begin is voort en hou daarmee aan om altyd meer op die terrein van jou bediening te leer.

5.7.1.b Besit die nodige kennis vir die opleiding van 'n persoonlike dissipelmaker.

Die volgende informasie word aan jou beskikbaar gestel as die verwysingsraamwerk waarbinne persoonlike dissipelmaking met die oog op geestelike groei plaasvind. Indien jy hierdie materiaal deeglik deurgewerk het kan jy dit met 'n potensiële persoonlike dissipelmaker behandel.

AFDELING 1: Word 'n dissippelmaker

Module 1: Die Prioriteit

 Hoofpunte:
Dissipelmaking het ewige waarde; dit is die logiese ding om met nuwe Christene te doen; dit is nodig om mense te dissiplineer; dissipelmaking is die enigste manier om die opdrag van Christus effektief uit te voer; dit is die kern van die Groot Opdrag; wie is ek?

 Inleiding:
God, die Woord van God en die siele van mense... Volgens die Bybel is dit die enigste werklikhede wat tot in ewigheid sal bestaan. Tot die mate waarin jy by hierdie drie werklikhede betrokke is, is jy by die ewigheid betrokke.
Daar is êrens in die wêreld 'n grafsteen in 'n begraafplaas met die volgende inskripsie daarop:
"Cyrus Calderson. Gebore: 3 Maart 1883. Gesterf: 8 April 1925."
Hierdie persoon is reeds langer dood as wat hy geleef het. Cyrus het seker baie dinge in sy lewe gedoen - gewerk, gespeel, geleer, getrou, pa-gewees, gepraat, geraas, geëet, geslaap, ensovoort. Maar hy het nou reeds meer tyd aan die anderkant van die graf gespandeer as aan al hierdie dinge saam, en hy sal nog vir 'n baie lang tyd daarmee besig wees -selfs nadat tyd nie meer bestaan nie.
Eendag sal dit vir my en jou ook waar wees. Die lewe is in 'n oogwink verby en die dood is 'n enorme finaliteit. Hierdie kant van die graf is niks in vergelyking met die anderkant nie. As hierdie kant lank was, gaan dit langer wees. As dit sleg was, gaan dit slegter wees. As dit in Christus goed was, gaan dit baie beter wees.
Die vraag is: Was Cyrus Calderson gereed vir dit wat aan die anderkant van die graf op hom gewag het? Is daar iets wat ek kan doen om my gereed te maak op dit wat vir my wag aan die anderkant van die graf?

 Dissipelmaking het ewigheidswaarde:
Waarom is "dissipelmaking met die oog op geestelike groei" belangrik? Daar is iets van ewigheidswaarde wat ons aan hierdie kant van die graf kan doen en wat sin en doel aan ons lewens kan gee: Ons kan 'n deel uitmaak van God se groot plan om hulle, vir wie Hy geroep het, tot geestelike volwassenheid te bring sodat hulle Hom sal verheerlik. Ons kan deel uitmaak van God se groot plan om sy bruid voor te berei vir die koms van die Bruidegom.
Hierdie groot plan van God is "dissipelmaking met die oog op geestelike groei". Wanneer ek myself verbind tot dissipelmaking, word ek 'n skakel in die proses wat met Christus begin het, en via gehoorsame mense tot by my gevorder het, amper twee duisend jaar later. Ons kan dus dit wat die Heilige Gees deur mense se moeite in ons lewens bewerkstellig, onder Sy leiding aan ander deurgee.
Voorbeeld: Daar is twee mere in Israel. Die see van Galilea en die Dooie See. 'n Aantal riviere vloei in die See van Galilea in, en aan die suidekant vloei die Jordaanrivier daaruit. Dit is 'n pragtige gesonde meer vol waterlewe. Die Jordaanrivier vloei omtrent negentig kilometer suid in die Dooie See in. 'n Aantal ander riviere vloei ook in die Dooie See in, maar geen rivier vloei daaruit nie. Daarom is die minerale inhoud van die Dooie See baie hoog. Dit is só hoog dat dit alle moontlikheid van lewe verstik.
Netso neem baie Christene altyd sonder om ooit te gee. Hulle sit vir jare in kerke, bestudeer die Bybel en bid. Hulle kon soveel lewensvoedsel aan nuwe Christene deurgegee het, maar niks vloei uit hulle uit nie. Ons moet onthou om nie wysheid, kennis en ervaring net terwille van onsself te verkry nie. Ander kan ook daaruit baat vind as ons dit aan hulle deurgee (2 Korintiërs 1:3,4).
Wanneer jy aktief by 'n ander Christen se lewe betrokke raak deur hom te help groei, pas jy in die ewige plan van God in. Dan werk jy saam met die Heilige Gees om karaktereienskappe van Christus in sy lewenswyse gestalte te laat vind. Karaktereienskappe wat deur die werking van die Heilige Gees ook in jou menswees werklikheid geword het. Daar is geen hoër betekenis en doel in die lewe nie.

 Dissipelmaking is die logiese ding om met nuwe Christene te doen:
Voorbeeld: Hoe hanteer 'n mens 'n baba? Sal jy een van die hospitaal af huistoe bring en sê, "Goed, Koos. Welkom by die groep. Jou kamer is links bo. Daar is ekstra komberse op die stoel as jy dalk koud kry. Die spens is langs die kombuis en die blikoopsnyer is in die laai. Doeke is in die kas. Geen harde musiek of 'n gehuil word na tienuur toegelaat nie. As jy enige probleem het - hier is baie persone wat jou kan help. Vra hulle maar.
Belaglik! Klein Kosie sal nie oorleef nie. 'n Mens sal 'n pasgebore baba baie beter versorg. Netso het 'n geestelike baba iemand nodig wat in hom belangstel. Iemand wat vir hom lief is, wat hom sal beskerm en ondersteun in die eerste dae van sy geestelike lewe. Hy moet lank genoeg versorg word om sy geestelike volwassenheid te verseker.
Daar is baie mense wat al langer as een en twintig jaar kinders van die Here is, maar wat steeds as geestelike babas funksioneer. Dit gebeur omdat niemand toesig oor hulle geestelike groei gehou en hulle daarin ondersteun het nie.

 Mense het nodig om verantwoordelik gehou te word en om gedissiplineer te word as hulle belangrike doelwitte wil bereik:
Soos in die fisieke ontwikkeling van 'n mens, het jy ook in jou geestelike ontwikkeling mense nodig om jou deur die verskillende fases van jou geestelike lewe te begelei. 'n Pasgebore geestelike baba het bv. iemand soos 'n vroedvrou nodig wat met die geboorteproses help en toesien dat die geboorteproses veilig verloop. 'n Geestelike baba het weer iemand soos 'n ma nodig om hom te voed en te koester. 'n Geestelike kind het iemand soos 'n onderwyser nodig om aanvaarbare en verwagte gedrag aan hom te leer terwyl 'n geestelike adolessent weer iemand soos 'n afrigter nodig het wat hom verantwoordelik hou vir sy doen en late en wat toesig hou oor sy ontwikkeling. Selfs geestelike volwassenes het iemand as vriend nodig met meer ervaring wat kan raad gee en wat sal verstaan.
Voorbeeld: 'n Atleet wat graag hoë hoogtes wil bereik werk nooit hard genoeg op sy eie nie. Selfs onder leiding van 'n afrigter soek atlete nog steeds na die maklikste maniere om deur harde oefensessies te kom. 'n Atleet kan alleen volgens sy vermoëns ontwikkel en presteer wanneer sy afrigter gewillig is om hom verantwoordelik te hou vir sy doen en late; sy afrigter toesig oor sy ontwikkeling hou; hy self gewillig is om hom te onderwerp aan sy afrigter se leiding. Dit is die afrigter se taak om die atleet van agter te stoot na die doelwitte wat die atleet aan homself gestel het. Dit is in ons natuur om die weg van die minste weerstand te volg al is ons ernstig in die bereiking van die een of ander doel. Daarom is dit altyd nodig om 'n persoon of sisteem te hê wat jou verantwoordelik hou, jou laat rigting hou en jou laat volhou wanneer dinge moeilik raak. Dit geld ook vir ons geestelike lewens. As dissipels van Christus behoort dit ons hoofdoel te wees om volgens sy beeld omvorm te word. Ook in die bereiking van hierdie doelstelling is dit net logies dat ons iemand, wat meer volwasse as ons in die Here is, nodig het om ons te lei, te dissiplineer en tot verantwoording te roep. Ons moet ook bereid wees om so 'n "helper" vir ander te wees namate ons geestelik groei (Spreuke 27:17).

 Dissipelmaking is die enigste manier waarop die opdrag van Christus effektief uitgevoer kan word:
Voorbeeld: 'n Boer het op 'n dag aan 'n werker gevra wat hy hom vir sy diens moes betaal. Die werker haal toe 'n skaakbord uit en antwoord dat die boer aan die einde van die eerste maand 'n sent op die eerste wit blokkie van die skaakbord moes plaas. Dit sou sy eerste maand se loon wees. Aan die einde van die tweede maand moes die boer die sent verdubbel en op die tweede wit blokkie plaas, as sy tweede maand se loon. Hy moes die bedrag elke maand verdubbel totdat al twee en dertig wit blokkies vol is. Daarna sou hy die res van sy lewe verniet vir die boer werk. Die boer werk toe vinnig uit dat hy die man maar 'n bietjie minder as drie jaar sou moes betaal en dat hy hom teen die einde van die eerste jaar slegs R20,48 sou moes betaal. Hy voel toe 'n bietjie skuldig omdat hy die werker se onkunde uitbuit, maar hulle sluit toe die ooreenkoms. Die uitbetalings wat die boer toe oor die volgende maande aan die werker moes maak kan gesien word in tabel 5.7.1.b.
In hierdie voorbeeld kan u sien watter geweldige potensiaal die beginsel van vermenigvuldiging inhou. Kom ons pas hierdie beginsel toe op die verspreiding van die evangelie.
Ons maak twee planne: Plan A behels die Wen-die-wêreld-vir-Christus-assosiasie. Die lede van die assosiasie gaan toesien dat een duisend mense daagliks hulle lewens aan die Here oorgee. Plan B behels dat jy een persoon elke jaar vir Christus sal wen, en dat jy daardie persoon sal leer om 'n dissipelmaker met die oog op geestelike groei te wees. Jy en die dissipel sal die volgende jaar twee ander persone leer om dissipelmakers te maak. Teen 'n duisend siele per dag sal dit die evangeliste 13,698.6 jaar neem om die wêreld se vyf miljard mense te bereik. Hulle sal egter 'n verlore stryd veg, as die bevolkingsaanwas in aanmerking geneem word. Plan B behoort, teoreties gesproke, binne 34 jaar vir die totale wêreldbevolking plus die bevolkingsaanwas, voorsiening te maak.

Tabel 5.7.1.b:


Maand
Sent
Maand
Sent
1
1
2
2
3
4
4
8
5
16
6
32
7
64
8
128
9
256
10
512
11
1,024
12
2,048
13
4,096
14
8,792
15
16,384
16
32,768
17
65,536
18
131,072
19
262,144
20
524,288
21
1,048,576
22
2,097,152
23
4,194,304
24
8,388,608
25
16,777,216
26
33,554,432
27
67,108,864
28
134,217,728
29
268,435,456
30
536,870,912
31
1,073,741,824
32
2,147,483,648
33
4,294,967,296
34
8,589,934,592




 Dissipelskap is die kern van die Groot Opdrag van ons Here:
Van die laaste dinge wat Jesus aan sy dissipels gesê het, vind ons in Matteus 28:18-20. Die maak van dissipelmakers met die oog op geestelike groei het swaar op Jesus se hart gelê. Dit is wat Hy van ons vra om te doen - nie om kerkgeboue op te rig of om bekeerlinge te maak nie. Hierdie dinge is ook belangrik binne die regte konteks. Maar wanneer hulle die fokus van ons bediening word - wanneer die middel opsigself die doel word - is ons nie meer besig met die laaste wens van ons Here nie.
Jy het die Here lief, nie waar nie? As Hy skierlik vandag voor jou verskyn en vra dat jy iets vir Hom moet doen, sal jy dit nie dadelik en sonder enige voorbehoud doen nie? In 'n sekere sin het Hy dan ook vandag aan jou verskyn in die Gees van sy Woord wat ons in Matteus 28:18-20 gelees het. Hy het aan jou gevra om dissipelmakers te maak. Gaan jy sy hartsbegeerte uitvoer?

 Maar wie is ek?:
God verander ons lewensprioriteite wanneer ons iets ontdek wat betekenis aan ons kort bestaan hier op aarde kan gee; wanneer ons verstaan dat ons iets van ewigheidswaarde aan hierdie kant van die graf kan doen; wanneer ons ontdek dat God hierdie gekraakte en lekkende kruik op uitstekende maniere kan gebruik om sy koninkryk mee te bevorder.
As ons na Moses kyk, sien ons iemand wat vir 'n lang tyd reeds deur God voorberei is om as leier die volk Israel uit Egipte uit en deur die woestyn te lei na die beloofde land. Maar wanneer hy hierdie opdrag kry, is sy eerste reaksie: "Wie is ek?" Dis waar. Hy was niemand besonders nie. Vir die helfte van sy lewe het hy diere opgepas. Eenmaal het hy probeer om 'n held te wees deur 'n Israeliet van 'n Egiptenaar te red, maar kwaad geword en 'n man vermoor. Hy het geen geloofwaardigheid en selfvertroue gehad nie. Al wat besonders van Moses was, was dat hy deur God vertrou is met die taak waarvoor God hom geroep het.
Miskien sien jy jouself ook as skaam, swaar van spraak, onopgelei, onintelligent, ongedissiplineerd en onkundig omtrent God se dinge. Die goeie nuus is dat niks hiervan saakmaak nie. God sê in Matteus 28:20 dieselfde vir jou as vir Moses: "Ek sal sekerlik met jou wees."
God soek getroue persone wat gewillig is om Sy plan uit te voer op Sy wonderlike manier. In geen bediening hang alles van 'n mens af nie. 'n Mens se trots waarborg altyd mislukking in enige bediening (1 Petrus 5:5). Wat God van jou nodig het is die gewilligheid om dit te doen wat Hy vra. Wat jy nou as tekorte in jou lewe sien, kan God in bates verander.
Die reis op weg om 'n effektiewe dissipelmaker te word, begin met die eerste belangrike stap. Daardie stap is om te besluit om jou lewe volgens God se prioriteite in te rig. Ignoreer die sypaadjies wat jou menslike natuur van jou vra om te eksploreer.
Rig jou lewe op God, op die Woord van God en op die siele van mense en God sal jou gebruik om dissipelmakers met die oog op geestelike groei te maak.

Module 2: Die Dissipel

 Hoofpunte:
Definisie van die woord "dissipel". Fases van die dissipel se geestelike groei. Samevatting.

 Inleiding:
'n Baie ryk man het op 'n dag besluit om homself in die vervaardigingsbedryf te vestig. Hy het geen koste gespaar om die beste fabriek toe te rus met die beste bestuur, personeel, toerusting ens. nie. Maar toe hulle op d-dag met produksie moes begin, het hy tot sy ontnugtering ontdek dat niemand weet wat hulle moes produseer nie. Onnodig om te sê, die onderneming was gedoem tot 'n mislukking.
Voordat 'n produk suksesvol vervaardig kan word, moet daar eers besluit word wat die produk gaan wees. Eers daarna kan die nodige infrastruktuur bekom word.
Soveel Christene begaan dieselfde fout wanneer dit by dissipelmaking kom. Hulle het al die nodige bronne denkbaar om effektief te kan werk. Hulle het die begeerte en motivering om onder leiding van die Heilige Gees met 'n bepaalde teikengroep te werk. Maar die meeste dissipelmakers is nie seker wat die finale "produk" moet wees nie. Daarom is hulle nie seker hoe om te werk te gaan, en wanneer die proses voltooi is nie.

 Definisie van die woord "dissipel":
As 'n mens die betekenis van 'n woord in enige vertaling van die Bybel wil vasstel, moet jy na die oorspronklike taal waarin die Bybel geskryf is gaan, om eerstens vas te stel wat die letterlike betekenis van die betrokke woord is, en tweedens binne watter Bybelse konteks die woord gebruik word.
Volgens die oorspronklike Grieks besit die Bybelse dissipel 'n sekere houding. Vanuit die Bybelse konteks leer ons dat dit hier om 'n bepaalde houding gaan wat in bepaalde aksies uiting vind.
Die Griekse woord wat in die Bybel gebruik word en wat in Afrikaans vertaal word met die woord "dissipel", is "mathetes". Dit is afkomstig van die woord "mathano", wat "leer" beteken. 'n "Mathetes" is dus 'n "leerling".
Gespreksvraag: Maar na watter soort leer word hier verwys? Boekekennis of kopkennis?
Dit gaan hier oor 'n spesiale soort leerling. Een wat deur ervaring en oefening leer (Hebreërs 5:8, 1 Timoteus 5:4,13, Titus 3:14, Deuteronomium 17:19, Esra 7:10, Psalm 119:11, 1 Johannes 2:4, Jakobus 1:22, Romeine 2:13, Lukas 6:47-49; 8:21; 11:28) en 'n gewoonte of gebruik verwerf. Ons praat dus hier van 'n persoon wat nie alleen dink nie, maar wat ook doen. 'n Persoon wat 'n lewensverandering ondergaan. Die leerstof word ingeneem en beoefen en in die proses geïnkorporeer in 'n veranderde lewenstyl. Nie soos wanneer 'n mens vir 'n toets leer en na die toets die meeste kennis vergeet nie.
Wanneer ons die Nuwe Testamentiese gebruik van die woord "dissipel" nagaan, vind ons verwarrende uitsprake. Aan die een kant plaas Jesus hoë standaarde vir iemand wat sy dissipel wil wees. Hulle moet byvoorbeeld hul kruis opneem om Hom te kan volg (Matteus 10:38); bereid wees om vervolging terwille van sy Naam te verduur (Matteus 10:24-38); al hul besittings opgee (Lukas 14:33); so in liefde aan Hom verbonde wees dat hul verhoudings met hul gesinslede in vergelyking soos haat lyk (Lukas 14:26); gewillig wees om vir Hom te leef en te sterf (Matteus 10:39).
Aan die anderkant tree mense wat sy dissipels genoem word baie anders op as wat Hy van hulle verwag: Sommige blyk geestelik dood te wees (Matteus 13:36, 16:6-11, Johannes 14:5-10, 16:16-20); geestelik impotent en kleingelowig (Matteus 17:15-20); deur Satan gebruik (Matteus 16:21-23, 26:14-16); vol geestelike hoogmoed (Markus 10:35-45, Johannes 13:36-38); los-aan-Hom-verbind (Johannes 6:66); min meegevoel met ander (Markus 10:13,14); gewelddadig en wraaksugtig (Lukas 9:54,55, Joh.18:10,11); skaam oor hul oorgawe aan Jesus (Johannes 19:38); Jesus se bedoelings teengestaan (Johannes 13:5-11); Jesus verloën in sy grootste oomblik van nood (Matteus 26:69-75, Markus 14:43-46,50).
Gespreksvraag: Wat is 'n dissipel dan? 'n Geestelike supermens of 'n geestelike nikswerd? Die antwoord is albei. 'n Dissipel is 'n persoon-in-wording. Dit is iemand wat word wat hy in Christus is. Die proses begin wanneer 'n persoon Christus aanvaar en sy leerling word. Die proses gaan voort so lank as wat die persoon van Hom leer. Hy begin soos 'n pasgebore baba wat hoegenaamd nie aan die kriteria vir 'n volwasse dissipel voldoen nie. Dit word ook nie van hom verwag nie. Al wat verwag word is dat hy van Jesus Christus leer en in die proses vooruitgang maak. As 'n persoon ophou om van Christus te leer is hy nie meer 'n dissipel nie.

 'n Dissipel in Bybelse konteks is:
'n Persoon-in-wording wat begerig is om die waarhede wat Jesus Christus aan hom leer sy eie te maak en toe te pas, en wat lei tot 'n altyd verdiepende verbintenis tot 'n Christus gelykvormige lewenstyl.
Die konsep "dissipelskap" veronderstel dus nie 'n mate van groei of 'n vlak van kundigheid wat eers bereik moet word nie. Nee, dit veronderstel 'n gesindheid van verbondenheid aan Christus.

 Fases van die dissipel se geestelike groei:
As die dissipel dan 'n persoon-in-wording is, is dit ook logies dat hy homself op verskillende stadiums van sy lewensduur, in verskillende ontwikkelingsfases sal bevind. Dwarsdeur die Bybel word daar dan ook parallelle getrek tussen die verskillende fases van ontwikkeling in die fisieke en geestelike lewens van mense.
Gespreksvraag: Watter ontwikkelingsfases kom in die meegaande Skrifgedeeltes ter sprake? (1 Korintiërs 3:1-3; Hebreërs 5:12-14; Johannes 3:3; 1 Johannes 2:12-14; 1 Petrus 2:2).
Ons kan onderskei tussen die volgende verskillende geestelike groei fases: Pasgeborenes, babas, kinders, adolessente en volwassenes.
Omdat groei 'n dinamiese proses is, verander die behoeftes van 'n groeiende Christen namate hy geestelik volwasse word. Daarom moet die aard van die dissipelmaker se verhouding met die dissipel van tyd tot tyd verander en aangepas word. Sy rol, metodes en verwagtinge moet daarmee saam verander.

 Eienskappe, behoeftes en motiveerders van dissipels tydens fases van geestelike groei:
Ons kan 'n goeie idee kry hoe ons 'n dissipel kan help op sy weg na geestelike volwassenheid, deur te weet watter eienskappe en behoeftes hy op verskillende fases van sy geestelike groei behoort te openbaar en wat hom tydens die verskillende fases motiveer.

• Pasgebore fase:
In die NT word die Griekse woord "gennao" in sy verskillende vorme in die Afrikaans met verskillende woorde vertaal wat met verwek/gebore/geboorte gee verband hou.
Gespreksvraag: Uit die gedeeltes waar die verskillende vorme van hierdie woord voorkom, kan ons baie leer oor die eienskappe van pasgebore babas. Watter parallelle eienskappe van pasgebore geestelike babas kan ons hieruit aflei? (Matteus 19:12; 26:24; Johannes 1:13; 3:3-8; 8:41-43; 9:19-34; 16:21; 18:37; Handelinge 2:8; 13:33; 22:28; Romeine 9:11; 1 Korintiërs 4:15; Galasiërs 4:23,24,29; Filemon :10; Hebreërs 11:11,12; 1 Johannes 2:29; 3:9; 4:7; 5:1,4,18).
Antwoord: Hulle het/ontbreek bepaalde moontlikhede (Matteus 19:12); staan op die drumpel van 'n lewe waaroor hy op 'n stadium baie dankbaar/spyt kan wees (Matteus 26:24); word deur 'n man verwek en 'n geestelike baba word deur God verwek (Johannes 1:13; 3:3-8; 1 Johannes 2:29; 3:9; 4:7; 5:1,4,18); word geken aan sy ouers (Johannes 8:41-43); ongeag dit wat 'n pasgebore baba fisies ontbreek, kan God hom in alle fasette van sy lewe herskep (Johannes 9:19-34); is onbewus van die moeite en plesier wat hy verskaf (Johannes 16:4); is bestem tot iets sonder sy medewete of keuse (Johannes 18:37; Romeine 9:8); word binne 'n bepaalde konteks gebore (Handelinge 2:8; 22:28); 'n mens kan in Christus gebore word deur die evangelie (1 Korintiërs 4:15; Filemon :10); 'n mens kan na die vlees en die gees gebore wees (Galasiërs 4:23,24,29); God is betrokke by ons fisieke en geestelike geboorte (Hebreërs 11:11,12).
Om op te som: Die pasgebore geestelike baba se moontlikhede word gekenmerk deur die Een wat hom verwek het. Hy kan word wat hy in Christus is. Hy het onmiddellike geboortesorg nodig. Daar moet onmiddellik in sy mees basiese behoeftes (moedersmelk, moederliefde, koestering, nabyheid, beskerming) voorsien word, anders sterf hy. Hy kan nog niks vir homself doen nie. Alles wat nodig is moet vir hom gedoen word. Net sy basiese instink om te oorleef motiveer hom.
Hy het 'n basiese begrip nodig van God; die Bybel as Woord van God; die boodskap van die Bybel; gebed; sy nuwe identiteit in Christus; die betekenis en implikasies van sy verlossing; basiese geestelike groeibeginsels; die werking van die Heilige Gees in sy lewe; God se wil vir sy gesinslewe; Christelike gemeenskap; Christelike getuienis met 'n visie omtrent die uitbreiding van die koninkryk van God; sy bruikbaarheid as God se dienaar in die lewens van ander; sy kultuuropdrag as God se verteenwoordiger in die wêreld.

• Babafase:
In die NT word drie Griekse woorde telkens in die Afrikaans met "baba" vertaal: "teknia", "brephos", "nepios".
Gespreksvraag: Uit die gedeeltes waar hierdie woorde voorkom, kan ons baie leer oor die eienskappe van babas. Watter paralelle eienskappe van geestelike babas kan ons hieruit aflei? (Matteus 11:25; Lukas 18:15; Handelinge 7:20,21; 1 Korintiërs 3:1-3; 13:11; 14:20 Hebreërs 5:11-14; Efesiërs 4:14; 1 Tessalonisense 2:7; Galasiërs 4:19; 1 Johannes 2:12; 4:4).
Antwoord: Hulle kan nog nie swaar voedsel hanteer nie (1 Korintiërs 3:1-3, Hebreërs 5:11-14); hulle spraak, dink en redeneer prosesse is onvoldoende en moet omvorm word (1 Korintiërs 13:11); hulle word maklik mislei (Efesiërs 4:14); hulle het geen outoriteit nie, maar bevind hulleself onder die toesig van voogde totdat hulle volwasse word (Galasiërs 4:1,2); God openbaar spesiale dinge aan hulle (Matteus 11:25); hulle is onkundig ten opsigte van dit wat sleg is (1 Korintiërs 14:20); hulle sondes is vergewe (1 Johannes 2:12); God wat in hulle woon is groter as hy wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4).
Gespreksvraag: Uit die volgende Skrifgedeeltes, kan ons baie leer oor die behoeftes van babas. Watter parallelle behoeftes van geestelike babas kan ons hieruit aflei? (Lukas 2:12,16; 18:15; Handelinge 7:19-21; 1 Petrus 2:2; 2 Timoteus 3:15; 1 Tessalonisense 2:7).
Antwoord: Hulle is hulpeloos en het baie beskerming nodig (Lukas 2:12,16; Handelinge 7:19); hulle het 'n groot behoefte aan voldoende voeding (1 Petrus 2:2; Handelinge 7:20,21); hulle het reeds Bybelse insette nodig (2 Timoteus 3:15); hulle het nodig om versigtig getroetel, versorg, liefgehê te word deur hulle ouers (1 Tessalonisense 2:7); hulle het nodig om deur hulle ouers aan Christus verbind word (Lukas 18:15).
Ons kan hulle behoeftes in die algemeen as volg saamvat: Beskerming (van Satan, ontmoediging, verwardheid, twyfel, kultusse); liefde (dat hy liefgehê word en dat hy nie slegs aan nog 'n sosiale klub behoort nie, maar aan 'n ware gesin); basiese kennis (waaroor hierdie nuwe lewe in Christus eientlik gaan).
Die geestelike baba se sleutelmotiveerder is sy geestelike vakuum. Hy het 'n onversadigbare honger vir kennis omtrent sy nuwe verhouding met God. Daar is, met groot respek, 'n "God-vormige" vakuum wat gevul begin word.

• Kinderfase:
Gespreksvraag: Wat leer ons van die karaktereienskappe van kinders uit die volgende Skrifgedeeltes en watter parallelle eienskappe van geestelike kinders kan ons hieruit aflei? (Matteus 2:13-16; 18:1-4; 21:15; Lukas 2:52; 2 Korintiërs 12:14; Efesiërs 6:1 Hebreërs 12:9,10; Filippense 2:22; 1 Johannes 2:13).
Antwoord: Hulle is steeds relatief hulpeloos en het 'n behoefte aan hulle ouers se beskerming (Matteus 2:13-16) en voorsiening (2 Korintiërs 12:14); hulle moet verstandelik, fisiek, sosiaal en geestelik groei (Lukas 2:52); Jesus gebruik 'n kind om die soort geestelike nederigheid te demonstreer wat nodig is om die koninkryk van God te beërwe (Matteus 18:1-4); moet sy ouers gehoorsaam wees (Efesiërs 6:1); moet sy ouers en die dissipline wat hy van hulle ontvang respekteer (Hebreërs 12:9,10); moet diensbaar wees (Filippense 2:22); kan die majesteit van God herken en Hom openlik en onbeskaamd verheerlik (Matteus 21:15; 1 Johannes 2:13); instaat om te leer en moet toegelaat word om saam met volwassenes onderrigsessies by te woon (Handelinge 20:7-12); instaat om soms strategiese bydraes te maak (Johannes 6:9); skiet te kort ten opsigte van geestelike insig (2 Korintiërs 14:20); kan maklik tot struikeling gebring word (Matteus 18:6).
Die Nuwe Testament vertaal vier Griekse woorde in Afrikaans met die woord "kind". Die volgende drie is toepaslik naamlik "teknon", "pais", "paidion".
Die woord "pais" beteken "kind", sowel as "jong dienskneg" of "slaaf". Die geestelike kind is dus eerder 'n slaaf as iemand aan wie 'n posisie van leierskap of outoriteit toevertrou word.
"Paideia" is die Griekse woord vir "opleiding", "instruksie". Gedurende hierdie fase moet die geestelike kind die basiese fundamentele waarhede leer om met die Here te wandel. Hy versamel baie kopkennis wat lyk of dit nie deurbeweeg na die hart en hand nie. Dit sal egter met verloop van tyd gebeur. Hierdie is primêr 'n tyd van leer. Die liefde en lewenswyse vloei hieruit voort namate die persoon meer volwasse word.
"Paideuo", wat van dieselfde stam afkomstig is as "pais", is die Griekse woord vir, onder andere, "dissiplineer" of "leiding gee". Dit vorm 'n groot deel van ons in-verhouding-tree met ons kinders. Hulle het dit nodig. Salomo beveel hierdie optrede by verskeie geleenthede aan. Selfs 'n dissipel moet in die kinderfase van sy geestelike groei gedissiplineer word. Dit is moeilik, maar die Bybel tipeer die geestelike kind as hulpeloos, onervare en dwaas en Salomo sê dat die tugroede dwaasheid verwyder (Spreuke 22:15). Hulle het liefde en veiligheid nodig en moet die tipe leiding ontvang wat hulle in geen onseker terme laat weet wanneer hulle op die verkeerde pad beweeg nie. Hulle kan dit hanteer (Spreuke 23:13).
Die geestelike kind "gaan nou skool toe". Meer word van hom verwag en daar word 'n sterker hand oor hom gehou. Dissipline en verantwoording word aan hom bekendgestel. Hy het iemand nodig om baie aandag aan hom te gee, om hom met omtrent elke tree op die pad te help en 'n voorbeeld vir hom te wees. Binne hierdie konteks begin hy om geleer te word. Hy begin om te leer wat dit beteken om 'n burger van die koninkryk van God te wees (Jesaja 28:9).
Ons kan die geestelike kind se behoeftes in die algemeen as volg saamvat: Sterk leiding; beginselvastheid van hulle wat aan hom leiding gee.
Die geestelike kind se primêre motiveerder is sy dissipelmaker. Hy beleef as nuwe Christen amper onvermydelik 'n tyd waarin hy 'n afplatting ervaar. 'n Tyd waarin hy gewoond raak aan die lewe as 'n ewige wese waarin die almagtige Skepper van die heelal inwoon, en hy verloor van die aanvanklike vuur. Dit is die rede waarom die dissipelmaker vir 'n wyle die sleutelmotiveerder moet word. Netsoos 'n skoolseun soms sy werk doen net omdat jy gesê het hy moet, so gebeur dit dikwels dat die geestelike kind sy Bybelstudie doen net omdat hy weet dat jy hom daaroor gaan uitvra.

• Adolessentefase:
Gespreksvraag: Wat leer ons van die karaktereienskappe van adolessente uit die lewens van die persone waarvan ons in die volgende Skrifgedeeltes lees en watter parellelle eienskappe van geestelike adolessente kan ons hieruit aflei? (Matteus 19:16-22; Markus 14:51,52; Lukas 15:11-24; Handelinge 5:6-10; 7:58; 20:9-12; 23:16-22; 1 Timoteus 4:12; Titus 2:4.
In elke geval gaan dit hier oor jeugdiges wat begin om volwasse rolle te aanvaar. Die Nuwe Testament gebruik in hierdie tekste verskeie woorde om na die adolessent te verwys, almal met dieselfde stam "neos" wat "nuut" beteken. Iets wat nie voorheen betaan het nie, wat nou-net verskyn. In kort: nuut, jonk. Dit verwys na 'n onervare nuweling - in ons geval in die volwasse wêreld.
Een van die belangrikste karaktereienskappe van die adolessent is dus dat hy begin om verantwoordelikhede te aanvaar.
Hy het nou 'n bietjie meer beweegruimte nodig. 'n Bietjie meer kans om te probeer, te misluk en om self uit sy mislukking op te staan. Die las moet 'n bietjie groter gemaak word om sy innerlike krag te ontwikkel. Meer verantwoordelikheid moet aan hom toevertrou word sodat hy ervaring en wysheid kan opdoen en kan voel hoe dit voel om 'n taak te voltooi.
Hy het dus in die algemeen 'n behoefte aan innerlike krag, ervaring en verantwoordelikheid.
Die geestelike adolessent se primêre motiveerder is hyself. Met verloop van tyd begin daar 'n verandering in hom plaasvind. Hy begin 'n wil ontwikkel om aan God gehoorsaam te wees. Op hierdie stadium het hy al in die vuurlinie gestaan en misluk. Daarom begin hy homself nou voorberei om oor God en sy beloftes met ander te kan praat en hulle vrae te beantwoord. Hy begin ervaar wat 'n langtermyn verhouding met Jesus Christus is en wil hom sterker hiertoe verbind.

• Volwassefase:
Geestelike volwassenheid is ons uiteindelike doel vir ons self en vir dissipels. Wanneer iemand hierdie vlak bereik, beteken dit nie dat hy ophou groei nie. Dit beteken slegs dat hy nou gereed is om bepaalde verantwoordelikhede en voorregte te aanvaar, waarvan die meeste sy voortgesette groei sal bevorder - net soos wanneer iemand 'n motorlissensie gekry het.
Gespreksvraag: Hoe lyk 'n volwasse dissipel? Dit is 'n baie gekompliseerde wese. Hulle is elkeen uniek as gevolg van al die verskillende gawes, vermoëns, vaardighede, agtergronde, opvoeding, voor- en afkeure waarmee hulle geseën is.
Die een mag 'n kragtige prediker wees, die ander 'n gebedsheld en 'n ander vaardig in getuienis, en tog mag almal volwasse dissipels wees. Lede van dieselfde liggaam van Christus.
Daar is wel sekere algemene eienskappe wat deur alle volwasse dissipels gedeel word. Dit is belangrik om goed ingelig te wees omtrent hierdie eienskappe, om die volgende redes: Dit sal ons help om te weet wanneer 'n dissipel daardie vlak bereik, en sal ons weet hoe om korrek met hom in verhouding te tree; dit sal ons help om te sien wat die groeiende dissipel nog ontbreek en om hom meer effektief te help groei; dit help ons om ons soos volwassenes te gedra en om die regte voorbeeld aan die dissipel voor te hou.
Gespreksvraag: Hoe lyk 'n volwasse mens volgens die volgende Skrifgedeeltes en watter parellelle van 'n geestelik volwasse mens kan ons daaruit aflei? (Genesis 2:24; 45:8; Deuteronomium 3:28; 4:9; 6:6-9, 11:18-21; 32:45-47; 2 Samuel 7:14-16; 2 Konings 4:18-37; 1 Kronieke 28:9; Rigters 17:10; 18:19; Psalm 103:13-14; Spreuke 3:12; 4:1-5; 12:18; 13:24; 23:13,14; Jesaja 22:20-24; 49:15, 66:12,13; Matteus 2:13-16; 7:9-11; 10:29; 20:25-28; Markus 5:21-23; 9:24; 10:45; Lukas 15:12,20; Johannes 4:49; Romeine 9:12; 1 Korintiërs 4:14,15; 2 Korintiërs 3:1-7; 7:4; 12:14; Galasiers 4:19; Efesiers 4:13,16,29; 5:16; 6:4; 1 Tessalonisense 2:1,7-12; Filemon :10; 1 Timoteus 3:4,5; 2 Timoteus 2:1; Hebreërs 5:12-14; 10:25; 12:4-13; 3 Johannes :4).

 Eienskappe van die geestelik volwassene:
Barensnood: Ouers is begerig dat Christus in hulle klein kindertjies se lewens gestalte moet aanneem (Galasiërs 4:19).
Groei: Hy het sy verhouding met God sy top prioriteit gemaak, wat sy voortgesette groei ten gevolg het (Efesiërs 4:13,16).
Voed en koester: Hy versorg geestelike babas (Jesaja 49:15, 66:12,13, 1 Tessalonisense 2:7,8).
Beskerm en voorsien: Dit is die taak van die volwassene omdat die onvolwassene tot verskillende grade nie instaat is om na hulleself om te sien nie (Matteus 2:13-16; 2 Korintiërs 12:14).
Intree: As volwassenes is daar twee maniere waarop ons vir ons kinders kan intree. In gebed, en in die wêreld. Dit is alles deel daarvan om volledig betrokke by elke area van hulle lewens te raak (2 Konings 4:18-37; Markus 5:21-23; 9:24; Johannes 4:49).
Onderrig: Hy leer jonger Christene wat hulle nodig het om te weet om 'n lewensvatbare verhouding met God te geniet (Hebreërs 5:12). Inname is reg vir 'n baba, maar uitset is die doel vir volwassenes (Deuteronomium 4:9; 6:6-9, 20-25; 11:18-21; 32:45-47; 1 Kronieke 28:9; Spreuke 4:1-5).
Oplei: 'n Geestelike volwassene gaan verder as eng opleiding van die jonger Christene. Hy het soveel belang by sy geestelike kind as wat 'n werklike vader teenoor sy eie kind sou hê. Kyk wat skryf Paulus hieroor in 1 Korintiërs 4:14,15. 'n Vader se opleiding is baie meer in diepte en uit die hart as wat 'n onderwyser ooit kan gee (Efesiërs 6:4; 1 Tessalonisense 2:10-12; Filemon :10).
Dissiplineer: Netsoos ons aardse vaders aarsel 'n volwasse Christen nie om tande by die onderrig en opleiding te voeg nie. Groeiende Christene moet verantwoordelik gehou word, en bestraf word as hulle sondig, en daar moet gesê word wat nodig is ongeag negatiewe terugvoer. 'n Geestelike volwassene dissiplineer sy "kinders" omdat hy hulle liefhet (Spreuke 3:12; 13:24; 23:13,14; Hebreërs 12:4-13).
Simpatiseer: 'n Volwassene is nie 'n tiran in sy dissipline nie. Hy ken die verskil tussen die ferm liefdevolle hand van 'n vader, en die van 'n onderdrukker of martelaar (2 Samuel 7:14-16; Psalm 103:13-14; Spreuke 12:18; Lukas 15:20; Galasiërs 4:19; Efesiërs 6:4).
Bemoedig: Groeiende Christene het baie bemoediging nodig. Die geestelik volwassene moedig hulle aan om beter te doen en bemoedig hulle as hulle beter doen. Hulle is "Home on the Range" dissipelmakers, "where seldom is heard a discouraging word (Deuteronomium 3:28; Spreuke 12:18; 2 Korintiërs 3:1-7; 7:4; Efesiers 4:29; 1 Tessalonisense 2:11,12; 2 Timoteus 2:1; Hebreërs 10:25).
Verantwoordelike Werker: Geestelike spesialiste is nie van soveel waarde as mediese en ander spesialiste nie. Hoe wyer ons variasie van vaardighede en ondervinding, en hoe meer ons daarmee verantwoordelik is, hoe meer waardevol is ons vir ons geestelike gesin (Genesis 2:24; Jesaja 22:20-24; Hebreërs 5:12,14).
Bestuur: 'n Geestelik volwasse mens kan sy gesin, homself en sy tyd sinvol en na die eis van God se woord bestuur (1 Timoteus 3:4,5; Efesiërs 5:16).
Raadgewer: Hy is raadgewer soos 'n vader vir sy dissipel (Genesis 45:8; Rigters 17:10; 18:19).
Adresseer behoeftes: Kinders het baie behoeftes. Daarom het God ouers geskep. Iemand wat hulle lief genoeg sou hê om in hulle behoeftes te voorsien. Hy het ook daarom 'n baie sterk begeerte by hulle ingebou om in hulle kinders se behoeftes te voorsien. Dieselfde geld vir geestelike volwassenes. Hulle is sterk daarop ingestel om in ander se behoeftes te voorsien (Matteus 7:9-11; Markus 10:45; 3 Johannes :4).
Dienaar: Nederigheid is 'n eienskap van die geestelik volwassene. Hy dien meer en word minder gedien (Romeine 9:12; Matteus 20:25-28).
Knip die naelstring (rokspante): 'n Goeie ouer leer sy kind om onafhanklik te kan wees. Hy berei hom voor vir die skeiding. Hy moedig hom selfs daartoe aan wanneer die tyd aangebreek het. Die dissipel se onafhanklikheid moet 'n langtermyn doelwit wees. 'n Geestelik volwassene sal hom leer om homself geestelik te voed en sy eie besluite te kan neem (Genesis 2:14; Matteus 10:29; Lukas 15:12).
Die geestelik volwassene se belangrikste behoeftes is 'n vermoë tot leierskap en volgehoue selfdissipline.
Hy het nou nodig om uit te reik na 'n leeftyd vol verantwoordelikheid. Hy het iemand nodig wat hom aanmoedig om nie nou te gaan sit nie, maar voort te gaan om te groei. Hy moet 'n intense begeerte ontwikkel om in 'n hegter verhouding met God te wandel, om homself meer verdiepend tot God te verbind en tot groter vrugprodusering. Hy moet meer van God as van mense afhanklik wees, maar effektiewe interafhanklikheid behou wat nodig is vir Christen gemeenskap.
Die geestelik volwassene se sleutelmotiveerder is God en die bediening wat God aan hom toevertrou. Sy verhouding met die Here word toenemend kosbaar vir hom en sy drang om aan te hou groei spruit voort uit 'n begeerte om sy Vader se wil te doen en uiteindelik te hoor "Mooi so, goeie en getroue dienskneg." Hy is tot laat besig met voorbereiding omdat hy 'n diep sin vir verantwoordelikheid het teenoor die bedieningsobjek wat God aan hom toevertrou het en omdat hy God liefhet.

Module 3: Die Dissipelmakingsproses

 Hoofpunte:
Definisie van die proses "dissipelmaking met die oog op geestelike groei". Fasette van die dissipelmaking proses.
Die drie pilare van dissipelmaking. Die rol wat elke betrokkene by die dissipelmakingsproses vertolk.

 Inleiding:
Gespreksvraag: Waar pas ek in in die proses waardeur God mense uit die koninkryk van die duisternis roep om deel te hê in sy koninkryk? Waarom is ek in die proses betrokke en wat is my verantwoordelikhede?

 Definisie van die proses "dissipelmaking met die oog op geestelike groei":
Dissipelmaking is
• 'n pligsgetroue poging om die Groot Opdrag van Jesus Christus te vervul,
• deur mede Christene te help om te groei tot geestelike volwassenheid.
• Daar word gedurende hierdie proses krag en rigting van die Heilige Gees ontvang,
• terwyl die bronne van die plaaslike kerk aangewend word,
• en die gawes, talente en vermoëns wat oor die jare heen verkry is, tenvolle ingespan word.
Daar is vier sleutelkomponente in hierdie beskrywing, naamlik vervulling van die Groot Opdrag (die oorkoepelende doel), die Heilige Gees, die plaaslike kerk en die dissipelmaker (die primêre agentskappe betrokke).

 Fasette van die dissipelmakingsproses:
In die Groot Opdrag (Goddelike imperatief - Matteus 28:18-20), vind ons die woorde "gaan", "doop" en "leer". Hierdie woorde vertel ons watter fasette betrokke is by die uitvoering van die opdrag "maak dissipels". Indien "om te gaan, te doop en te leer," al is wat die kerk doen, voer hy nie die opdrag uit nie. Aan die ander kant, indien die kerk probeer dissipels maak sonder om te gaan, te doop en te leer, sal hy steeds nie slaag nie. Kom ons kyk na elkeen van hierdie fasette van die proses van dissipelmaking afsonderlik:

• Gaan:
Die eerste faset van die dissipelmakingsproses is om, vanuit 'n menslike perspektief, inisiatief te neem om 'n proses van geestelike groei in die lewe van 'n persoon te begin. Dit moet by evangelisering begin, indien nodig.

• Doop:
Die tweede faset van die proses behels hulp aan dissipels om hulleself openlik as volgelinge van Christus te identifiseer en om geïntegreer te word in sy liggaam op plaaslike vlak.
Wanneer 'n persoon gedoop word, verklaar hy openlik (of word openlik verklaar) dat hy hom met die koninkryk, dood, begrafnis en opstanding van Christus identifiseer (dat hy daarmee geïdentifiseer word) as Sy volgeling, en dat hy nou in aanraking gebring is met die werksterrein van die Heilige Gees.
Hierdie openlike identifikasie met Christus is een van die mees kritieke voorwaardes vir dissipel-wees (Lukas 9:26, 10:9,10). Met hierdie deel van sy mandaat sê Jesus dus dat ons dissipels moet maak deur hulle te help om hulleself openlik as sy volgelinge te identifiseer.
Wanneer 'n persoon in die openbaar gedoop word, identifiseer hy homself ook in die openbaar met die volk van God. Hy vereenselwig hom onder alle omstandighede met hulle. Hierdie verbintenis beteken dat die lede van die kerk nou die verantwoordelikheid het om hom in hul plaaslike liggaam te inkorporeer om hom te beskerm; te onderrig; te bedien.
Hier sê Jesus dus dat ons dissipels moet maak deur mense te help om geïntegreer te word in sy liggaam.

• Leer:
Die derde faset behels 'n proses van lering waardeur kennis van alles wat Jesus ons beveel en belowe het, aan dissipels oorgedra word, op so 'n wyse dat hulle begin om dit alles ook te onderhou. Die dissipelmaker se hooftaak is om die dissipel, deur middel van 'n leerproses, te help en te begelei in die praktiese uitwerking van dit waarvan hy oortuig is, in die vorm van aksies. Hy moet daartoe kom om sy oortuigings te leef. Die werk van die dissipelmaker is eers klaar wanneer die dissipel alles onderhou wat Hy beveel het.

 Die drie pilare van dissipelmaking:
Persoonlike dissipelmaking berus op drie belangrike pilare naamlik gebed, inhoud en verhouding.

• Gebed:
In Johannes 15:5 sê Jesus dat ons niks sonder Hom kan doen nie. As dit die eerlike oortuiging van die dissipelmaker is, sal sy optrede hierdie oortuiging duidelik demonstreer. As hy werklik daarin geïnteresseerd is om te sien dat sy dissipel groei, en as hy werklik glo dat dit God is wat die groei bewerkstellig, sal hy dikwels op sy knieë wees en lank vir daardie dissipel by God intree.

• Inhoud:
As ons 'n dissipel definieer as 'n "leerling", moet ons ook aanvaar dat ons verantwoordelikheid teenoor hom verder strek as voorbidding. Daar moet ook iets wees wat aan hom geleer moet word. Christus se opdrag is hier baie duidelik. Ons moet hulle leer om alles te ken en te onderhou wat Hy ons beveel het. Ek moet ook aan hom leer waarom ek doen (nie doen nie) wat ek doen (nie doen nie); wat die gevolg daarvan is om sekere dinge te doen/nie te doen nie; hoe om die regte dinge te doen.
Voorbeeld: Neem die voorbeeld van 'n vlieënier. Ek kan vir jare saam met hom vlieg en alles sien wat hy doen, sonder om ooit te leer vlieg. Daar is eenvoudig sekere dinge omtrent die vliegkuns wat ek self sal moet leer. Toepassing kan net so goed wees as die informasie tot ons beskikking.
Die leerinhoud wat ons aan ons dissipels deurgegee, moet uit drie noodsaaklike komponente bestaan. Die "wat", die "waarom" en die "hoe" komponente.
Die eerste komponent is die "wat" deel van die inhoud. Dit behels die antwoorde op die vraag wat God wil hê ek van Hom moet weet, en wat ek vir Hom moet doen of wees. Die "wat" deel van die inhoud gaan oor die regte dinge wat nie alleen geweet moet word nie, maar ook gedoen moet word en oor die verkeerde dinge waarvan nie alleen geweet moet word nie, maar wat ook nie gedoen moet word nie. Die leerinhoude behels die regte
* kennis,
* begrip,
* beginsels,
* norme, standaarde, wette.
Dit is die nie-verhandelbares van die Christelike lewe. Die Goddelike karakteristieke en lewenstyl wat in God se kinders ingebou moet wees. Hierdie dinge kan in die Bybel gevind word.
Die tweede komponent van in houd is die "waarom" deel. Dit behels die antwoorde op die vraag waarom ek hierdie dinge behoort te doen/nie te doen nie?" Dit gaan dus hier oor die regte redes waarom die regte dinge gedoen word. Die leerinhoude behels die regte
* motiewe,
* waardes,
* voorveronderstellings.
Ons kan nooit van 'n groeiende dissippel verwag om iets te doen of om op te hou om iets te doen nie, tensy hy weet waarom (net by kultusse doen mense dinge sonder om te weet waarom). Hierdie "waarom"-dinge word ook in die Bybel gevind en moet die hele dissipelmaking proses deurdrenk.
Die derde komponent van inhoud is die "hoe" deel daarvan. Dit behels die antwoorde op die vraag hoe om die regte ding te doen. Dit gaan hier om die regte maniere om die regte dinge vir die regte redes te doen. Leerinhoude behels die regte
* tegnieke,
* metodes,
* prosedures
* stappe.
Hierdie dinge is relatief en is dikwels gekoppel aan die dissippel of dissipelmaker se kultuur, tydsbeperkings en bedieningstyl. Daar is dikwels verskeie maniere om die regte ding te doen. Dit is buigbaar binne redelike perke. Dit word nie noodwendig in die Bybel gevind nie, maar mag nie teenstrydig wees met dit wat die Bybel ons leer nie.
Die "wat"-komponent word die fokuspunt van ons dissipelmaking. Ons werk is voltooi as die "wat" in die dissippel se lewe gestalte aanneem. Die "waarom"-komponent vorm die motiveringsbasis waarvolgens die dissipel sy aksies gaan konstrueer. Ons sou graag ons aandag hierop wou fokus, maar dit is onsienbaar en onmeetbaar.
Daarom fokus ons op die "wat" wat ons kan sien verander, terwyl ons gedurigdeur die "waarom" by die dissipel inskerp, nagaan en aanmoedig. Daar word baie tyd aan die "hoe"-komponent geskenk. Daarom moet daarteen gewaak word dat die middel nie doel opsigself word nie. Dit was die Fariseërs se grootste probleem.
Hoe leer mens iemand om iets (soos dit wat Christus ons geleer het) te onderhou? Dit is hoofsaaklik 'n drie-ledige proses.
Kennis ("learn it"): Eers kom die oordrag van informasie. Kopkennis. Dit is die primêre betekenis van die Griekse woord "didaskontes" (afgelei van "didasko") wat "onderrig" beteken. Dit hou verband met die intellek. Dit is nie 'n "hier, leer dit"-tipe onderrig nie. Dit is 'n pligsgetroue, verantwoordelike "onderrig-dit-totdat-dit-aangeleer-is"- tipe onderrig. Dit gaan hier oor feite wat sistematies en deeglik verkry is deur die leerling as gevolg van die herhaalde aktiwiteit van beide die leerkrag en die leerling.
Gesindheid ("love it"): Ongelukkig stop die meeste leerkragte by fase een. Ons moet egter voort gaan na die tweede fase naamlik om oortuiging te verkry. Ons kan dit ook hartkennis noem. Dit hou verband met die emosie. Die leerkrag moet die leerling dus help om die informasie sy eie te maak. Die agtien duim van die kop na die hart is eientlik 'n baie lang afstand. As die leerkrag nie sy bes doen om toe te sien dat die informasie die reis vanaf die kop na die hart voltooi nie, sal die dissipel nie 'n onderhouer van die opdragte van Jesus word nie. Die dissipel moet by die punt kom waar hy sê: "dit is nie alles 'n klomp teorie nie, maar werklikhede -die waarheid - ek is daarvan oortuig dat dit die waarheid is en wil dit my eie maak." Hy moet daartoe kom om die opdragte van Christus lief te hê.
Aktiwiteit ("live it"): As ware oortuiging ontwikkel het, sal dit nie by liefde stop nie. Die oortuiging sal voortgaan na die toepassingsfase. Handkennis. Dit hou verband met gedrag. Die afstand is 'n bietjie langer vanaf die hart na die hand, maar as dit eers in die hart is sal dit uiteindelik ook by die hand uitkom.

• Verhouding:
As die dissipelmaker maksimum hulp aan die dissipel wil gee, moet hy oor 'n wye front met hom in verhouding tree. Dissipelmaking vereis 'n verhouding met die totale persoon en nie net met die religieuse faset van sy lewe nie.
Jesus het self baie hegte verhoudings met sy dissipels gebou. Die twaalf was vir 'n paar jaar saam met Hom en het alles wat Hy gedoen en geleer het eerstehands binne 'n groot verskeidenheid kontekste, waargeneem (1 Johannes 1:1-4).
Inhoud sonder verhouding is vir alle praktiese doeleindes waardeloos. Sommige dinge moet eenvoudig binne die konteks van 'n bepaalde verhouding gesê word om reg verstaan te word. Soms is 'n voorbeeld sonder woorde binne die regte verhouding meer sprekend as woorde.
Ek kan tot aan die einde van tyd vir 'n persoon verduidelik hoe en waarom om die regte dinge te doen en wat die gevolg daarvan is om sekere dinge te doen/nie te doen nie, maar dit sal weinig effek op sy lewe hê as ek nie ook vir hom beskikbaar is sodat hy my lewe van binne en buite kan ken nie.
As jy die maksimum hulp aan die dissipel wil gee, moet jy oor 'n wye front met hom in verhouding tree. Doen lekker dinge saam. Werk saam, reis saam, verskaf saam hulp, huil en lag saam. Laat hom toe in jou lewe, huis, gesin. Dissipelmaking vereis 'n verhouding met die totale persoon en nie net met die religieuse faset van sy lewe nie.
Die Christelike geloof moet uitgeleef word en nie ingeprogrameer word nie. Te dikwels is 'n dissipel se reaksie dat hy nie kan hoor wat sy dissipelmaker sê nie, want sy dade lawaai te veel. Die groeiende dissipel het 'n rolmodel nodig, en dit is waarvoor God jou geroep het.
As ons in Christus bly en in die krag van die Heilige Gees wandel, hoef ons nooit te vrees dat ons dissipels sal teleurstel nie. Ons hoef nie onmoontlike standaarde aan onsself te stel en dink dat ons eers totaal sondelose lewens moet ly voordat ons dissipelmakers kan wees nie. Dit is goed vir dissipels om te sien dat ons ook ons broeke een pyp op 'n slag aantrek, netsoos hulle. Dit leer hulle deur voorbeeld hoe ons nederlae en foute hanteer.

 Die rol wat elke betrokkene by die dissipelmakingsproses vertolk:
'n Mens weet dat jy in die moeilikheid as akteur is wanneer jy gedurende die pouse 'n nota van die regisseur kry waarin staan "Ek is in die agterste ry. Ek dink jy hoort eientlik hier". 'n Mens wonder of God dalk soms so voel oor jou aandeel in sy "produksie".
God het in gedagte dat die verhaal op 'n bepaalde manier moet ontvou. Ek kan besluit om dit op my manier te doen en in die agterste ry beland, of ek kan dit op sy manier doen, pragtig in die geheel inpas, die stuk bevorder en die Regisseur vereer. As ons oortuig is dat God die regie van hierdie stuk waarneem, sal dit goed wees om uit te vind hoe elke speler in die geheel inpas en om dan ons eie rol in te oefen. Kom ons kyk na die spelers in die rolverdeling.

• Die rol van die Heilige Gees:
Ons is van weinig waarde vir die koninkryk van God as ons nie in die Heilige Gees se program ingeskakel is nie. Ons kan net so min groei bewerkstellig as wat ons bekering kan bewerkstellig. In Johannes 15:5 sê Jesus dat ons sonder Hom niks kan doen nie. Hy is die Meester en ons die werkers. Laat God, God wees en ons, ons.
Nadat Jesus vir 'n paar jaar lank besig was met dissipelmaking, het die meeste van sy dissipels Hom by die kruis verlaat. Een het Hom verloën en 'n ander het Hom selfs verraai. Maar dit was die uitstorting van die Heilige Gees wat die verskil gemaak het. Vervul deur die Gees het Christus se dissipels uitgegaan en die wêreld verander.
Gespreksvraag: Wat is die verhouding tussen die Heilige Gees en die dissipelmaker? (Matteus 28:18-20, Johannes 14:25,26).
Paulus het presies geweet Wie in beheer van die proses is (1 Korintiërs 3:5,6; 2 Korintiërs 3:18; Galasiërs 3:2,3; Filippense 1:6; 2:13; 1 Tessalonisense 5:23,24).
Behalwe dat die Heilige Gees die Hoof-beïnvloedingsagent is, doen Hy dit in vennootskap met die dissipelmaker. Die dissipelmaker moet met die Heilige Gees saamwerk in die perfekte plan wat Hy reeds vir die dissipel in gedagte gehad het lank voordat hy nog gebore was. Dit is uiters belangrik om jouself as 'n werktuig in Sy Hand te sien tydens die proses van dissipelmaking.

• Die rol van die Dissipelmaker:
Gespreksvraag: As die Heilige Gees dan die proses van geestelike groei lei, waar pas die dissipelmaker in? (Johannes 10:1-18; Handelinge 20:28; 1 Korintiërs 4:1,2; Galasiërs 4:19; Kolossense 1:28,29; 2 Timoteus 2:1,2).
Ons is geneig om te dink dat die beste ding wat ons Christene kan doen is om, in 'n geestelike sin, kinders in die wêreld te bring. Mense dink dat al wat God van hulle vra is om Christus by hulle portifeulje by te voeg en dan met hulle lewens voort te gaan asof niks gebeur het nie. Mense aanvaar die ewige lewe wat Christus hulle aanbied gretig maar is nie bereid om hulle lewenswyse daarvolgens aan te pas nie. God wil hê dat sy kinders moet groei. Hy het mense nodig wat reguit vore ploeg, en as hulle aanhou omkyk is hulle nie sy koninkryk waardig nie (Lukas 9:57-62).
Jy word die primêre menslike agent waardeur God werk om die dissipel tot geestelike volwassenheid te begelei. Jou belangrikste funksie is om 'n omgewing te voorsien wat die groeiproses sal bevorder. Jy hoef nie te dink dat dit jou verantwoordelikheid is om groei te bewerkstellig nie. Dit is God se werk. Jy moet ook nie dink dat jy die enigste een is wat nodig is om 'n aanvaarbare omgewing daar te stel nie. Netsoos die boer kan jy plant, natmaak, onkruid verwyder ensovoort, maar dit is steeds God wat laat groei. As die boer sy verantwoordelikhede getrou uitvoer, sal die saad gesond groei en veel vrug dra.
Ons moet onsself slegs as aardse instrumente sien wat deur God gebruik word om die volwassewordingsproses in sy kinders te fasiliteer.
Die beste analogie vir hierdie rol, is die rol van 'n dienskneg-herder wat toesig oor die kudde hou terwille van die Eienaar: die skaap behoort nie aan die herder nie, maar aan Iemand anders; die herder dra 'n bepaalde verantwoordelikheid; hy wy homself konsensieus aan die versorging, groei en beskerming van die kudde.
Wanneer jy 'n idee probeer vorm van jou rol as dissipelmaker, moet jy daaraan dink in terme van die drie fasette van dissipelmaking (gaan, doop, leer) en in terme van die drie pilare van dissipelmaking (gebed, inhoud en verhouding).
Ons moet egter ons verantwoordelikheid as rolmodelle ernstig neem. Paulus het byvoorbeeld nie gehuiwer om by sy dissipels aan te beveel om sy voorbeeld na te volg nie (1 Korintiërs 11:1; Filippense 3:17; 4:9; 2 Tessalonisense 3:9). Die spesifieke rol van die dissipelmaker as rolmodel in die lewe van 'n dissipel word bepaal deur die geestelike groeifase waarin die dissipel homself bevind. Ons kyk vervolgens na hierdie spesifieke rolle soos bepaal deur die volgende geestelike groeifases:
Pasgebore Geestelike Baba: Tydens hierdie fase in die dissipel se geestelike groei moet die dissipelmaker die rol van 'n vroedvrou vertolk en toesien dat die bekeringsproses in al sy fasette goed en volledig verloop, dat die persoon skoon gewas word en bewus van sy skoonheid is en weet waar en hoe hy gevoed word met die brood van die lewe. Die persoon moet gehelp word om die naelstring wat hom met die ou lewe verbind het volledig te knip en om ten volle in Christus ingeënt te word, sonder Wie hy niks kan doen nie.
Geestelike Baba: Tydens hierdie fase moet hy die dissipel voed en koester soos 'n moeder. Die beste ding nou is om hom te voer en te laat voel dat hy iemand spesiaal is, en my aandag waardig is. Gee onvoorwaardelike aanvaarding, baie liefde en beskerming aan hom. Help hom om die basiese van oorlewing en groei as 'n verheerlikte skepsel in 'n gevalle wêreld te begin verstaan.
Geestelike Kind: In hierdie fase moet hy die dissipel toerus vir diens soos 'n onderwyser. Dit is nou nodig om 'n bietjie minder soos 'n ma en meer soos 'n onderwyser te begin optree. Soos 'n onderwyser moet jy nou die boodskap tuisbring dat daar sekere verwagte gedrag en sekere onaanvaarbare gedrag bestaan en moet jy 'n atmosfeer van verantwoording aan hom bekend stel. Help hom om 'n goeie begrip te verkry van die basiese dinge van die Christelike lewe as fondament waarop sy lewe van vrugtevolle diens aan ons Here gebou kan word.
Geestelike Adolessent: In hierdie fase vertolk jy as dissipelmaker die rol van afrigter om krag en verantwoordelikheid by die dissipel te ontwikkel. Die dissipel het teen hierdie tyd 'n oorvloed boekgeleerdheid en dit het tyd geword om hom homself te laat bewys. Die las moet 'n bietjie swaarder gemaak word vir kragontwikkeling en hy moet 'n bietjie meer verantwoordelikheid kry. Jy moet kantlyn toe skuif en hom aanmoedig om te doen wat hy weet reg is. Maak dinge maar 'n bietjie moeilik vir hom, terwyl beide van julle weet dat dit vir sy eie beswil is. "No pain, no gain". As dinge te rof raak neem jy hom uit die wedstryd en versorg sy wonde, wys hom waar hy foute gemaak het en stuur hom terug in.
Geestelik Volwassene: Tydens hierdie fase motiveer jy hom vir die lang trek vorentoe soos 'n gelyke/kameraad. Nou is julle sy aan sy besig om die vyand saam in die oë te kyk. Jy moet daaraan werk om hom aan die gang te hou (Hebreërs 10:24). Hy moet aangemoedig word om alles wat hy geleer het in die stryd te werp.
Gespreksvraag: Wanneer is jou werk as dissipelmaker voltooi? Jy sal aan jou dissipel se dade weet (1 Samuel 16:7; Matteus 7:20; Markus 7:20-23). Jy sal met verloop van tyd kan agterkom of 'n veranderde lewenstyl voorkom en of dit voortvloei uit 'n veranderde hart. As die leerhouding aanwesig is, sal die karaktereienskappe en dissiplines ook in tyd verskyn. Nie alles gelyk nie. Nie in 'n voorspelbare volgorde nie en nie teen 'n voorgeskrewe tempo nie.
'n Christen leerling sal voortdurende dinamika, variasie, verandering en groei toon. Hy sal nooit "aankom" nie, aangesien die Here voortdurend nuwe areas sal blootlê waar Hy 'n dieper verbintenis en meer diepgaande verandering teweeg wil bring.
Net soos die mielieboer se werk nie voltooi is voordat die mielieplant eetbare mielies dra nie, is die dissipelmaker se werk nie voltooi voordat die dissipel stabiel en volwasse geword het en geestelike vrugte begin dra nie.
Gespreksvraag: Hoe lank sal hierdie proses duur?
Hoeveel tyd en moeite sal ek aan hierdie dissipel moet bestee? Dit neem 'n lang tyd om kinders tot volwassenheid te bring. Die intensiteit van die werk en hulle behoefte aan toesig neem af met verloop van tyd. Dit hou egter nooit op nie. Dieselfde geld vir dissipelmaking.

• Die rol van die dissipel:
Die dissipel moet self ook 'n duidelike perspektief hê ten opsigte van die vennootskap tussen die dissipelmaker en die Heilige Gees. Hy moet hom van sy kant ook tot hierdie proses verbind (2 Korintiërs 8:5; Galasiërs 4:14; 1 Tessalonisense 1:6).

• Die rol van die Plaaslike Kerk:
Die Bybel vergelyk die kerk met 'n fisiese liggaam. Elke Christen het 'n verskeidenheid ander Christene nodig om te groei en om al die funksies wat God vir hom in gedagte het, te kan uitvoer. Daarom moet 'n dissipelmaker nooit die idee hê dat hy die enigste "bloedvaatjie" is wat die voedingstowwe en suurstof lewer wat die dissipel nodig het nie. Een mens oorbeklemtoon altyd sommige dinge en onderbeklemtoon ander. Ons is almal onvolwasse in verskillende areas van ons geestelike lewe. Daarom is die vraag of ons daardie selfde gebreke aan ons dissipels wil oordra.
Dit is presies wat sal gebeur as ons probeer om die enigste "bloedvaatjie" te wees. Ons moet dus nie probeer om duplikate van onsself te maak nie. God weet en jy weet dat een van jou genoeg is. Dit is een van die belangrikste redes waarom Jesus Christus die kerk ingestel het (Efesiërs 4:11-13).
Die mees ideale omgewing waarin dissipelmaking kan plaasvind, is die plaaslike kerk. Daar kan jou dissipel kontak hê met 'n groot verskeidenheid van mense - ingeslote mense met vermoëns wat jou eie swakhede teenwerk. Gawes waar jy gaweloos is, talente waar jy talentloos is, en vaardighede waar jy net duime het.
As 'n dissipelmaker is jy verantwoordelik om toesig oor hierdie groeiende dissipel se ontwikkeling te hou en om hom daarin te begelei, terwyl jy op die Heilige Gees staatmaak. In die konteks van die plaaslike kerk kan jy altyd om hulp roep wanneer jy jouself op dun ys bevind.
Jy mag dalk voel dat jou kerk eerder 'n geestelike kleuterskool as 'n toerustingseenheid vir die leër van God is. Baie kerke is meer daaroor bekommerd om hulle lidmate te behou as om op die beloftes van God te bou. Baie kerke is vandag grootliks besig om Christelike onderrig eerder as Christelike opleiding te verskaf. Meeste Christene is veel verder onderrig as wat hul gewilligheid om te gehoorsaam strek. Baie kerke leer jou wat Jesus ons beveel het, maar nie om te onderhou wat Hy beveel het nie.
Ons kan die predikante nie alleen hiervoor blameer nie, want hulle deel soveel uit as wat die gemeente gewillig is om te sluk.
Jy het dus twee opsies: Gaan na 'n ander kerk waar jy die dissipel vol vertroue na iemand anders kan stuur vir kruis-opleiding, of word 'n katalisator in jou eie gemeente om mense op dissipelmaking in te stel. Jy kan dit doen deur hierdie Geestelike Groeiprogram in die gemeente te implementeer in samewerking met die gemeenteleraar en die kerkraad. Dit is makliker gesê as gedoen, maar dit kan gedoen word as jy gewillig is om aan God gehoorsaam te wees.
As jy by 'n para-kerklike organisasie betrokke is, moet jy nie nalaat om die dissipel te leer hoe om effektief by sy plaaslike kerk in te skakel nie. Anders verstaan hy net hoe om geestelik vooruit te gaan in jou tipe organisasie en leer hy nooit hoe om binne 'n kerk te bedien en bedien te word nie. Onthou dat hy waarskynlik vir die res van sy lewe in hierdie kerk sal bedien en bedien sal word.

 Om op te som:
Wat het Jesus gesê moet ons met ons lewens doen? Hy het ons opdrag gegee om dissipels te maak deur te gaan (die inisiatief te neem om mense vir Hom te wen), te doop (hulle te help om hulle in die openbaar met Christus, sy koninkryk en sy mense te vereenselwig deur inkorporering in 'n plaaslike kerk), en om te leer (hulle te help om sy bevele te leer, lief te hê en te leef).
Die Heilige Gees lei die proses van geestelike groei. Die plaaslike kerk voorsien 'n omgewing wat geestelike groei bevorder. Die dissipelmaker is slegs 'n aardse instrument wat deur God gebruik word om die volwassewordingsproses in sy kinders te fasiliteer.
Die drie pilare van dissipelmaking, is gebed, verhouding en inhoud en die drie fasette van die proses wat daarop rus, is "gaan", "doop", en "leer".


AFDELING 2: Die praktiese implementering van die Geestelike Groeiprogram.

Module 1:

Behandel die inleidende hoofstuk van die Geestelike Groeiprogram, sowel as die doelwitte wat daarin genoem word met die dissipel, en gee aan hom die geleentheid om die selfevalueringsvraelyste in te vul, en om daarna sy eie Geestelike Groeiprofiel op te stel. Laat hom daarna ook vir homself 'n Geestelike Groeikurrikulum opstel.

Module 2:

Behandel al die Geestelike Groeiareas van die Geboortesorg Fase met die dissipel. Gee aan hom geleentheid om die kennisinhoude in te studeer. Oefen sy vermoë om die verskillende aspekte van geboortesorg te hanteer deur rollespel oefeninge.

5.7.1.c Verstaan waarom mense die dinge doen wat hulle doen.

Ons weet dat 'n persoon se gedrag deur sy situasie beïnvloed word, maar ons lees in Lukas 6:43-45 dat sy gedrag deur sy hart (in die wydste sin verstaan as die innerlike mens, insluitende siel, verstand, gees) bepaal en beheer word.
Ons lees in Matteus 6:19 en verder dat 'n mens se hart deur die skat wat hy daar bewaar beheer word. 'n Skat is daardie dinge wat soveel waarde vir jou het dat jy daarvoor leef. Jy gee (ruil, verpand, verkoop, waag, verloor) alles om dit te besit, te behou en te geniet. Elke mens leef vir 'n bepaalde skat. Die skat wat 'n mens se hart beheer, beheer ook sy gedrag.
In Romeine 1 lees ons dat die wêreld só geskape is dat ons eintlik nie in die oggend kan opstaan sonder om met God te doen te kry nie. Nogtans vind daar elke dag in die harte van mense 'n Groot Verruiling plaas. Die verruiling van die heerlikheid van God vir die beelde van geskape dinge.
Esegiël skryf in hoofstuk 14:1-5 dat enigiets wat 'n mens se hart beheer buiten God alleen, 'n afgod is. Sonde is in sy wese afgodsdiens.
Hierdie Groot Verruiling het drie ander verruilings ten gevolg. Wanneer jy God as die Skat van jou hart verruil vir 'n afgod, dan begin dink jy soos 'n afgodsdienaar. Dan verruil jy daarmee saam die waarheid van God vir leuens. Dan dink jy nie meer op God se manier oor mense en traumatiese gebeure uit jou verlede of oor jou huidige situasie en jou optrede in reaksie op dinge wat aan jou gedoen word en wat met jou gebeur nie. Dan word jou motiewe die van 'n afgodsdienaar. Dan verruil jy die aanbidding en diens aan jou Skepper vir aanbidding en diens aan skepsels. Dan word jou gedrag die van 'n afgodsdienaar. Dan verruil jy jou gehoorsaamheid aan God vir verskeie vorme van selfbevrediging en selfdiens.
Hierdie Groot Verruiling is niks nuuts nie. Dit is wat in die Paradys gebeur het toe Adam en Eva die Satan se raad gevolg het. Hulle en hulle kinders het in sonde verval en selfs die geskape wêreld is deur God vervloek. Daarom sê die Bybel dat mense as sondaars gebore word (Psalm 51:5; 58:3) en in 'n deur-God-vervloekte wêreld leef (Genesis 3:14-19; Romeine 8:20,21).
Maar die harte van mense kan verander en hulle gedrag kan hulle lewens versier soos goeie vrugte. Die goeie nuus van Jesus Christus is dat mense oorspronklik na die beeld van God geskape is (Genesis 1:26) en daarom deur die werking van die Heilige Gees weer gebore en herskep kan word. Hulle kan daarom geestelik verander en groei om te word wat hulle in Christus Jesus is.
In 1 Korintiërs 10:13 lees ons dat God sy eie agenda vir die lewens van sy geliefdes het en dat Hy uitkoms gee wanneer sy kinders in versoeking kom om sy agenda te verruil vir afgodsdiens.

5.7.1.d Verstaan hoe om 'n instrument van verandering in 'n ander persoon se lewe te wees.

Begin deur 'n God-verheerlikende verhouding met die persoon te bewerkstellig. Samel data in omtrent die persoon se situasie, sy reaksie daarteenoor en denke daaroor, sy lewens motiewe en bedoelings en sy agenda waarvolgens hy sy lewe inrig. Praat die waarheid in liefde met hom en wys hom op God se agenda waarvolgens sy lewe sal moet verander. Help hom om God se agenda vir die verandering van sy lewe in sy alledaagse lewe toe te pas. Hierdie aspekte word in doelwitte 5.7.1.e-h bespreek.

5.7.1.e Weet hoe om te werk te gaan om 'n God-verheerlikende verhouding met iemand te bewerkstellig.

'n God-verheerlikende verhouding berus op die gesindheid van Christus. Ons vind in Hebreërs 2:10-18 en 4:14,15 die menswording van Christus as 'n model waarvolgens 'n God-verheerlikende verhouding bewerkstellig kan word. In hierdie model vind ons Christus se gesindheid van nederigheid, sy identifisering met die mense na wie Hy kom en die vertroue wat Hy daardeur wek by hulle wat in Hom glo.
Daar is bepaalde kritiese elemente wat in só 'n verhouding ten minste deur die geestelike groeileier só gekommunikeer moet word dat dit deur die dissipel verstaan word, naamlik liefde, medelye, respek, vertroue en hoop. Hierdie elemente kan as "toegangsroetes" tot die verhouding met die dissipel gebruik word.
Die gebrek aan sommige van hierdie elemente in die dissipel se situasie of in sy ervaring van sy situasie, verskaf 'n geleentheid aan die geestelike groeileier om, deur in die ontbrekende elemente te voorsien, vertroue en vrymoedigheid by die dissipel te bewerkstellig.
Liefde (1 Korintiërs 13) veronderstel die noodsaaklikheid van geduld, vriendelikheid en nederigheid by die geestelike groeileier. Soos woede die verhouding tussen hulle aan die een kant kan beskadig, so beskerm liefde die verhouding aan die anderkant, en bewerkstellig dit hoop.
Deur God self as sy Trooster te ervaar, kwalifiseer 'n geestelike groeileier om 'n agent van medelye te wees (2 Korintiërs 1:3-11). Eerlike deursigtige selfopenbaring is die proses waardeur hy medelye aan die dissipel kan betoon. Die resultaat van hierdie proses is dat die dissipel hoop in God ontwikkel en nie in die mens nie.
Respek behels die geskikte tipe verhouding met bepaalde persone (1 Timoteus 5:1,2). Dit beteken dat die geestelike groeileier nie die dissipel as "sonde op twee bene" sal sien nie. Respek beteken om as 'n dienskneg in die lewe van die dissipel betrokke te wees. Dit beteken om sekere aspekte van die dissipel se optrede te bevestig en die gewilligheid om ook kritiek en teregwysing van die dissipel te ontvang. Respek vir die dissipel bewerkstellig op sy beurt vrymoedigheid by die dissipel.
Vertroue werk na twee kante. Beide die geestelike groeileier en die dissipel moet 'n bewustelike keuse maak om mekaar te vertrou totdat die teendeel bewys is. Hulle moet ook albei so optree dat hulle vertroue by mekaar inboesem. Dit is daarom baie belangrik om konfidensialiteit in die verhouding te handhaaf.
Ontkenning, beheptheid met materiële dinge, bevrediging van mense, soeke na aanvaarding deur mense, werke van geregtigheid, woede, ontmoediging en depressie is alles tekens van hopeloosheid. Dit is belangrik dat die geestelike groeileier die dissipel se hoop in die evangelie sal wortel. Sy identiteit as kind van God, God se genade en vergifnis en sy liefdevolle soewereiniteit moet aan 'n hopelose dissi-pel bevestig word. Hy moet die proses van God se verlossing en heiligmaking verstaan. Hy moet ook God se toekomsplanne vir hom as sy kind begryp, en verstaan dat hy self 'n verantwoordelikheid het om God te vertrou en om Hom te gehoorsaam.
Die geestelike groeileier kan hoop as "toegangsroete" tot 'n God-verheerlikende verhouding met 'n depressiewe dissipel gebruik. Met die dissipel wat ly kan hy medelye as "toegangsroete" gebruik, en met die vreesagtige dissipel kan hy vertroue as "toegangsroete" tot die verhouding gebruik.

5.7.1.f Weet hoe om te werk te gaan om iemand werklik te leer verstaan.

Hoe kan jy as geestelike groeileier te werk gaan om 'n dissipel werklik te leer verstaan?
Die proses om 'n dissipel werklik te leer verstaan, begin by informasie insameling. Die doel van informasie insameling is nie net eenvoudig om die dissipel se "probleem" bloot te lê, of om sy sonde te ontbloot nie. Die doel is eerstens om die dissipel se hart te verstaan (Spreuke 4:23) en tweedens om hom tot selfbewussyn en selfbegrip te lei.
Die dissipel behoort in Bybelse selfbegrip te groei namate die geestelike groeileier kwaliteit vrae vra wat uit goeie Bybelse denke voortspruit en wat van hom vereis om op maniere oor homself te dink wat hy nog nooit voorheen gedoen het nie. Hy behoort reeds deur die proses van informasie inwinning, insig in sy denke, motiewe en gedrag te verkry, lank voordat die geestelike groeileier enigiets aan hom probeer leer.
Voorveronderstellings lewer 'n probleem met informasie inwinning. Dit gebeur wanneer die geestelike groeileier sy eie lewenservaring in die proses inbring en gebruik om die dissipel te probeer verstaan (interpreteer). Dit gebeur veral in die begin van die proses wanneer die geestelike groeileier nog min informasie het. Hy is dan geneig om sy eie ervaring te gebruik om veronderstellings te maak oor wat hy van die dissipel hoor. Sulke interpretasies is dan ook gewoonlik nie geldig nie. As 'n geestelike groei-leier homself toelaat om sulke veronderstellings te maak sonder om dit te rugsteun met goeie ingesamelde informasie, mag hy vind dat hy 'n persoon leer ken en selfs begelei wat nie bestaan nie.
Daar moet progressiewe vordering wees in die informasie insamelingsproses. Dit moet vorder vanaf die dissipel se eksterne situasie, sy denke oor die situasie, sy gedrag in antwoord op die situasie, na die gedagtes en motiewe van sy hart.
Die proses is terselfdertyd ook verhoudingsbou. Die geestelike groeileier moet deur die dissipel vertrou word voordat hy die breekware van sy lewe aan hom sal toevertrou.
Die insamelingsproses begin by die dissipel se situasie. Sy lewenskonteks, omstandighede, mense betrokke en die presenterende probleem.
Die proses vorder na die gedrag van ander persone in sy lewe. Wat ander gedoen het aan of in reaksie.
Die proses vorder na die dissipel se aksies, reaksies en antwoord. Sy strategieë waarmee hy die situasie en die mense by hom betrokke, benader.
Hiervandaan vorder die proses na die dissipel se hart. Sy doelstellings, waardes, motiewe, begeertes, skatte, afgode, gedagtes, opinies, perspektiewe, veronderstellings en interpretasies.
Goeie vrae gee aanleiding tot 'n ryke databasis. Daar word onderskei tussen oop en geslote, intensiewe en ekstensiewe vrae.
Geslote vrae vereis nie die ontsluiting van informasie nie, en het "ja" en "nee" antwoorde. Oop vrae gee aanleiding tot die ontsluiting van baie informasie. Dit kan nie beantwoord word sonder dat die dissipel oor homself dink en dinge openbaar oor homself en sy situasie nie.
Intensiewe vrae vra baie oor min. Dit word gebruik om diep in te dring in spesifieke areas van die dissipel se lewe. Dit is waardevol vir die vasstelling van oorsake en verbandskappe.
Ekstensiewe vrae vra min oor baie. Dit word gebruik om 'n oorsig oor baie areas van die persoon se lewe te verkry. Dit is waardevol vir die vasstelling van patrone en temas.
Bepaalde vrae kan gebruik word om bepaalde tipes data te verkry. "Wat"-vrae word gebruik om basiese informasie te verkry. "Hoe"-vrae openbaar meganismes en maniere waarop dinge gedoen word of gebeur. "Waarom"-vrae fokus op doelstellings en motiewe. "Hoe dikwels"-vrae lei tot die ontbloting van temas en patrone en "wanneer" vrae gee die volgorde van gebeure weer.
'n Metode van data versameling wat aanbeveel kan word is om progressief opeenvolgende vrae te vra waar die een vraag volg uit die informasie ingewin deur die voorafgaande vraag. Die geestelike groeileier moet egter daarteen waak om nie meegesleur te word deur sy eie nuuskierigheid nie.
Hy moet ook daarteen waak om nie die dissipel vas te keer tussen net twee moontlike antwoorde deur middel van "of-of"-vrae nie. Sy vrae moet nie die indruk wek dat hy die dissipel onder kruisverhoor het, met 'n ondervragingsessie besig is of hom in 'n hoek wil vastrek nie. Hy moet ook nie 'n hele battery vrae op een slag vra of vrae gebruik om sy eie agenda mee te kamoefleer nie. Hy moet nie tevrede wees met nie-spesifieke informasielose antwoorde nie.
'n Aanvullende metode om informasie in te win is die fyn waarneming van klere, gebare, houdings, oë, gesigsuitdrukkings, stemtoon en ander liggaamstaal.
Huiswerk kan ook gebruik word vir die inwinning van informasie, deurdat die dissipel vraelyste of evaluasie vorms voltooi, geskrewe materiaal bestudeer en skriftelike take voltooi.
Ander persone kan met die dissipel se toestemming geraadpleeg word om bepaalde informasie te verkry. Die versigtige neem en hersiening van notas en die waarneming van die dissipel se werklike gedrag tydens gesprekke, kan ook insiggewende informasie voorsien.
Informasie insameling vereis goeie luister- vaardighede (sien ook doelwit 4.4.3.g). Die geestelike groeileier moet onder andere luister na die dissipel se versoeke om hulp en redes waarom hulp nou nodig is, agtergrondgebeure, angs en stres, religieuse geloofsoortuigings, bygeloof, gedagtes rakende towery, self-praatjies, die manier waarop vrae gevra word (byvoorbeeld "Dink jy nie dat ...") en hoe vrae beantwoord word (byvoorbeeld "Ja, maar ..."), die dissipel se interpretasies, onderliggende veronderstellings en verduidelikings, veralgemenings, oordrywings, katastrofering en standhoudende temas.
Hy moet in elke stelling van die dissipel na drie elemente luister naamlik inhoud, emosie en bedoeling.
Daar is bepaalde aktiewe luisterpraktyke wat hy moet vermy. Die dissipel se probleem moet nooit as vervelig afgemaak word, ontken of negeer word nie. Hy moet daarteen waak om nie dit wat die dissipel sê soos 'n papegaai te herhaal, te oorinterpreteer, sy motiewe te beoordeel, af te dwaal, spesifieke reaksies voor te berei, vir hom in te voeg wat hy nie sê nie en saam te voeg wat hy nie saamvoeg nie.
Ingesamelde data moet Bybels georganiseer word. Die doel is Bybelse interpretasie. Dit beteken om 'n denkbeeld van die dissipel te vorm aan die hand van Bybelse temas, beginsels, kategorieë en leerstellings.
'n Geestelike groeileier kan nie 'n dissipel Bybels begelei en beraad van wie hy nie so 'n Bybelsgefundeerde denkbeeld gevorm het nie.
'n Eenvoudige Bybelse manier om sin uit die versamelde data te maak, kan aan die hand van 'n vierkant gedoen word. Die boonste horisontale lyn verteenwoordig die dissipel se situasie ("Wat gebeur?"), die regterkantste vertikale lyn verteenwoordig die dissipel se denkstruktuur ("Wat dink hy oor dit wat gebeur?"), die onderste horisontale lyn verteenwoordig die dissipel se hart ("Wat wil hy bereik uit of te midde van dit wat gebeur?") en die linkerkantste vertikale lyn verteenwoordig die dissipel se strategie ("Wat doen hy omtrent dit wat gebeur?").
As daar nou 'n lyn van die linker onderste hoek na die regter boonste hoek getrek word, verteenwoordig die linker gedeelte van die vierkant die dissipel se uiterlike mens en die vrugte van sy mens-wees, en die regter gedeelte die dissipel se innerlike mens en die wortels van sy menswees.
Die dissipel se situasie of die mense wat nie by julle is nie kan nie beraad word nie. Die vraag is waarom reageer die dissipel op die betrokke wyse teenoor die situasie waarin hy hom bevind en wat God toelaat, en watter nodige veranderings word Bybels aangedui.
Dit is nodig vir die geestelike groeileier om seker te maak dat sy begrip van die data waar is. Die dissipel kan gevra word om bepaalde terminologie wat deur hom gebruik is te definieer. Hy kan ook gevra word om verduidelikende voorbeelde te gebruik vir terme wat hy gebruik. Hy kan verder gevra word om die onderliggende logika agter sy opinies en gedrag te verduidelik.

5.7.1.g Verstaan hoe om iemand op 'n Bybelse wyse te konfronteer.

Kan jy as geestelike groeileier 'n dissipel op 'n Bybelse wyse konfronteer deur God se waarheid in liefde aan hom te kommunikeer en sodoende sy eie en God se agenda vir sy lewe bloot lê?
Die dissipel moet eerstens deur die geestelike groeileier daarvan bewus gemaak word dat hy 'n eie agenda het (waarskynlik teenoor die agenda wat God vir sy lewe het). Daarom sal hy byvoorbeeld by geleentheid vir berading en leiding na die geestelike groeileier kom, waartydens sy verwagtings ten opsigte van berading aan sy eie agenda sal voldoen. Sy gedrag tydens berading sal dan byvoorbeeld ook daarop gerig wees om sy agenda uit te voer. Hy sal ook 'n begeerte ervaar dat mense, situasies of gevoelens herstel moet word sonder dat hy sy agenda hoef te versaak.
Die dissipel kan bewus gemaak word van sy agenda deur die woorde, etikette en kategorieë wat hy gebruik aan hom voor te hou in 'n saamgevatte vorm. Dit kan die dissipel help om die agenda-implikasies van sy woorde in te sien. Die geestelike groeileier kan vrae vra wat die dissipel aanmoedig om oor die agenda implikasies van sy gedrag te praat. Hy kan hom help om gemotiveerd te dink en te praat. Hy kan hom bepaalde gevallestudies laat ondersoek en interpreteer wat kan help om die kwessies van sy eie hart te ontbloot. Die geestelike groeileier moet die dissipel se nie-verbale gedrag (veral sy emosionele gedrag) deurgaans fyn waarneem wanneer hy die dissipel help om bewus te raak van sy eie agenda. Eers dan kan hy sy interpretasie van die dissipel se agenda saamgevat aan hom voorhou en aan hom geleentheid vir terugvoer gee.
Die dissipel moet tweedens deur die geestelike groei-leier geleer word om God se agenda vir hom in sy betrokke situasie te verstaan (Josua 24:14-28). Hy moet geleer word watter veranderinge ooreenkomstig God se agenda gemaak sal moet word ten opsigte van sy denke, motiewe en gedrag. Omdat blywende verandering in die gedrag van die dissipel bepaal word deur die verandering wat in sy hart plaasvind, moet die geestelike groeileier nie net sy aandag by die gedrag (vrugte) -aspek van die dissipel se agenda bepaal nie, maar veral by die hart (wortels) -aspek daarvan.
Dit is wat Josua doen wanneer hy die volk Israel by Sigem konfronteer (Josua 24:14,15). Hy fokus die Woord van God soos 'n soeklig op die volk se hart (Josua 24:2), want die Woord van God ontbloot en beoordeel ons denke en motiewe wat soos vuil ou skatte in ons harte verskuil lê (Hebreërs 4:12,13).
Die dissipel moet dus God se spesifieke Bybelse roeping tot hom in sy besondere situasie verstaan, en tot die mense met wie hy in verhouding staan.
Die geestelike groeileier moet spesifieke agenda-veranderinge ten opsigte van die dissipel se denke, motiewe en gedrag konkreet en situasioneel vir hom uiteen sit. Hy moet met hom bespreek hoe hierdie veranderinge gemaak moet word. Nuwe gedrag, aksies, interaksie prosesse kan gerolspeel word. Die geestelike groeileier kan situasies verwant aan dié waarin die dissipel hom bevind aan hom voorhou en hom dit hardop Bybels laat deurdink. Hy kan hom ook 'n lys van doelwitte laat opstel vir die betrokke situasie (sien doelwit 5.7.1.h). Die belangrike is egter dat die dissipel verantwoordelikheid moet aanvaar om die kwessies in sy hart aan te spreek wat God se agenda vir sy lewe ondermyn.
Derdens moet die geestelike groeileier seker maak dat die dissipel God se agenda vir sy lewe verstaan en aanvaar as sy eie. Hy moet seker maak of die dissipel God se roeping in die Skrif geïnternaliseer het, soveel so dat dit die begeerte van sy hart geword het.
Die mate waarin God se agenda die begeerte van die dissipel se hart geword het, kan gepeil word volgens die graad van die dissipel se betrokkenheid by en entoesiasme oor God, die mate waarin hy bereid is om selfstudie en selfondersoek te doen, die mate waarin hy God se agenda prakties in sy alledaagse lewe toepas, die mate van geestelike insigte wat hy in ander lewensareas toon, die mate waarin hy God se agenda met ander deel en die mate waarin hy God opnuut dank en loof.
Vierdens moet die geestelike groeileier 'n appél op die dissipel maak om hom tot voortgesette verandering ooreenkomstig God se agenda te verbind. Die dissipel behoort hom (volgens 2 Timoteus 3:16,17) te verbind tot 'n Bybelse standaard (hy erken God se outoriteit om die lewe te regeer soos Hy goed dink, en om te bepaal wat reg en verkeerd in sy spesifieke situasie is, ten opsigte van sy begeertes, denke en dade); 'n Bybelse vergelyking (hy verbind hom tot voortgesette en eerlike selfondersoek in alle areas van sy lewe in die lig van die Woord, tot die aanvaarding van verantwoordelikheid vir sy dade, die belydenis van sy sonde en om nuwe Bybelse aksie in sy daaglikse program te implementeer); Bybelse korreksie (hy erken die voortgesette kragtige teenwoordigheid van God wat dit vir hom moontlik maak om gehoorsaam te wees, alle ander hulpbronne wat deur God verskaf word om hom te help namate hy verander, sowel as die spesifieke dinge in sy lewe wat versaak, oorgedoen, ontdaan en vervang moet word, en hy verbind hom tot die bereiking van konkrete doelwitte in elke area waar daar verandering nodig is); Bybelse herstel (hy erken sy behoefte aan die inkorporering en vestiging van nuwe gewoontes, en hy verbind hom daartoe om op 'n eerlike wyse sy versoekings en mislukkings aan te spreek en werk saam aan 'n versoekings/mislukkingsplan - sien doelwit 4.3.1.e).
Vyfdens moet die persoon se weiering of verwerping van God se agenda vir sy lewe geïdentifiseer en aangespreek word. Gereelde kansellasies van afsprake, in gebreke bly om ooreengekome tuiswerk te doen, afstandskepping, dreigemente, intimidasie, manipulering, op syspore neig en relativering is alles tekens daarvan dat die dissipel God se agenda vir sy lewe weier.
Die geestelike groeileier kan die dissipel se weiering van God se agenda aanspreek deur hom te ondervra en nie te beskuldig nie. Hy kan probeer om die rede vir weiering te verstaan byvoorbeeld vrees, misverstand, druk van buite, onderliggende kwessies. Hy kan die dissipel help om hierdie weiering te bely en om dit eerlik te hanteer. Hy behoort die gevolge van sy weiering met die dissipel te bespreek en Bybelse hoop aan hom te gee. 'n Appél kan op hulp van ander bronne gemaak word soos vriende, gesinslede, mede gelowiges en selfs kerkdissipline.

5.7.1.h Verstaan hoe om iemand te help om God se agenda toe te pas in sy spesifieke situasie.

Kan jy as geestelike groeileier iemand help om God se agenda toe te pas in sy spesifieke situasie?
Die geestelike groeileier kan aan die dissipel vra wat God van hom in sy spesifieke situasie verwag, wat hy aan niemand anders kan oorlaat nie; watter dinge hy aan God se beheer moet toevertrou; watter dinge roep God hom om te doen wat hy nie doen nie; watter tipiese dinge het hy voorheen gedoen wat hy nie meer moet doen nie; waar het hy God se werk probeer doen; waar het hy ander persone se werk probeer doen; is daar kwessies van die hart wat hy nog nie hanteer het nie, byvoorbeeld vrees, woede, bitterheid, twyfel, selfsug, eiegeregtigheid; het hy 'n Bybelse selfbeskouing (Romeine 6:1-14; Filippense 2:1,2; 2 Petrus 3:3-9).
Die geestelike groeileier kan ten opsigte van sy situasie by die dissipel aanbeveel om hom 'n situasie ten doel te stel wat in lyn is met God se plan vir hom en wat hom instaat sal stel om God se wil te doen. Om hom op hierdie doelstelling te fokus, kan gevra word watter dinge in sy konkrete situasie sal moet verander (byvoorbeeld verhoudings wat sal moet herstel word of wat gestaak sal moet word, verblyf-, werks-, kerk-, finansiële veranderinge).
Ten opsigte van sy denkstruktuur kan by die dissipel aanbeveel word om hom ten doel te stel om sy gedrag te vorm aan die hand van 'n standhoudende, praktiese Bybelse lewens-en wêreldbeskouing. Om hom op hierdie doelstelling te fokus kan gevra word watter onbybelse elemente daar in sy denke is wat hom tot verdere moeilikheid sal lei.
Die geestelike groeileier kan aanbeveel dat die dissipel hom ten doel kan stel dat sy hart deur God alleen regeer sal word en dat hy dít sal begeer wat God vir hom in sy situasie wil. Hy kan op hierdie doelstelling gefokus word deur aan hom te vra of daar spore van afgodsdiens, onbybelse doelstellings, -houdings, -waardes of -motiewe in sy hart verskuil lê.
Die geestelike groeileier kan by die dissipel aanbeveel om homself ten doel te stel om altyd prakties, funksioneel en op 'n Godverheerlikende wyse op te tree in verhoudings en alledaagse situasies. Hy kan op hierdie doelstelling gefokus word deur aan hom te vra of hy verbind is tot die proses waarin sekere dinge in sy menswees afgestel en ander dinge ingestel sal moet word om aan te pas by God se plan.
Die geestelike groeileier kan die dissipel aan die hand van doelwit 4.3.1.e en 5.8.1.g help om 'n aksieplan op te stel vir die bereiking van die bogenoemde doelwitte en hom daarna begelei in die bereiking daarvan.

5.7.2 Gesindheidsdoelstellings:

5.7.2.a Erken dat die bediening waartoe God jou geroep het dikwels harde werk behels, maar is toenemend gewillig om op te offer en ontberings te verduur en selfs gevaar te trotseer ter wille van die eer van God.

Erken dat die bediening waartoe God jou geroep het dikwels harde werk, opoffering en selfs ontbering meebring. Moet nie moedeloos word nie. Gaan gewillig daarmee voort in die krag van die Heilige Gees. Bid Romeine 8:18-30 en 2 Korintiërs 4 en 5 deur en pleit by God dat Hy jou toenemend gewillig sal maak om met hierdie bediening voort te gaan en om selfs gevaar te trotseer ter wille van sy eer.

5.7.2.b Die liefde van Christus dring jou altyd meer tot getroue uitvoering van die bediening waartoe God jou geroep het.

Lees 2 Korintiërs 4 en 5 deur en onderstreep hoofstuk 5 vers 14 en 15. Bid tot God dat Hy jou altyd meer deur sy liefde sal dwing om met die bediening waartoe jy geroep is voort te gaan.

5.7.2.c Daar brand 'n groeiende begeerte in jou om ander te motiveer om gelykvormig te word aan die beeld van Christus.

Bid van tyd tot tyd en smeek God om 'n groeiende begeerte in jou eie hart te laat brand om ander te motiveer om gelykvormig te word aan die beeld van Christus.

5.7.2.d Begeer toenemend om persoonlike dissipelmakers op te lei.

Lees weer Matteus 28:16-20 deur. Kyk ook weer na die inhoud van doelwit 5.7.1.b en bid tot God om hierdie begeerte toenemend by jou te versterk.

5.7.3 Aktiwiteitsdoelstellings:

5.7.3.a Leef altyd meer as 'n toonbeeld van Christelike gedrag wat navolgingswaardig is.

Maak 'n studie van Paulus se oproepe om sy voorbeeld te volg, en gaan moedig saam met Paulus en ander gelowiges voort om in die spore van Christus te volg. Let voortdurend op jou gedrag en maak seker dat dit 'n toonbeeld van Christelike gedrag is en navolgingswaardig is.

5.7.3.b Is altyd meer aktief betrokke in die bediening waartoe God jou geroep en toegerus het.

Wees altyd meer aktief betrokke in die bediening waartoe God jou geroep en toegerus het. Wees geïnteresseerd daarin. Praat met Christenvriende oor die vreugdes en hartseer van jou bediening. Onderrig ander op 'n toenemend bekwame wyse, vriendelik en sonder argumentering in die waarheid van God, sodat jou bediening daarvan sal spreek dat jy met die Heilige Gees vervul is en deur Hom regeer, gelei en toegerus word (Efesiërs 5:18; 1 Timoteus 3:2; 2 Timoteus 2:24-26; Titus 1:9).

5.7.3.c Vergestalt altyd meer vrugte van die Heilige Gees in jou bediening aan ander.

Maak seker dat die Heilige Gees jou lewe beheer, en bid voortdurend dat die Gees sy vrugte altyd meer in jou persoonlikheid sal laat groei en in jou bediening aan ander sal vergestalt.

5.7.3.d Lei persoonlike dissipelmakers steeds meer effektief op.

Bly altyd groei in jou kundigheid, vaardigheid en afhanklikheid van God, sodat jy persoonlike dissipelmakers altyd meer effektief sal kan oplei (sien doelwit 5.7.1.b) as diensknegte van die lewende Here (byvoorbeeld die lede van jou Bybelstudiegroep of geestelike groeigroep).


5.8 GROEIAREA: LEEFWêRELD

INHOUD

5.8.1 Kennisdoelstellings:
a. Ken die filosofie van Kommunisme deeglik.
b. Ken die filosofie van Kapitalisme deeglik.
c. Ken die filosofie van die Nuwe Era deeglik.
d. Ken die filosofie van die Nuwe Wêreldorde.
e. Verstaan hoedat die bogenoemde ideologieë die behoud en verspeiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus beïnvloed.
f. Weet hoe om 'n strategiese beplanningsoefening te fasiliteer.
g. Weet hoe om 'n projek te beplan en te bestuur.

5.8.2 Gesindheidsdoelstelling:
a. Begeer om God se doel met jou lewe altyd meer uit te leef en om jou persoonlike rol te speel in die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus.

5.8.3 Aktiwiteitsdoelstellings:
a. Neem toenemend leiding in projekte wat gerig is op die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus deur die aktivering van die Christen gemeenskap.
b. Leef toenemend volgens 'n doelgerigte lewensplan waarin die wil van God vir jou lewe vervat is, en waarin jou geestelike groei gedissiplineer word.
c. Tree toenemend en meer effektief as 'n agent van versoening op.

5.8.1 Kennisdoelstellings:

5.8.1.a Ken die filosofie van Kommunisme deeglik.

Ons vind dat navolgers van Marx, situasies soos Marx en sy opvolgers benader, in hul soeke na oplossings vir die bestaande probleme in die wêreld. Die oplossing deur die navolgers van Marx aangebied, beïnvloed die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus drasties. Dit is daarom belangrik dat ons, vir wie die Evangelie belangrik is, Marx en sy opvolgers se siening van en benadering tot die situasie goed sal begryp.

Ortodokse Marxisme:
Agtergrond van Karl Marx (1818 - 1883):

Karl Marx word gebore (1818) in Trier, Wes-Duitsland, as die oudste seun van 'n welvarende Joodse middelklas gesin. Sy vader, 'n regsgeleerde, word om besigheidsredes 'n "Christen". Sy moeder, 'n streng ortodokse Jodin, onterf Karl wanneer hy homself 'n ateïs verklaar.
Hy studeer aan die Universiteite van Bonn en Berlyn en kom sterk onder die invloed van onder andere die filosowe Feuerbach en Hegel. Hy behaal sy doktorsgraad in filosofie.
In 1842 word Marx die redakteur van 'n radikale koerant wat in 1843 deur die regering verbied word. Hy vertrek na Parys waar hy in 1844 vir Frederich Engels ontmoet. Tussen 1844 en 1848 word Marx uit verskeie Europese lande gesit. Vanaf 1849 tot aan die einde van sy lewe bly Marx in Engeland. Hy sterf in 1883 as 'n arm man.

Industriële Revolusie:
Oorspronklik het die grootste gedeelte van die Europese bevolking op die platteland gebly. Hier het gesinne hulself besig gehou deur verskillende artikels te vervaardig wat hulle van tyd tot tyd in die dorpe gaan verkoop het.
In 1750 ontwikkel James Watt die stoomenjin. Dit was toe moontlik om met behulp van hierdie kragbron, masjiene aan te dryf wat voorheen deur mense self aangedryf moes word. Hierdie selfaangedrewe masjiene kon gouer, meer en goedkoper artikels vervaardig as voorheen.
Oornag ontstaan fabrieke. Miljoene plattelanders trek dorpe toe omdat hulle nie meer 'n bestaan op die platteland kon maak nie. Dorpe word groot stede - sonder voldoende behuising, sanitasie, of werksgeleenthede. Daar het geen wette, wat werkers beskerm, bestaan nie.
Werkers word onderbetaal en uitgebuit. Onmenslik ongesonde toestande heers in myne en fabrieke. Veral vroue en kinders word in diens geneem as goedkoop arbeid. Gesinslewe disintegreer. Die ondraaglike situasie gee aanleiding tot opstande in 1821 en 1830.
In 1848 vra die Internasionale Sosialistiese liga Marx om 'n opstel te skryf oor die ideologie van die dreigende rewolusie. Hierdie dokument noem hy sy Kommunistiese Manifes.
Marx maak 'n analise van die situasie, ten einde die oorsaak tot die probleem te identifiseer. Hy probeer vanuit hierdie analise voorspel waartoe die probleemsituasie onvermydelik sal lei.
Uit Marx se analise vloei 'n aantal teorieë voort met die volgende vier hoofelemente: Dialektiese Materialisme, Ekonomiese Determinisme, Sosiale Analise en die Klassestryd.

Dialektiese Materialisme:
Hierdie term is saamgestel uit twee woorde: Dialektiek en Materialisme.
Feuerbach is die vader van die Materialisme. Die basiese konsep van materialisme is dat net materie bestaan. Uit hierdie voorveronderstelling lei Feuerbach die volgende af: God bestaan nie. God is geskape deur die mens, na die beeld van die mens. Daar bestaan geen ander lewe as net hierdie lewe nie. Mens is net 'n materiële wese. Alles draai om die materiële behoeftes van die mens. Godsdiens is die vervulling van die behoeftes van die mens in die vorm van verbeelding.
Hegel is die vader van die Dialektiek. Die basiese konsep van Dialektiek is dat botsing vooruitgang (progressie) ten gevolg het. Uit hierdie voorveronderstelling, lei Hegel die volgende af: Denkontwikkeling vind altyd plaas as gevolg van 'n botsing tussen twee teenoorgestelde idees. Uit die een idee (stelling/tese) ontwikkel 'n ander idee (teenstelling/ anti-tese). Die botsing tussen hierdie twee teenstellende idees, gee aanleiding tot die ontstaan van 'n nuwe idee (samestelling/ sintese). Die samestelling/sintese bevat al die elemente van waarheid wat daar in die stelling/tese en teenstelling/anti-tese teenwoordig was. Die samestelling/ sintese is dus 'n hoër idee, nader aan die volle waarheid.
In sy Dialektiese Materialisme voeg Marx dus die twee konsepte saam: die botsing tussen materiële teenstellings (byvoorbeeld twee samelewings-klasse) het vooruitgang ten gevolg.

Ekonomiese Determinisme:
Marx beweer dat die ekonomie die denke en handelinge van die mens bepaal. Die hele samelewingstruktuur is dus op 'n ekonomiese struktuur gebou. Hierdie ekonomiese struktuur bepaal die samelewing.

Marx se Sosiale Analise:
Alle gemeenskappe wat op 'n kapitalistiese ekonomiese struktuur gebou is, word deur Marx in slegs twee groepe/klasse verdeel, naamlik die Onderdrukkers en die Onderdruktes, wat in 'n voortdurende stryd gewikkel is as gevolg van hul botsende belange.
Onderdrukkers: Marx noem hulle die "bourgeoisie". Hulle is, volgens hom, die regerende klas wat die produksiemiddele besit en betaalde werkers in diens het. Hulle is kapitaliste en beheer die staatsisteem met die uitsluitlike doel om hul eie belange te beskerm ten koste van hul werkers. Hulle is die slegte mense en kan niks goeds doen nie, behalwe om die mag onvoorwaardelik aan die werkers te oorhandig.
Onderdruktes: Hulle word ook die "proletariaat", "volk", "massas" en "meerderheid" genoem. Volgens Marx produseer hulle die rykdom wat deur die kapitaliste geniet word. In werklikheid behoort die rykdom dus aan hulle, sê hy. Dit is egter van hulle gesteel en dit is hulle reg om dit terug te eis. Hulle is die goeie mense. Niks wat hulle doen is verkeerd nie, omdat hulle regverdige saak enige middel wat hulle gebruik regverdig.

Marx en die opkomende middelklas:
Marx noem hierdie groep die "petty bourgeoisie". Die skeidslyn tussen die onderdrukker en die onderdrukte word deur hierdie middelgroep vertroebel. Marx stel hulle voor as lede van die onderdrukte werkersklas wat deur die bose kapitaliste met voorregte, gunste en gawes omgekoop is om by hulle aan te sluit. Dit word gedoen sodat die onderdrukkers hulle kan gebruik om die onderdruktes te beheer. Volgens Marx heul hulle dus met die vyand, is verraaiers van hul eie klas en verdien om verag, gehaat en selfs gedood te word.
Marx ignoreer gerieflikheidshalwe die ontwikkelingsproses wat werklik tot die middelklas aanleiding gee. Volgens Marx wil die bourgeoisie sy rykdom behou en vermeerder en wil die proletariaat in hierdie rykdom deel.
Hy het beweer dat daar twee dinge in samelewings, wat op 'n kapitalistiese ekonomiese struktuur gebou is, sou gebeur: As gevolg van kompetisie sou die "bourgeoisie" jaar na jaar ryker en minder word, en sou die "proletariaat" armer en meer word. Daar sou dus jaar na jaar meer werklose en honger mense wees, wat politieke- en ekonomiese probleme sou vergroot. Hierdie proses sou voortgaan totdat die kapitalistiese ekonomiese struktuur in duie stort en die massas die regering omverwerp (beslissende uur).
• Wanneer die klassestryd die beslissende uur nader, sal 'n klein gedeelte van die heersende klas hulself losmaak en by die proletariaat/revolusionêre klas aansluit. Hulle sal dit doen omdat, volgens hulle, die rewolusionêres die toekoms in hul hande hou.

Marxistiese Toekomsvisie:
Volgens Marx word die rewolusie opgevolg deur ontwikkelingstadiums op weg na kommunisme. In sy boek, "Das Kapital", noem Marx die eerste stadium die diktatorskap van die proletariaat. (Lenin interpreteer hierdie uitspraak as 'n diktatorskap oor die proletariaat deur 'n leiersgroep).
Tydens hierdie stadium word maatreëls deur die diktatorskap ingestel ten einde die kapitalistiese ekonomiese stelsel (waarop die vorige samelewingstelsel gebou is) te vernietig: Afskaffing van reg tot privaat eiendom; instelling van swaar inkomstebelasting; afskaffing van reg om te erf; konfiskering van die eiendom van emigrante en rebelle; sentralisering van alle krediet, kommunikasiemedia en transport in die hande van die staat; eliminering van onderlinge privaat kompetisie; daarstelling van industrieële leers vir landbou doeleindes.
Volgens Marx sou hierdie maatreëls tot die volgende aanleiding gee: Verdwyning van klasseverskille, omdat die verskil tussen ryk en arm uitgewis sou wees; verdwyning van inter-menslike konflik, aangesien die moontlikheid tot uitbuiting van een klas deur 'n ander klas uit die weg geruim sou wees; verhoogde produksie, want mense sal soos broers en susters (broederskap van die proletariaat) werk omdat hulle dit geniet en nie omdat hulle soos voorheen gedwing word nie.
Die tweede ontwikkelingstadium van die samelewing na die revolusie word binne gegaan wanneer in die sosiale- en ekonomiese behoeftes van elkeen voorsien word, en alles so vlot verloop dat 'n regering nie meer nodig is nie - 'n demokratiese utopia. In hierdie stadium breek volle kommunisme dus aan.
Marx het verwag dat kommunisme in elke land in die wêreld aanvaar sou word en dat nasionale grense dan oorbodig sou wees. Uiteindelik sou die totale wêreld 'n sosialistiese broederskap of utopia wees.

Konklusie:
Self het Marx dus geen bydrae gemaak ten opsigte van die oplossing van die ekonomiese probleme van die massas nie. Hy het slegs 'n teorie bygedra. Na Marx se dood het verskeie denkskole uit Ortodokse Marxisme voortgekom:

Ortodokse Sosialisme:
Hierdie skool is gelei deur Engels en na sy dood deur Karl Kautsky (1854 - 1938). Die volgelinge van hierdie skool het enige verandering in Marx se teorie teengestaan. Hulle het geweier om die huidige sisteem te help hervorm aangesien dit slegs die aanbreek van die finale revolusie sou vertraag.

Revisionisme:
Eduard Bernstein (1850 - 1932) het gevoel dat dit moontlik is om die samelewing te hervorm deur middel van vreedsame, parlementêre aksie. In sy boek "Evolutionary Socialism", (1901) bewys hy statisties dat die proletariaat nie met verloop van tyd meer en armer word nie, maar dat hulle geleenthede tot effektiewe parlementêre aksie stelselmatig verbeter het.

Marxisme-Leninisme:
Aan die begin van die 19de eeu was Rusland die mees gunstige teelaarde vir Marxisme in Europa. Dit was ekonomies agter die belangrikste Europese lande, met die hoogste ongeletterdheid-syfer en hoogste graad van sosiale ongelykheid. Dit was ook die mees outokratiese staat in Europa, onder leiding van die Tsaar. Weinig regeringskritiek is toegelaat. Veertig persent van die staatsdiens-amptenare was Polisiemanne. 'n Sterk geheimepolisiemag het onafhanklik en sonder regeringsinmenging geopereer.
Dit is interessant om daarop te let dat die geheime polisie 'n belangrike kenmerk geword het van die post-rewolusionêre fase in Rusland onder die volgende name: Cheka (1917 - 1922); GPU (1922 - 1934); OGPU (1923 - 1934); NKVD (1934 - 1938); NKVD/NKGB (1938 -1945); MVD/MGB (1945 - 1954); KGB (1954 - 1991).
"Das Kapital" van Marx was eerste in Russies vertaal. In 1883 is die eerste Russiese Marxistiese organisasie gestig deur Georgi Plekhanov.

Agtergrond van Lenin (1870 - 1924):
Vladimir Illyich Ulyanov (Lenin) se vader en moeder was beide onderwysers. Sy oudste broer, Alexander, 'n lid van 'n terroriste organisasie (People's Will - Narodnaia Volia) neem deel aan 'n sluipmoord sameswering teen Tsaar Alexander III, en word op 19 jarige ouderdom gehang. Hy gaan skool in Simbrisk en gradueer as regsgeleerde aan die Universiteit van Kazan.
Lenin word 'n Marxis in sy twintiger jare. Hy besoek Plekhanov tydens sy ballingskap in Geneve in 1895. Met sy terugkeer na Rusland word hy in St Petersburg gearresteer en daar spandeer hy 14 maande in die tronk, waarvandaan hy met sy rewolusionêre bedrywighede voortgaan.
In Januarie 1897 word hy vir 3 jaar na Siberië gestuur, waar hy sy rewolusionêre studies en aktiwiteite voortsit. In 1900 word hy vrygelaat en spandeer die volgende 17 jaar in verskeie Europese lande, van waar hy die rewolusionêre beweging organiseer, wat in 1917 kulmineer in magsoorname in die lente van 1917, deur die Kerensky regering. Binne 7 maande werp hy die Kerensky regering omvêr.

Lenin se Rewolusionêre Strategie:
Lenin gaan van die standpunt uit dat 'n rewolusie nie sal plaasvind indien dit nie georganiseer word nie. Die rewolusie moet gemaak word. Lenin se rewolusionêre bydrae kan verdeel word in drie afdelings: Organiseringstegnieke, mobilisasie, rewolusionêre magsoorname.
In Lenin se tyd het daar twee benaderings tot rewolusie bestaan, naamlik die Anargistiese benadering en die Massa-Party benadering.

Anargistiese benadering:
Die rewolusionêre klas gaan deur verskillende ervarings en leer spontaan hoe om hulself effektief genoeg te organiseer om die bestaande sisteem omver te werp.
Waar hierdie benadering gevolg word, word plaaslike, outonome/onafhanklike groepe gevind, elk met sy eie oriëntasie, dog almal besig met rewolusionêre aktiwiteite. Lidmaatskap is oop vir almal wat hul algemene pragmatiese beginsels onderskryf en gewillig is om in te skakel. Dissipline is persoonlik. Daar bestaan 'n uitruiling van informasie en koördinering, maar geen hiërargie of dissipline nie.

Massa-Party benadering:
Hierdie benadering besit die volgende kenmerke: Klem op die politieke party as die sentrale fokus van rewolusionêre organisering; daarstelling van 'n netwerk "auxiliary"-, ondersteunings-, ekonomiese- en sosiale organisasies rondom die sentrale organisasie; 'n breë politieke program wat deur lede gevolg word; algemene onderskrywing van die party se program is genoeg om te kwalifiseer as lid; redelike mate van sentrale kontrole; redelike mate van plaaslike outonomie; aanmoediging van breë inisiatiewe en volskaalse betrokkenheid in aksie.
Die algemene idee is om soveel moontlik mense op 'n deeltydse basis, volgens hul belangstellings, te betrek en hulle dan gedurig by politieke aksie te betrek.

Lenin se Voorhoede-Party benadering:
Hy het daarop aangedring dat alle rewolusionêres 'n sentrale politieke organisasie moes vorm wat sy aandag aan een saak naamlik om die regering te beveg, gee.
So 'n verenigde, georganiseerde party sou die fokus van rewolusionêre werk van 'n plaaslike na 'n sosiale vlak verskuif. So 'n organisasie sou elke werkersklas opstand ondersteun en gebruik om die opstandiges tot 'n vegtende mag te konsolideer vir die beslissende slag.
Die rewolusionêre organisasie moet saamgestel wees uit opgeleide rewolusionêres. Lenin maak dus 'n onderskeid tussen professionele rewolusionêres en hulle wat van tyd tot tyd aan rewolusionêre aktiwiteite deelneem.
Hy beskou rewolusie-daarstelling as 'n ernstige besigheid, wat op 'n voltydse basis bedryf word. Hy gaan van die veronderstelling uit dat daar nooit 'n spontane omverwerping van die kapitalistiese orde moontlik is nie.
Hieruit volg sy vereiste dat streng seleksie van partylede essensieel is. Hy glo dat 'n sosialistiese rewolusie die produk van jare se swaar stryd is. Hy glo nie dat hervorming 'n geleidelike disintegrasie van kapitalisme en 'n geleidelike oorgang tot sosialisme ten gevolg sal hê nie.
Volgens Lenin is daar objektiewe- en subjektiewe faktore wat beide gunstig moet wees voor 'n werkersklas rewolusie kan ontstaan.
Objektiewe faktore: Hierdie faktore behels faktore soos ekonomiese krisisse, oorloë en depressies ensovoort.
Subjektiewe faktore: Hierdie faktore behels die staat van bewussyn van die proletariaat - die mate waarin die massas bewus is dat hulle ly en onderdruk word. Die massas moet hiervan bewus gemaak word (politieke bewussyn). Die massas is, volgens Lenin, aan die slaap. Die taak van rewolusionêres is om die proletariaat bewus te maak - wakker te maak: "socialist consciousness is something introduced into the proletarian class struggle from without, and not something that arose within it spontaneously"

Party dissipline en lidmaatskap:
In 1903 word 'n kongres van die Russiese Sosiaal Demokratiese Arbeidersparty in Londen gehou. Lenin woon die kongres by met definitiewe idees omtrent die tipe organisasie wat nodig was om sy kunsmatige rewolusie daar te stel.
Die kongres aanvaar sy mosie naamlik dat die party aan die volgende vereistes moet voldoen: Die party moet op militêre wyse georganiseer wees. Dit moet bestaan uit professionele rewolusionêres. Die lede moet onderwerp wees aan maksimum dissipline en indoktrinasie. Die lede moet totaal gehoorsaam en toegewy wees, en werk met een wil en doel. Lede word eers aanvaar indien hulle in 'n gedissiplineerde hoedanigheid in een van die party organisasies gedien het (die party het gewerk deur 'n menigte plaaslike organisasies in gemeenskappe, fabrieke, militêre magte ensovoort). Hy moes dus eers by een van die werkende eenhede van die party inskakel en homself bewys voordat hy as lid aanvaar kon word.
Die Russiese woord vir "meerderheid" is "bolshevik" en die woord vir minderheid is "menshevik". Die volgelinge van Lenin wat sy mosie ondersteun het, het as die Bolsheviste bekend gestaan, en die volgelinge van Martov, wat sy mosie teengestaan het, het as die Mensheviste bekend gestaan.
In 1917 breek die Bolsheviste finaal weg van die Russiese Sosiaal Demokratiese Arbeidersparty, en vorm die Kommunistiese party van Rusland. Uit hierdie Party het die totale Wêreld Kommunistiese beweging gegroei. Rewolusionêre intellektuele het die nuwe rekrute opgelei in die sosialistiese teorie. Hulle sou 'n "cadre" van rewolusio-nêres vorm wat dag tot dag taktiek kon bepaal en die proletariaat lei in aksies gebaseer op hierdie taktiek.
Lenin formuleer die konsep van geheimhouding. Dit was essensieel vir die funksionering van die voorhoede ("vanguard"), aangesien die regering nie kritiek verdra het nie. Hierdie konsep lei dus tot die ontwikkeling van klein klandestine selle, elk met 'n beperkte kennis van die lidmaatskap en aktiwiteite van ander selle.
Die Party organisering was dus gebaseer op 'n hiërargie van selle. Elke plaaslike sel is verteenwoordig deur 'n lid by die sel op 'n hoër hiërargiese vlak. Elke lid van 'n hoër sel is slegs deur die lede van daardie sel geken. Dit was dus moeilik om die georganiseerde netwerk in die Party te ontdek.
Intermediêre organisasies is "front groepe" wat vir spesifieke doeleindes daargestel word, byvoorbeeld studiegroepe met die doel om rekrute te toets. Dit mag ook bestaande organisasies wees met soortgelyke opinies as die van die voorhoede party.
Massa organisasies is organisasies met groot ledetalle, en waarvan die aktiwiteite die massas kan mobiliseer. Lede van die voorhoede is aktief in die Party, intermediêre- en massa organisasies. Potensiële rekrute word aangemoedig om hulle meer tot die werk van intermediêre organisasies te verbind. Hier word hulle verder, in kleiner verhoudings, getoets, voor inkorporering in die Party.
Een van die tradisionele metodes wat Lenin voorgestaan het was om beheer oor Vakbonde te verkry, ten einde hulle te gebruik as frontorganisasies. Dit is gedoen deur die Vakbonde te infiltreer en bestuursposisies daarin te verkry. Daar moes dan 'n industriële staking uitgeroep word. So 'n industriële staking moet oorgaan in 'n politieke staking, daarna 'n algemene staking, gevolg deur 'n rewolusionêre staking wat lei tot gewapende opstand en die oorname van mag.
Infiltrasie het geskied deurdat Partylede hulle in posisies moes in werk, inlieg, inkoop, ensovoort - wettig of onwettig. Dit was essensieel om in die Vakbonde in te kom, en daarin te bly, en om Kommunistiese werk daarin te doen, teen alle koste.
'n Ander metode was om 'n kwessie ("issue") te identifiseer wat belangrik was vir 'n groot aantal mense. Daar is dan op hierdie kwessie gefokus en 'n massa mense rondom die kwessie vergader. Hierdie mense is dan subtiel in die rigting van Kommunisme gelei.
'n Kommunistiese frontorganisasie word as volg georganiseer: Die Kommunistiese party is nooit volledig bogronds nie - selfs nie in lande waar die Party wettig is nie. Selfs hier staan die wettige Party onder die beheer van die onwettige Party. Die beheersegment van die Party is altyd ondergronds.
In frontorganisasies vorm lede van die Party 'n klein sentrale kern. Hulle is georganiseerd, gedissiplineerd, het een strewe en is toegewyd aan een doel.
Rondom die sentrale kern is daar 'n groep meelopers ("fellow-travellors"). Hulle aanvaar die Kommunistiese filosofie en doelstellings, organisasie en taktiek, maar het hulself, om persoonlike redes, nie aan totale Partydissipline onderwerp nie.
Rondom die groep meelopers, is daar 'n groep simpatiseerders. Hulle het simpatie met die Kommunistiese Party en aanvaar dat die Party oor die algemeen baie goeie dinge bereik het, maar het bepaalde voorbehoude ten opsigte van sekere aspekte van die Party.
Rondom die groep simpatiseerders, is daar 'n groep neo-liberaliste. Hulle propageer die idees van neo-liberalisme, aanvaar nie Kommunisme nie, maar keur ook nie enige vorm van beperking of sensorskap goed nie. In die naam van vryheid van spraak, moet daar op professionele en akademiese vlak, kontak gehou word met Kommuniste.
Die daarsteling van 'n frontorganisasie geskied as volg: Lede van die Kommunistiese Party kry opdrag om 'n frontorganisasie daar te stel. Hulle betrek 'n paar meelopers. Gesamentlik bepaal hulle die aard van die organisasie. Doelstellings word geformuleer, uitvoerende beamptes word geselekteer. Daarna word slagspreuke vir die werwing van mense geformuleer. Nou nader die meelopers die simpatiseerders, met die versekering dat hulle nie kommuniste is nie. Hulle skets die op-die-oog-af anti-kommunistiese doelstelling aan die simpatiseerders en oortuig hulle tot deelname. Die simpatiseerder nader die neo-liberaal en oortuig hom tot deelname. Hy sou nie met 'n kommunistiese plan meewerk nie. Hy weet dat die simpatiseerder sommige radikale idees het, maar is vrydenkend en hou dit nie teen hom nie. Hy hou van die idee van die organisasie en word 'n voorspraakmaker vir die organisasie. Hy nader die patriotiese besigheidsman wat die fondse verskaf - vir wat hy dink 'n anti-kommunistiese doelstelling is. Briefhoofde word daargestel, 'n skakel afdeling word daargestel en die Kommunistiese frontorganisasie kom in werking. Oppervlakkig blyk dit die werk van besigheidsmanne, wetenskaplikes, opvoedkundiges en ander persone van aansien te wees.
Daar is twee redes vir die daarstelling van frontorganisasies: Waar die Kommunistiese Party verban is, is werk deur middel van hierdie organisasies gedoen. Waar die massas nie gehoor aan die Kommunistiese Party gee nie, werk hulle onder die meer aanvaarbare vaandel van 'n frontorganisasie.

Realiteite ten opsigte van Kommunisme:
Die leuenagtige karakter van Kommunisme word duidelik weerspieël in die volgende vergelyking: Die belofte word gemaak van wêreldvrede. Die werklikheid is egter die ideaal van wêreldoorheersing, want in Kommunisme is die maksimum mag oor ekonomie en individu gesetel. Die belofte word gemaak van vrede, geregtigheid en vryheid. Die werklikheid is egter 'n diktatuur oor die prolitariaat. Die belofte word gemaak van klasloosheid in die samelewing. Die werkliheid is egter twee klasse naamlik die Kommunistiese Party versus hulle wat nie aan die Party behoort nie. Die belofte word gemaak van verlossing van onderdrukking. Die werkliheid is egter die onderdrukking van nie-Party lede deur die Party. Die belofte word gemaak van godsdiensvryheid. Die werklikheid is egter dat geen godsdienstige "propaganda" verdra word nie en dat Ateïstiese propaganda aktief deur die Party bedryf word. Die belofte is die verlossing van kolonialisme. Die werklikheid is egter Kommunistiese imperialistiese kolonialisme. Die belofte word gemaak van die verlossing van kapitalisme. Die werklikheid is egter staatskapitalisme. Sosialisme is nie 'n menslike sisteem vir die herverdeling van rykdom nie, maar vir die sentralisering en beheer daarvan. Die uiteindelike doel daarvan is beheer oor die produseerders van rykdom. Die belofte is ekonomiese voorspoed, maar die werklikheid is armoede vir nie-Partylede. Die belofte is 'n nuwe mens, wat werk volgens sy vermoë en verbruik volgens sy behoefte. Die werklikheid is egter 'n verslaafde mens wat werk volgens opdrag, en verbruik volgens toebedeling deur die staat.

5.8.1.b Ken die filosofie van Kapitalisme deeglik.

Kapitalisme word dikwels teenoor Kommunisme gestel, asof laasgenoemde volledig sleg en eersgenoemde volledig goed is. Daar moet egter onthou word dat Kommunisme (kapitaalgoedere behoort aan die staat en word deur die staat beheer), Fascisme (kapitaalgoedere is in privaatbesit maar word beheer deur die staat) en die Vrye Mark sisteem (kapitaalgoedere is in besit van die privaatsektor en word beheer deur die privaatsektor) almal tipes Kapitalisme is waarin kapitaalgoedere gebruik word om verbruikersgoedere te produseer.

Opkoms van Kapitalisme:
Ons lees reeds in die Ou Testament hoedat daar handel gedryf is met handelsware.

Feudale stelsel:
Plus minus 900 - 1000 n.C. vind ons dat Europa regeer word deur landhere en konings. Die mense wat onder hul heerskappy geleef het, het hul lande bewerk. Die landheer het na hierdie mense se veiligheid en beskerming omgesien. Hy het grond vir persoonlike gebruik aan hulle toegeken. Die landheer se gesag is as God-gegewe beskou en aanvaar. Geld en winkels was baie skaars. Ruilhandel het hoofsaaklik plaasgevind.
Mense was dus nie in diens geneem nie. Hulle het meegewerk in 'n sisteem van wedersydse dienste. Die edelmanne (landhere, konings en prinse) het veiligheid en publieke administrasie verskaf. Die geestelikes het omgesien na die geestelike, opvoedkundige en mediese behoeftes van die mense. Die ander mense het die materiële goedere verskaf aan die gemeenskap. Hierdie situasie het met die koms van handelaars verander. Mense met inisiatief en moed het goedere beskikbaar begin maak vir ander in winkels. Mense van naburige omgewings het daar kom koop. Oor lang afstande het ruilhandel onprakties geword en het geld 'n groter rol begin speel.
Omdat die handelaar moes werk om die goedere beskikbaar te maak, het hy dit met profyt verkoop. Hy moes ook die risiko van verlies loop. Handelaars het onafhanklik van die landbou geword, en 'n spesiale groep gevorm. Hulle het saam in dorpe begin woon, versterk teen die vyand. So 'n versterkte dorp was baie soos die fort of "burg" van die landhere. Inwoners van so 'n handelsdorpie het hulself dus "burgers" of "bourgeois" genoem.
Hierdie "bourgeois" dorpies het dus onafhanklik van die landhere geword en hulself direk onder die heerskappy van die koning geplaas.
Die handelaars het oor 'n tydperk van plus minus 800 jaar vanaf uitgeworpenes tot die heersersklas ontwikkel. Mense het bewus geraak van hul individuele moontlikhede. Privaat eiendom het 'n persoonlike reg geword. Grensdrade is rondom privaatgrond gespan. Werkers is in diens geneem en het 'n loon vir hul dienste ontvang.
Die handelaars-bourgeoisie het vryheid as 'n ideaal ontwikkel. Vryheid in ekonomiese aktiwiteite, vryheid om eiendom te besit en vryheid van geloof. Hierdie bourgeois-mentaliteit het individualisme ontwikkel. Daar is bewys dat die individu 'n beter lewenskwaliteit kan ontwikkel deur middel van sy eie pogings eerder as deur gesamentlike pogings. Teen die 18de eeu het kapitalisme homself as 'n ekonomiese sisteem/stelsel gevestig.

Industriële Kapitalisme:
Daar word na die tydperk in die ekonomiese geskiedenis tydens die Industriële Rewolusie (1800) verwys as industriële kapitalisme. In hierdie tyd het persone wat genoeg geld/kapitaal beskikbaar gehad het om masjienerie te koop, in fabriekseienaars ontwikkel.
'n Fabriekeienaar kon werkers huur om goedere vir hom te produseer. Hy kon die goedere teen profyt verkoop. Hy kon van die profyt terugploeg in die fabriek en sodoende meer werksgeleentheid skep. Hy het alle inisiatief geneem en alle risiko's gedra.

Liberale (Laissez Faire) Kapitalisme:
"Liassez faire" beteken "laat hulle dit alleen doen". Regerings het fabriekseienaars in die 19de eeu toegelaat om alleen en onafhanklik te besluit oor lone, afdankings, veiligheidsmaatreëls op werkpersele, werksvoordele, ensovoort. Begrippe soos winsmaking, vrye onderneming, vraag en aanbod, privaat eienaarskap, kompetisie ensovoort, vorm die basiese elemente van Liberale Kapitalisme.
Die Liberale Kapitalis glo in winsmaking/profyt as die oorheersende motief in besigheid en dat dit alleen mense aanmoedig om hulleself te ontwikkel. Wins is dus die dryfveer agter selfontwikkeling. Profyt maak mense geïnteresseerd in hulle werk. Dit stimuleer inisiatief, harde werk, bereidheid om rissiko's te waag. Dit dra dus by tot effektiwiteit en produktiwiteit.
Vrye Onderneming beteken vir hulle dat enigeen vry behoort te wees om 'n onderneming te begin en te bedryf. Elkeen moet 'n gelyke kans in die gemeenskap gebied word om inisiatief te neem en verantwoordelikheid daarvoor te dra.
Hulle glo in die Vrye Mark-beginsel waarvolgens enigeen vry behoort te wees om te produseer wat hy wil, te verkoop waar hy wil en te koop wat hy wil. Die mark reguleer homself deurdat die produsent teen die hoogste moontlike prys wil verkoop en die koper teen die laagste moontlike prys wil koop. Hulle glo ook in die beginsel van Vraag en Aanbod. Die hoeveelheid kopers wat 'n behoefte aan 'n produk het en die hoeveelheid/kwaliteit van die produk wat beskikbaar is alleen bepaal die pryse van goedere.
Kompetisie tussen produsente, kopers en verkopers dwing die pryse van goedere af. Die voorwaarde word egter gestel dat regerings en vakbonde so min moontlik met hierdie proses en markkragte moet inmeng.
Die beginsel van Privaat Eienaarskap behels dat produksiemiddele deur privaat persone/instansies besit word en nie deur die staat nie.
Die gevaar van Liberale Kapitalisme is dat profyt belangriker word as die werker wat produseer. Hierdie probleem gee aanleiding tot eksploitering van die werkers. Juis hierdie probleem het aanleiding gegee tot die haglike sosio-ekonomiese toestande wat tydens die 19de eeu in Europa ontstaan het.
Die filosofie van Liberale Kapitalisme aanvaar dus onder andere dat die staat absolute vryheid aan die individu moet toestaan om te onderneem wat hy wil en sy onderneming te bedryf soos hy wil; dat die individu ontwikkel deur privaat eiendom te vergader; dat die privaat eienaarskap van produksiemiddele persoonlike vryheid en onafhanklikheid beveilig; dat 'n totale samelewing vry kan wees indien individuele lede privaat besitters van produksiemiddele is; dat privaat eiendom van produksiemiddele politieke vryheid waarborg.

Kollektiewe Kapitalisme:
Kollektiewe kapitalisme ontstaan waar ondernemings saamspan om kompetisie teen te werk. Koöperasies, maatskappye en korporasies (BPK) word gestig. Verskeie besighede en maatskappye vorm byvoorbeeld saam 'n trust en funksioneer onder een algemene kontrole liggaam. Koöperasies gaan geheime onderlinge ooreenkomste aan ten opsigte van beprysing en vorm Cartels. Multi-nasionale korporasies ontstaan, en hul topbestuurders word die meesters van die "vrye wêreld".

Kolonialisme/Imperialisme:
Kollektiewe kapitalisme het daartoe aanleiding gegee dat geldmagnate druk op regerings kon plaas om kolonies te bekom ten einde goedkoop grondstowwe te verkry, asook nuwe afsetgebiede vir produkte. Kolonialisme het tot Imperialisme gelei, aangesien koloniale magte nasies moes onderwerp ten einde beheer oor grondstowwe te verkry.

Gekontroleerde Kapitalisme:
Kapitalisme kan gekontroleer word deur 2 belangrike magte: Regering en vakbonde. Hierdie magte oefen 'n tipe selfkontrole binne kapitalisme uit. Die Regering plaas beperkings deur middel van wetgewing op ondernemers, byvoorbeeld minimum lone, werksure, kinderarbeid, veiligheidsmaatreëls binne werksplek, pensioene, gesondheidskemas, verlof, afdankings, verhoudings tot vakbonde, ensovoort.
Belasting is 'n meganisme waardeur 'n regering diegene met groot inkomstes, kontroleer. Belasting beteken dat die Regering 'n deel van die profyt van mense neem en vir gemeenskaplike belang gebruik soos onder andere paaie, hospitale en skole. Die gevaar is wanneer belasting net een groep binne die samelewing begunstig.
Vakbonde kom tot stand om die regte van die werker te beskerm. Hulle verteenwoordig die saak van die werkers ten opsigte van die uitvoering van die bogenoemde wetgewing. Werkers organiseer hulleself en praat met een stem deur hulle leiers. Vakbondleiers onderhandel met eienaars van die betrokke ondernemings, oor die implementering van arbeidswetgewing van die regering en oor die beveiliging van die regte en voorregte van die werkers.
Ten einde goed te funksioneer, moet 'n vakbond nie 'n agent van die regering of ander politieke magsoekers wees nie. Die gevaar is magsmisbruik. Indien 'n vakbond sy mag misbruik om onredelike eise te stel, benadeel dit ander lede van die gemeenskap.

Multi-Nasionale Kapitalisme:
Wanneer ondernemings oor nasionale grense heen strek, word na hulle verwys as multi-nasionale ondernemings. Hulle word regeer deur 'n klein groepie topbestuurders - die "sentrale regering" van die onderneming. Alle informasie ten opsigte van die onderneming word hier versamel, en finansiële beheer, beleid en mag word hier uitgeoefen. Hulle opereer dikwels in verskillende lande onder verskillende name en oefen geweldige mag oor sommige lande uit. Voorbeelde van multinasionale kapitalistiese organisasies is onder andere General Motors, Anglo American, Ford, Singer, Xerox, General Electric, IBM, Volkswagen, Phillips, Shell en Coca Cola.
Die IBM slagspreuk "World peace through world trade", vat die filosofie van Multi-Nasionele Kapitalisme saam. Hulle wil vrede tussen nasies bewerkstellig deur hulle ekonomies van mekaar afhanklik te maak. Hulle staan 'n wêreld voor sonder grense, waar alle besighede internasionaal bestuur word, met minimum inmenging van plaaselike regerings.
Hulle doel is 'n koopsentrum in elke hoek van die wêreld, wat oorvloei met verbruikersgoedere. Hulle wil die wêreld verlos van konflik, armoede en internasionale selfsug - 'n "beter wêreld vir almal", deur middel van internasionale handel. Hulle handhaaf 'n mensbeskouing waarin nasionale burgers moet verander na internasionale (wêreld) burgers.
Die grootste gevaar van Multi-Nasionale Kapitalisme is geleë in internasionale exploitasie. Hulle kan goedere in arm lande produseer en na ander lande uitvoer, sonder dat die mense van die arm lande daaruit baat. Hulle kan meganiseer ter wille van ekonomiese doeleindes en sodoende werksgeleenthede vernietig. Hulle kan deur goedkoop arbeid in 'n arm land te gebruik hoë profyt maak en dit nie daar belê nie. Hulle kan die invloed van vakbonde omseil deur in goedkoop-arbeid-lande te produseer indien vakbonde in duur-arbeid-lande sou staak. Hulle kan belasting omseil deur belasbare profyt van hul onderneming in een land te verminder deur hoë produksiekoste te betaal aan ondernemings wat deur hulle gesubsidieer word in ander lande. Hulle kan pryse dikteer wanneer hulle die mark beheer. Hulle kan kunsmatige behoeftes aan hulle produkte skep deur middel van die advertensiewese. Hulle kan uitgediende, minderwaardige produkte aan arm lande verkoop teen hoë pryse. Hulle kan die natuurlike hulpbronne van arm lande uitroei. Hulle kan voedsel in arm lande produseer en uitvoer, sonder om dit aan die armes van die betrokke land beskikbaar te maak. Hulle kan beheer oor regerings verkry.

5.8.1.c Ken die filosofie van die Nuwe Era deeglik.

Die Nuwe Era-beweging ("New Age Movement") word gekenmerk deur 'n nuwe okkulties-geïnspireerde en anti-Christelike tydgees wat op alle terreine van die samelewing insypel. Dit is 'n moderne variasie op die eeue oue stryd tussen die redding van siele vir Jesus Christus of vernietiging van siele deur Satan en sy onsigbare magte.
Die Nuwe Era-beweging bestaan uit 'n leierlose wêreldwye netwerk van duisende organisasies wat 'n radikale omwenteling teweeg wil bring - wyer as 'n hervorming, dieper as 'n rewolusie. Alhoewel hulle dikwels van mekaar verskil en nie altyd bewus van mekaar is nie, is die "goue draad" wat almal verbind hulle betrokkenheid by die bo-natuurlike en mistieke (okkultiese). Ons het dus hier te doen met die magtigste en gevaarlikste beweging in die ganse anti-Christelike wêreld.
Die gemeenskaplike doel van die Nuwe Era Beweging (saamgevat in Alice Bailey se boek "The Plan") is die daarstelling van 'n wêreldgodsdiens en 'n gemeenskaplike politieke en sosiale orde vir die Nuwe Era. Die Nuwe Era-godsdiens wil 'n herlewing wees van die goddelose godsdiens van antieke Babilon - 'n godsdiens waarin geheime kultusse, towery, okkultimse en sedeloosheid hoogty vier.
Die Nuwe Era filosofie is dan ook grootliks gebaseer op die Oosterse Hindoeïsme wat gemoderniseerd vir die wêreld aangebied word, onder andere deur Transendentale Meditasie, Joga en Oosterse fiksheidstegnieke.
Daar word geglo dat Die Plan verwesenlik sal word met die openbaring van die Nuwe Era-Messias wat as leier van die Nuwe Era-godsdiens die nuwe wêreldorde sal inlui. Hy staan bekend as die "Maitreya" gevul met 'n christusgees (sien ook doelwit 4.6.1.d). Hy sal deur Meesters van Wysheid (demone) bygestaan word wat die wêreld ook sal voorberei om hom as wêreldleraar te aanvaar. Die credo van die Nuwe Era-godsdiens sal wees: "Wêreldvrede, Liefde en Eenheid".
Volgens die Nuwe Era volgelinge woon die "Ascended Masters" (geestelike wesens) in hulle hoofstad Shambala, in die Himalayas. Hulle is "volkome mense" wat nie in die ewige rus (Nirvana) wil gaan nie, maar kontak hou met die menslike lewe om sodoende die mense te begelei op die pad na volmaaktheid. Hulle stuur boodskappe vanaf hul woning deur middel van spiritistiese mediums, Gurus en meditasie instrukteurs uit om mense te waarsku en te lei.
Guru's is voorlopers van die Maitreya (Antichris). Na die Viëtnamese oorlog het die Guru's (vergoddelikte mense) van die Hindoes uit die Ooste die Weste ingestroom met die boodskap dat die mens in homself 'n goddelike wese is. Hierdie Guru's geniet groot aanhang en selfs aanbidding in die wêreld. Hul leerstellings is dan ook duidelik die van die Nuwe Era beweging en hulle word gesien as die wegbereiders van die Maitreya. Die Guru-tegnieke is suiwer okkulties en word op moderne wyse so aangebied dat die Weste entoesiasties hierna gryp.
Die volgelinge van die Nuwe Era glo dat daar een groot "Universal Master Teacher" (die Maitreya of Antichris) is. Wanneer hy besluit dat die tyd ryp is vir die wêreld om 'n hoër vlak van bewussyn binne te gaan, soek hy die mees gevorderde individu uit, neem van hom besit en lewe deur hom. Hierdie indiwidu ontvang dan die christusbewussyn. Die benaming "christus" is volgens hulle bloot 'n amp wat deur verskillende indiwidue deur die eeue vervul is en wat uiteindelik op die skouers van hierdie mees gevorderde individu sal rus. Hierdie "christus" sal die aardbol saamsnoer onder een godsdienstige, ekonomiese en politieke bestel. Wêreldvrede sal heers tussen kosmopolitaanse wêreldburgers ("planetary citizens") wat telepaties illuminasie ontvang.
Die Nuwe Era stel die Maitreya aan die wêreld voor as verwagte verlosser en profeet vir alle godsdienste. Hy word voorgehou onder andere as die langverwagte Jesus van die Christene, die Ware Messias van die Jode, die vyfde reïnkarnasie van die Boedha van die Boedhiste, die groot Iman Mahdi van die Islam, en die Krishna van die Hindoe.
Vir die Nuwe Era-beweging is Jesus Christus 'n bedreiging. Daarom word daar onderskeid gemaak tussen Jesus en Christus. Jesus is vir die New Age 'n verhewe meester net soos Boedha, Krishna, ensovoort vir heidense godsdienste verhewe meesters was. Die Christus is egter vir die Nuwe Era niks anders as die meester of gees van wysheid wat onder andere Jesus, Mohammed, Brahma en Krishna as dissipels het nie en wat almal uiteindelik oplos of verdwyn in Maitreya.
Die Nuwe Era-beweging glo dat die skepping 'n eenheid is en gesien moet word in terme van sisteme van energievelde. Daar word geglo dat die heelal 'n tipe siel ("cosmic soul/spirit") is wat impulse uitstuur na die verskillende elemente in die sisteem om hulself te herorganiseer in nuwe sub-sisteme. Die totale heelal is dus een geestelike sisteem, bestaande uit baie subselsels en word aanmekaar gehou deur kosmiese gees (krag of godheid).
Die antieke Griekse mitologie het die aarde gesien as die moedergodin met die naam "Gaia". In die Nuwe Era beweging het hierdie naam weer herleef en word beweer dat die ware god homself verdeel het nadat alles ontstaan het en ingetrek het in alle materie. Die god is dan "Gaia" en word gesien in die aardbol met al sy bome, plante, diere en mense. "Gaia" is vroulik en daaruit dan ook die gedagte dat alles uiteindelik vroulik moet wees.
"Gaia" is vir die Nuwe Era-beweging die god wat alles laat ontstaan het (nie geskep het nie). Nou is die groot bekommernis van die Nuwe Era dat "Gaia" gewond is met die uitbreiding van die menslike beskawing, die ontwikkeling van wapentuig (soos kernwapens), die vernietiging van die plantelewe ensovoort. Daarom is dit nodig dat daar 'n universele boetedoening moet wees vir die eeue van leed en verwonding van "Gaia". Die wonde moet geheel word, bome moet op groot skaal aangeplant word, die osoonlaag moet beskerm word, die wêreld moet ontwapen en die mensdom moet in 'n eenheid ('n eenheid van Babel) saamgesnoer word. Eers dan sal "Gaia" tot rus kom en die Nuwe Era Paradys vir die mensdom gee.
Daar is selfs 'n vereniging gestig wat mense leer hoe om kontak te maak (as mediums) met wesens vanuit die bo-natuurlike wêreld, wat boodskappe van hierdie kosmiese wesens kan opvang en wat ons dan met inligting van hulle kant bedien (kanalisering). Geeste word opgeroep en dien as sogenaamde "spirit guides" op ekonomiese-, sosiale-, politieke-, godsdienstige- en wetenskaplike gebied. Hipnose word ook ingespan om mense in staat te stel om self kontak te maak met die kosmiese wesens. Daar is tot in die hoogste kringe 'n verstommende opflikkering van belangstelling in oeroue primitiewe heidense afgodspraktyke wat tot onlangs nog beperk was tot die onderontwikkelde Derde Wêreld.
Die New Era-beweging is astrologies gerig. Hulle glo dat die astrologie die noodlot van die mensdom bepaal. Die son nestel na bewering vir die laaste 2000 jaar onder die sterreteken van die vis (pisces). Die koms van Christus het daardie stadium ingelui. Gedurende hierdie era het die mens 'n outoritêre God nodig gehad en dit was 'n tyd van geweld, lyding en smarte.
Nou na 2100 jaar, beweeg die sonnestelsel na die volgende sterrebeeld naamlik die waterdraer (aquarius). In die nuwe era het die mens die vermoë om oor sy eie lot te beskik en het nie 'n outoritêre God nodig nie. Dit sal 'n stadium van vrede, vreugde en blydskap wees.

Basiese leringe:
Die Nuwe Era is sinkretisties van aard en aanvaar byna alle gelowe behalwe die Christelike godsdiens en Judaïsme. Hulle Godsbeskouing is Panteïsties (God is die somtotaal van die heelal). God is alles in almal en daarom is elke mens ook deel van die godheid. God word ook deur hulle die kollektiewe bewussyn genoem, waarmee hulle bedoel dat elke brein 'n selletjie in die brein van God is. Dit wat die meerderheid individue dink, is presies wat God in daardie stadium dink. Omdat alles een is, is alles God, en daarom is ons ook God. Ons kan dus ons eie lewe beheer en is net aan onsself verantwoordelik. Ons kan dus ook doen wat ons wil. Ons bepaal ons eie moraliteit en norme.
Die Nuwe Era-beweging glo ook dat alles een is (monisme). Alle dinge op alle lewensterreine is ineengeskakel, met mekaar deurweef en in harmonie. Verskille wat waargeneem word, is slegs uiterlik en nie wesenlik nie. Hulle glo verder dat 'n mens ná sy dood weer in 'n ander liggaam kan lewe en terugkeer aarde toe, of selfs na 'n vorige lewe kan terugkeer (Reïnkarnasie). Met elke lewe kan jy (volgens die wet van karma) deur jou goeie dade en toegewyde lewe hoër ontwikkel in jou kosmiese bewussyn. Reïnkarnasie hou op wanneer jy uiteindelik 'n eenheid geword het met Brahman, en dan gaan jy in die ewige rus stadium (die Nirvana) in. Sommige mense is ander voor op hierdie leer van evolusie. Hulle is die verligtes, die sogenaamde "Masters of the Universe".
Daarom word daar geglo dat die mens sy gemoed moet skool om vir die kosmiese bewussyn ontvanklik te wees, om telepatiese boodskappe van die meesters van die heelal te ontvang. Hierdie meesters is individue wat reeds vêr op die leer van evolusie en reïnkarnasie gevorder het, en 'n besondere mate van illuminasie verkry het. Om die bewussynskoling en kontak met die 'meesters' aan te help, word Oosterse Meditasie en joga aanbeveel. Geesverruimende dwelmmiddels is ook geregverdig as hulpmiddels. Voortvloeiend uit die Teosofie (een van die moederorganisasies van die Nuwe Era-beweging is die Teosofiese Vereniging - sien doelwit 4.6.1.h) word geglo dat die saligheid verkry word deur 'n voortdurende groei in kosmiese bewussyn, om evolusionêr te klim op die leer na die uiteindelike godheid.
Die mens word as die hoogste vorm van lewe op die evolusionêre leer geplaas. Die mens is deur 'n proses van evolusie voortdurend besig om na 'n hoër vlak van bewussyn te vorder. Hy moet egter nog met die ontwikkeling van sy kosmiese bewussyn voortgaan. Hy moet gelei word om binne homself te reis ten einde homself en sy god te ontdek. Sy brein moet geskool word om sy onderbewuste te omsluit met die doel om 'n veranderde bewussyn te bereik, 'n staat van bewussyn waarin hy "oop" is om telepaties by die kosmiese bewussyn in te skakel. Wanneer jy denke onderdruk en daarmee volhou, kom jy uiteindelik by 'n gebied van die bewussyn uit wat agter die denke geleë is, en 'n besef van 'n heelwat meer omvattende self as dié waaraan ons gewoond is. Hierdie bewussynsontwikkeling sal sy verdere gang gaan totdat dit uiteindelik die Omega-punt bereik waar alle bewussyne saamsmelt en een word met die Een.
Die ware self is 'n kosmiese skat van wysheid, krag en vreugde. Deur in gereelde meditasies op die god in jou te konsentreer, word alle probleme van die lewe verteer en opgelos. Deur telepatie, buitesintuiglike waarneming, prekognisie en telekinese te beoefen, gaan 'n hele nuwe ervaringswêreld vir 'n persoon oop.
Breinontwikkelingstegnieke soos verskeie gedagte-kragtegnieke, "Positive Mental Attitude" (PMA) tegnieke, visualiserings- en beheerde verbeeldingstegnieke, Joga (soekende na die "ware self" of die "Hoër self"), Sjamanisme (holistiese genesing en medisyne wat niks anders as 'n herleefde antieke sjamanisme is nie), Hipnose, sogenaamde positiewe denke, ensovoort, word in hierdie proses beoefen.
Die doel met Joga is om die mens te verenig met Brahman ('n bewussyn wat 'n staat van godheid behels). Brahman is terselfdertyd alle goed en alle kwaad, die dryfkrag en die inherente krag van die heelal, en is ook die god van Indië. Eenwording met hierdie lewenskrag is 'n eeue-oue okkultiese oogmerk en ook 'n belangrike konsep in die Nuwe Era-filosofie. Dit was oorspronklik op middeljarige en bejaarde mense gerig. Sodra ouers in Indië hul kinders klaar grootgemaak het, kan hulle hul begin voorberei vir die dood, om 'n nuwe inkarnasie binne te gaan. Die belangrikste doodsvoorbereiding is Joga - "the art of dying". Daarin word jy geleer om jou gaandeweg van die fisieke wêreld los te maak. Jy lei jouself op om jou liggaamsprosesse, denke en sintuie tot stilstand te laat kom, om jou asemhaling tot die absolute minimum te reduseer en uiteindelik te staak. Dit is ironies dat hierdie "art of dying" in ons tyd deur jongmense as gimnastiek en "the art of better living" aangegryp word. Daar word geglo dat, as mense werklik gode wil word, hulle moet leer om hulle verborge potensiaal te ontsluit en vir hulle eie genesing en evolusionêre ontwikkeling aan te wend.
Oosterse meditasie is 'n metode wat universeel beklemtoon word ten einde kalmte in jou siel te ondervind. Die mens se gees word hierdeur tot rus gebring, en terselfdertyd word helende energie binne-in hom vrygestel. 'n Verbandhoudende tegniek is die van visualisering, waardeur siektes gediagnoseer en genees kan word. Deur positiewe gedagtes oor sy gesondheidstoestand te koester en die siekte in sy gemoed te verwerp, kan 'n persoon genesing deur die ingebore krag van sy bewussyn bewerkstellig. Deur selfhipnose word dieselfde effek verkry.
'n Ander vorm van visualisering is die konsentrering op en benutting van universele energie vir jou genesing en geestelike ontwikkeling. Spiritualistiese diagnosering en genesing word steeds meer popolêr. Dit sluit alle bonatuurlike tegnieke in waarin die pasiënt nie ondervra of ondersoek word nie.
'n Begrip van energie en nie van materie nie, is die sleutel tot gesondheid. Die universele energie waarvan ons almal deel is, word dikwels die bron van alle genesing genoem. Ten einde die vloei van genesende energie deur ons te bevorder, moet ons onsself daarop instel en ons eenheidsverband met alle dinge bedink en laat verwesenlik. Hierdie energie manifesteer ook as 'n kragveld (of aura) rondom elke mens en kan vir sy genesing aangewend word. Deur meditasie kan mens ook van die kosmiese energie waarvan jy deel is, bewus word, dit op jou konsentreer en deur jou laat vloei.
Genesingsvorme wat hiermee verband hou is akapunktuur, bioterugvoer, chiropraktyk, homeopatie, iridiologie, refleksiologie, oosterse meditasie, spiritualistiese genesing.
Die Nuwe Era-beweging is dus slegs 'n moderne variasie op die eeue oue stryd tussen die redding van siele deur Jesus Christus seun van God en die vernietiging van siele deur Satan en die onsigbare wêreld. Vir elke gelowige van Bybelse profesieë kom dit as geen verrassing nie en dien as aansporing tot paraatheid en betrokkenheid in hierdie stryd tussen lig en duisternis.

Toepaslike Skrifgedeeltes:
Johannes 14:6; Handelinge 4:12 (Jesus is enigste weg, enigste Verlosser). Jesaja 62:6; Esegiël 3:17-20 (wees wagters op die muur, waarsku ander). 1 Tessalonisense 5:1-6 (dag van Here kom soos dief in nag). 2 Korintiërs 4:4 (god van die wêreld verblind mense vir lig). 2 Korintiërs 6:14-16 (nie met ongelowiges in dieselfde juk). 2 Timoteus 4:3-4 (tyd kom wat mense gesonde leer nie verstaan). Romeine 1:24-25 (mense se lot indien hulle skepsels dien in plaas van Skepper). Prediker 5:1 (God in die hemel, ons op aarde). Markus 7:21-23 (slegte dinge kom vanuit mens se binneste). Romeine 3:23 (almal het gesondig). Hosea 4:6 (volk gaan te gronde weens gebrekkige kennis). 2 Petrus 3:1-7,10-13 (eie vleeslike begeertes, spot dryf - ontken skepping). Lukas 12:51 (Jesus het nie gekom om vrede te bring, maar verdeeldheid). Markus 24 (valse Christusse). Openbaring 12:12 (duiwel daal na ons met groot woede, min tyd). 1 Johannes 4:1-3 (stel geeste op proef, of hulle van God is of vals profete is. Jesus het in die vlees gekom). Markus 13:21-23 (valse christusse doen wonderwerke en tekens). 1 Korintiërs 10:14,19,20 (niks met afgodsdiens te doen hê, nie gemeenskap met duiwels). 1 Timoteus 4:12 (nie leerstellings van duiwels volg). Kolossense 2:2-8 (wysbegeerte en oorlewing van mense). 2 Timoteus 3:2-3 (laaste tye selfsugtiges. Nog uiterlik skyn van godsdiens hê). Deuteronomium 18:9-10 (towenaars, waarsêers, met geeste praat - praktyke van heiden nasies). Jesaja 47:12-14 (sterre voorspel, toordery en beswering, waarsêery). 2 Tessalonisense 2 (wettelose mens). Efesiërs 6 (Christen se wapenrusting. Stryd teen bose magte en geeste in lug). 1 Petrus 5:8-9 (wees nugter en wakker, duiwel wil verslind, staan hom teë). Jakobus 4:7 (staan duiwel teë, hy sal van jou wegvlug). Efesiërs 4:27 (moenie duiwel 'n vatkans gee nie). Romeine 11:16,17 (wortel dra jou, nie jy die wortel). Deuteronomium 29:18 (gifwortel vernietig alles). Job 18:16 (wortel verdroog van onder en verlep van bo.

5.8.1.d Ken die filosofie van die Nuwe Wêreldorde.

Lees hierdie gedeelte aandagtig deur:
"The Dream of a New World Order. The United Nations have, in recent years, identified new tendencies that seek a non-violent, democratised, ecologically prudent, spiritually filling and joyous destiny for planet earth, and all who inhabit it.
"According to former secretary general Javier Perez de Cuellar, a reliable system of international security, progressive disarmament and sustainable economic growth are the acknowledged goals of all the peoples of the world. Although there are differences as to how to achieve these ends, a consensus has emerged during the past fourty years that they are profoundly interrelated and interdependent. "The belief within UN circles, therefore, is that if we are going to evolve the political and social institutions needed to achieve sustainable development, we shall have to give up some national sovereignty; that governance is no longer achieved by governments alone, and that the functions of governance are increasingly administered by trans-national organizations that operate independently of nations.
"They also believe that today's systems of governance exploit the environment and damage people; that governments and international organizations do not yet have the political will to offer solutions to global problems; that peoples around the world crave for a positive evolution of human destiny and that they are beginning to take matters into their own hands and apply new models and values at grass roots level. They believe that we are seeing, in effect, the seeds of non-violent revolution from below, leading to a new world; that this democratization is already happening, but that it is too slow, and that only a new, inspiring vision of the common good - of our membership of one family, one planet - and the potential of the human heritage, will hasten it.
"They conclude, therefore, that if we are to meet the challenge of the future, broadening the base of our decision-making and governance is essential, and that commitment to the spirit of internationalism is an essential element of broadening the base of power. When it comes, they believe that it will bring sweeping reforms in international governance and that it will grow from the wide transnational links of non-governmental organizations, of trade unions, professional bodies, etcettera. Future governance must, according to them, go far beyond government based on national sovereignty and numerous groups and individuals (local communities, multinational corporations, non-governmental organisations, regional organisations, the media and professional bodies) are potential elements.
"They envision a new United Nations, being framed by the global community, dealing effectively with economic and political issues, and with conflict resolution and security in an interdependent world. They dream of funding UN programmes to deal with these problems by taxation; of having power to apply and enforce sanctions, and involving UN policing forces to back up legal decisions and keep the peace. They also envisage that all military forces will, in this disarmed world, be under the command of the UN and that national forces will be limited to maintaining internal order.
"Furthermore they believe that governments must come to recognize that the requirements of international law always transcend those of national law, and that citizens or interest groups should have ultimate access to supranational judgement, who will be binding, on issues of international law.
"In order to realise this dream, they believe that the education system will have to prepare citizens' minds for the 21st century; that people should be educated no longer to judge affairs in terms of what is good for national security, but what is best for the human family and for regional and world security. Global loyalty must replace national loyalty and internationalism will have to replace nationalism as the strongest driving force at all levels of society."
"Think globally, act locally" is the great rallying cry of the new world, according to UN thinkers. The goals of these thinkers are so commendable. A non-violent, ecologically prudent, spiritually filling and joyous destiny for planet earth and all who inhabit it. They come so close and yet they are so far from the truth. The biggest failure of mankind will be its endeavour to save itself from the consequences of its failures, because mankind is fallible.
"If only they were willing to manage, run and govern this planet and its inhabitants according to the rules given by the Creator of the universe! If only they realised that the day of the Lord will come like a thief, in which the heavens will pass away with a roar and the elements will be destroyed with intense heat, and the earth and its works will be burned up! If only they would come to repentance, making peace with the triune God by accepting Jesus Christ, the Prince of peace, in faith as their Lord and Saviour. But how will they know if we don't teach them everything Jesus Christ taught us in His Word?
"It is not the time now for Christians to isolate themselves from the world and its problems. It is time to be meaningful role players in the international community's quest for peace, to work for the implementation of Biblical principles in this process, and to place the Name of Jesus Christ on every agenda where peace is discussed. It is high time for the church of Christ to go into the world again and to get the world out of the church!"

5.8.1.e Verstaan hoedat die bogenoemde ideologieë die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus beïnvloed.

Omdat Christene nie die probleem van armoede en eksploitering van mense effektief genoeg aangespreek het in die verlede nie, het armes en geëksploiteerdes 'n teelaarde geword vir vreemde ideologieë soos Kommunisme. Selfs Christene wat hulleself in hierdie posisie bevind het hulle laat meevoer deur die planne van goddelose mense om die wêreld 'n beter plek vir almal te probeer maak. Dit is gedoen deur die Marxisties-Leninistiese filosofie van Kommunisme te verChristelik tot 'n sogenaamde Teologie van Bevryding of Rewolusie.
In hierdie Teologie word die suiwer boodskap subtiel verdraai. Daar word geleer dat die grootste probleem van die mensheid sondige strukture is en dat die verontmenslikte mens die produk van sondige historiese strukture is. Hierdie strukture ontneem die mens alle moontlikheid om volledig mens te wees. Daar word geleer dat Jesus die mens bevry van verontmenslikende strukture. Die mens ontwikkel dan tot perfeksie saam met die strukture, waarvan hy die produk is. Daar word ook geleer dat God die wêreld goed, maar nie perfek geskape het nie. Omdat die wêreld, volgens hulle, die ewige Godgegewe woonplek vir die mens is, het die mens die Godgegewe taak om hierdie wêreld rewolusionêr te verander totdat dit perfek is. Wanneer 'n jong man dan sy lewe ter wille van vryheid aflê, volg hy die voorbeeld van Christus. Rewolusie is hiervolgens die enigste moontlikheid om die gebod van naasteliefde in konkrete vorm uit te leef. Om 'n Christen te wees, beteken dus volgens hierdie leer om rewolusionêr besig te wees.
Ander vorme van Kapitalisme verhef die winsmotief tot bo die waarde van die mens as werker. Markkragte word verhef tot die Bevryder van die mensheid.
Die Nuwe Era- en Nuwe Wêreld Orde ideologie gryp terug na okkultiese en mensgesentreerde oplossings vir die probleme van 'n deur-God-vervloekte-wêreld.
Die gemeenskaplike strewes van al hierdie ideologieë behels 'n wêreld sonder God wat vir hom self kan sorg, 'n wêreld demokrasie waar die stem van die volk die stem van God word, 'n wêreld ideologie wat deur alle mense gedeel word en 'n aardse koninkryk waarvan alle mense burgers is.
Die ware identiteit van die mens as afhanklike van God, geskape na sy beeld om Hom te verteenwoordig deur die aarde te bewoon, te bewerk, op te pas en te beheers ooreenkomstig God se reëls en tot sy eer, word misken. Jesus Christus, die Weg, Waarheid en Lewe word ontken en aktief bestry.
In die mate waarin hierdie ideologieë plek in die Kerk van Christus gekry het, het die Kerk sy krag en boodskap verloor. Die verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus moes plek maak vir menslike oplossings. Daarom het die Kerk in sommige gevalle selfs verval tot 'n instrument in die hande van goddeloses om massas aan die slaap mee te sus en te beheer.

5.8.1.f Weet hoe om 'n strategiese beplanningsoefening te fasiliteer.

Die fasilitering van 'n strategiese beplanningsoefening van projekte, gemik op die uitbreiding van die koninkryk van God, kan onder andere aan die hand van die SWOT analise, gebaseer op Kurt Lewin se teorie rakende "force fields", hanteer word. SWOT is die afkorting vir die woorde "Internal strengths", "Internal weaknesses", "External opportunities", "External threats". Volgens Lewin kan die "kragvelde" van 'n organisasie as volg daar uitsien (sien figuur 5.8.1.f.a op bladsy 481).
Deur middel van 'n impakanalise kan eksterne geleenthede en interne sterkpunte, sowel as eksterne bedreigings en interne swakhede van die organisasie in verhouding tot mekaar hanteer word, in die bepaling van kritiese suksesfaktore en -areas. So 'n impakanalise kan as volg skematies uiteengesit word (sien figuur 5.8.1.f.b op bladsy 483).
Die hele doel van die fasiliteerder is om die betrokkenes in staat te stel om 'n SWOT analise van hulle organisasie te maak, 'n impakanalise te doen, om met hierdie resultaat in die hand, sinvolle doelwitte te stel vir die bereiking van die organisasie se missie en om 'n meetbare aksieplan op te stel waarin sperdatums en verantwoordelike persone en instansies geïdentifiseer word.

Figuur 5.8.1.f.a:



Die fasiliteringsproses kan soos volg verloop:
Stap 1. Kenmekaar. Doel van byeenkoms word verduidelik. Verduideliking van die basiese begronding en verloop van die proses.
Stap 2. "Breinlitte losmaak"-sessie.
Stap 3. Verdeel die groot groep in 4 kleiner groepe. Elke kleingroep kry die verantwoordelikheid om 'n lys te maak van een van die SWOT-fasette van die organisasie (interne sterkpunte, interne swakhede, eksterne bedreigings en eksterne geleenthede). Lede kan gebruik maak van hulpmiddels en gaan as volg tewerk: Daar is 10 minute stilte, waartydens die individuele lede oor die betrokke faset nadink en sy eie lysie opstel. Daarna word 'n segsman vir die groep aangewys. Die segsman gee aan elke lid geleentheid om sy eerste punt op sy lys aan die groep voor te hou, waarna hy dit op 'n skryfbord neerskryf vir almal om te sien. Die lede merk die items op hul lysies wat deur ander lede genoem word af. Daarna kry elkeen geleentheid om sy tweede onafgemerkte item aan die groep voor te hou. Hierdie proses word voortgesit totdat elke lid se lysie uitgeput is.
Stap 4. Kruisbestuiwingsessie. Elke kleingroep kry geleentheid om die werk van elke ander kleingroep te evalueer en te verbeter. Die segsmanne van die oorspronklike groepe ontvang die nuwe groepe en teken hulle opbouende kommentaar op die bestaande lyste op die skryfborde aan. Elke groep kry laastens die geleentheid om terug te gaan na sy eie werk, ten einde te verseker dat elke punt spesifiek en verstaanbaar vir 'n buitestaander omskryf is en dat die sleutelwoorde onderstreep is.
Elke segsman lewer die eindresultaat van sy groep se werk kortliks aan die groot groep, binne die konteks van die resultate van die ander kleingroepe. Met finale konsensus word die vier lyste getik vir verdere gebruik.
Stap 5. Kruisimpak ontleding: Die groepe kry kruisimpak ontledingstabelle vir elke lid. Die tabel bestaan uit 'n matriks. In die boonste ry horisontale blokkies word die sleutelwoorde van die eksterne bedreigings of die eksterne geleenthede ingeskryf. In die linkerkantste ry vertikale blokkies word die sleutelwoorde van die interne swakhede of interne sterkpunte neergeskryf. Die horisontale ry blokkies tweede van onder af word gebruik om totale in neer te skryf, en die onderste ry horisontale blokkies word gebruik om die rangordes in neer te skryf. Die vertikale ry blokkies tweede van regs word gebruik om totale in neer te skryf en in die regterkantste ry vertikale blokkies word die rangordes neergeskryf.
Die groepe wat tydens die SWOT-sessie aan interne sterkpunte en eksterne geleenthede gewerk het, skryf die


Figuur 5.8.1.f.b:



sleutelwoorde wat in die lys van eksterne geleenthede onderstreep is, op die boonste horisontale as van die tabel in, en die sleutelwoorde wat in die lys van interne sterkpunte onderstreep is, op die vertikale as. Elke groeplid besluit by homself tot watter mate elkeen van die sterktes die gebruik van elkeen van die geleenthede ondersteun, en skryf die gekose waarde in die ooreenstemmende blokkie van die tabel in (1 = minimaal, 2-3 = min, 4-6 = gemiddeld, 7-8 = aansienlik, 9 = oorweldigend).
Die groepe wat tydens die SWOT-sessie aan interne swakhede en eksterne bedreigings gewerk het, skryf die sleutelwoorde wat in die lys van eksterne bedreigings onderstreep is, op die boonste horisontale as van die tabel in, en die sleutelwoorde wat in die lys van interne swakhede onderstreep is, op die vertikale as. Elke groeplid besluit tot watter mate elkeen van die eksterne bedreigings 'n potensiële/werklike negatiewe impak op elkeen van die interne swakhede het of selfs op hulle verdere verswakking kan hê, en skryf die gekose waarde in die ooreenstemmende blokkie van die tabel in (1 = minimaal, 2-3 = min, 4-6 = gemiddeld, 7-8 = aansienlik, 9 = oorweldigend).
Om die primêre geleenthede in rangorde te identifiseer, tel die lede van die eerste twee groepe (sterkpunte en geleenthede) elkeen die waardes op wat hulle in die blokkies onder die onderskeie geleenthede geskryf het. Die antwoorde word in die totaal-kolom neergeskryf. Die geleentheid met die hoogste totaal word as eerste prioriteit met 'n 1 in die rangorde blokkie onder hom, aangetoon. Al die geleenthede word nou in prioriteitsvolgorde gerangskik volgens hulle totale, sodat die laagste totaal ook die laagste rangorde verteenwoordig.
Om die primêre swakhede/kwesbare areas in rangorde te identifiseer, tel die lede van die tweede twee groepe (bedreigings en swakhede) elkeen die waardes op wat hulle in die blokkies geskryf het langs die onderskeie swakhede. Die antwoorde word in die totaal-kolom neergeskryf. Die geleentheid met die hoogste totaal word as eerste prioriteit met 'n 1 in die rangorde blokkie langs hom, aangetoon. Al die geleenthede word nou in prioriteitsvolgorde gerangskik volgens hulle totale, sodat die laagste totaal ook die laagste rangorde verteenwoordig.
Die segsmanne van die eerste twee groepe skryf nou 'n lys van geleenthede op die bord, en langs elke geleentheid die rangordes wat elke lid aan die bepaalde geleentheid gegee het. Die onderskeie lede se rangordes per geleentheid word nou saam opgetel en die totaal langs elke geleentheid geskryf. Die hoogste totaal verteenwoordig die laagste posisie in die rangorde en die laagste totaal die hoogste posisie (no.1). Die geleenthede wat die agt hoogste posisies in rangorde beklee, word sodoende deur die groep geïdentifiseer as die primêre eksterne geleenthede wat deur die organisasie gebruik kan word, omdat dit reeds oor die nodige sterkpunte ter ondersteuning beskik.
Die segsmanne van die tweede twee groepe skryf nou 'n lys van swakhede op die bord, en langs elke swakheid die rangordes wat elke lid aan die bepaalde swakheid gegee het. Die onderskeie lede se rangordes per swakheid word nou saam opgetel en die totaal langs elke swakheid geskryf. Die hoogste totaal verteenwoordig die laagste posisie in die rangorde en die laagste totaal die hoogste posisie (no.1). Die swakhede wat die agt hoogste posisies in rangorde beklee, word sodoende deur die groep geïdentifiseer as die primêre interne kwesbare areas wat deur die organisasie aangespreek moet word, omdat dit ook van buite deur bepaalde kragte bedreig word.
Die onderskeie segsmanne lê nou hulle onderskeie geleenthede en swakhede in prioriteitsvolgorde aan die groot groep voor. Die groot groep skakel alle diskrepansies wat in lyste bestaan uit en bereik konsensus oor die vyf belangrikste geleenthede en swakhede in prioriteitsvolgorde.

Kreatiewe sessie:
Stap 1. Begin met 'n "breinlitte-losmaak" sessie in die groot groep. Deel opnuut die groot groep in vier kleingroepe in, maar hierdie keer met nuwe lede vir elke groep. Elke groep kry die vyf prioriteite van een van die SWOT fasette as sy verantwoordelikheid, met die opdrag om hulle in doelstellings te omskryf. Tydens 'n "denkskrum" sessie bedink die eerste twee groepe wat deur die organisasie gedoen kan word om die tersake geleenthede effektief te gebruik, en die ander twee groepe wat deur die organisasie gedoen kan word om sy swakhede te versterk. Dit wat gedoen kan word waaroor die groep konsensus bereik, word nou in duidelik verstaanbare en meetbare doelstellings omskryf. Sperdatums en verantwoordelike persone is nie nou tersake nie. Die doelstellings word teenoor bepaalde kriteria gemeet.
Stap 2. Kruisbestuiwingsessie: Elke groep kry die kans om die werk van elke ander groep te evalueer, op te gradeer en om oorvleueling uit te skakel.
Stap 3. Nou word die doelstellings geformuleer deur al die doelstellings van al die groepe in een lys saam te vat, netjies te maak en te tik. Aksieplanne word opgestel vir elke doelstelling, deurdat daar besluit word watter aksies/stappe/take uitgevoer moet word, in watter volgorde, deur wie en voor watter datum, ten einde die tersake doelstelling te bereik (sien doelwit 5.8.1.g). Dit kan weer in kleingroepe gedoen word en vir finale konsensus aan die groot groep voorgelê word.

5.8.1.g Weet hoe om 'n projek te beplan en te bestuur.

Stappe wat gevolg kan word in die beplanning van 'n projek gerig op die uitbreiding van die koninkryk van God:

Stap 1: Besluit oor die aard en omvang van die projek. Formuleer nou 'n meetbare doelwit, waarin vrae soos wie, wat, waar, wanneer, teen watter effek, beantwoord word (sien doelwit 5.8.1.f).

Stap 2: Lys alle tersake aktiwiteite (take of groepe take wat in kategorieë by mekaar hoort en deur dieselfde persoon of instansie verrig sal word) en nommer hulle alfabeties.

Stap 3: Stel 'n Werk Afbraak Struktuur ("Work Breakdown Structure") saam. Dit is 'n skematiese uiteensetting van al die kategorieë en hulle onderafdelings tot op taak vlak, waarin die projek opgedeel kan word. Dit help die projekbestuurder en lede om te verstaan wat alles gedoen moet word en wat elke faset en stadium van die projek gaan kos. Dit word as volg gedoen:
Die gewenste eindresultaat (vergelyk die meetbare doelwit) word in die middel bo neergeskryf en met 'n blokkie omraam. Daaronder word al die kategorieë waaruit die projek bestaan (sien stap 2) langs mekaar neergeskryf en met blokkies omraam. Die kategorieë se blokkies word aan die bokant met 'n horisontale lyn aan mekaar verbind. Die horisontale lyn word deur middel van 'n vertikale loodlyn in die middel daarvan, met die raampie van die gewenste eindresultaat verbind.
Elke kategorie word verder in die sub-kategorieë waaruit dit bestaan verdeel en elke sub-kategorie word met 'n blokkie omraam. Elke kategorie se sub-kategorieë se blokkies word nou aan die bokant aan mekaar verbind met horisontale lyne. Elkeen van hierdie horisontale lyne word weer deur middel van vertikale loodlyne in die middel daarvan met die kategorie waarvan hulle dele is, se raampies verbind.
Elke sub-kategorie word nou weer afgebreek in die onderskeie take waaruit dit bestaan en elke taak word met 'n blokkie omraam. Die take van elke sub-kategorie se blokkies word aan die bokant deur middel van horisontale lyne aan mekaar verbind. Hierdie horisontale lyne word weer deur middel van vertikale loodlyne in die middel van elkeen, met die sub-kategorie waarvan hulle deel is, se raampies verbind.
Nou word die gewenste eindresultaat, elke kategorie, sub-kategorie en taak genommer. Die gewenste eindresultaat word met 'n "1" binne in die blokkie waardeur dit omraam word, genommer. Elke kategorie word daarna met 'n "1.1", "1.2" ensovoort binne in die blokkie waarmee dit omraam is, genommer. Elke sub-kategorie word daarna met 'n "1.1.1", 1.1.2" of "1.2.1", "1.2.2" ensovoort binne in die blokkie waarmee dit omraam is, genommer. Elke taak word daarna met 'n "1.1.1.1", 1.1.1.2", of "1.1.2.1", "1.1.2.2", of "1.2.1.1", 1.2.1.2" ensovoort genommer.
Die koste van elke taak kan ook in sy blokkie onder sy nommer ingeskryf word. Dit word later gebruik vir die projekbegroting.

Stap 4:
Stel 'n Tydtabel saam waarin die chronologiese volgorde van aktiwiteite (sien stap 2) en die verwagte tydsduur van elke aktiwiteit aangedui word. In die linker kolom, onder die opskrif "aktiwiteit" word al die aktiwiteitsnommers (sien stap 2) in alfabetiese volgorde onder mekaar neergeskryf. In die middelste kolom, onder die opskrif "voorafgaande aktiwiteit (chronologie)", word die alfabetiese nommer van die aktiwiteit wat die aktiwiteit in die linker kolom direk voorafgaan, neergeskryf. Dit word vir elke aktiwiteit in die linker kolom gedoen. In die regter kolom, onder die opskrif "verwagte tydsduur (weke)" word die verwagte aantal weke wat die aktiwiteit in die linker kolom na beraming sal duur om te voltooi, neergeskryf. Dit word vir elke aktiwiteit gedoen. Vir korter projekte kan dae as eenheid gebruik word en vir langer projekte, maande.

Stap 5:
Stel 'n "PERT"-diagram saam. Die doel van hierdie diagram is om vir die projekbestuurder te wys hoe verskillende aktiwiteite chronologies op mekaar volg, hoeveel tydspeling ("slack") bestaan voordat spesifieke aktiwiteite begin moet word om betyds voltooi te kan word, wat die vroegste en laatste begintye en voltooiingstye van spesifieke aktiwiteite is, en watter reeks aktiwiteite geen tydspeling laat nie en wat dus krities vir die tydige voltooiing van die projek is.
Trek 'n vierkantige blokkie op die linkerkant van jou skryfoppervlak. Skryf nou al die alfabetiese nommers van al die aktiwiteite wat in die linkerkolom van die tydtabel voorkom en wat nie deur ander aktiwiteite voorafgegaan word nie, net regs van die blokkie onder mekaar met 'n potlood neer. Kyk nou na die eerste aktiwiteit in die tydtabel se linkerkolom wat nie met potlood neergeskryf is nie, en vra jouself die vraag: "deur watter aktiwiteit word hierdie aktiwiteit direk vooraf gegaan?" Skryf nou die alfabetiese nommer van hierdie aktiwiteit regs van die een wat dit direk vooraf gaan met 'n potlood neer. Gaan deur hierdie prosedure totdat al die aktiwiteite in die linkerkolom van die tydtabel met potlood regs van die aktiwiteit wat dit direk vooraf gaan neergeskryf is.
Trek nou 'n vierkantige blokkie om elkeen van die neergeskryfde alfabetiese nommers, op só 'n manier dat die alfabetiese nommer in die linker boonste hoek verskyn, daar genoeg plek regs van die nommer is om die aktiwiteit se verwagte tydsduur in te skryf, om 'n horisontale streep reg deur die blokkie te trek onder die nommer en die tydsduur, en genoeg plek vir 'n syfer in beide die linker en regter onderste hoeke van die vierkant onder die streep, en syfers bo die streep reg onder die aktiwiteitsnommer en verwagte tydsduur.
Verbind nou die horisontale strepe wat deur die onderskeie blokkies getrek is, van die blokkies waarin die aktiwiteite wat direk op mekaar volg verskyn. Hierdie lyne verteenwoordig die chronologiese verloop van die aktiwiteite (kategorieë) van die projek, en moet altyd skuins vorentoe van links na regs getrek word, om te wys dat die regterkantste aktiwiteit op die linkerkantste aktiwiteit volg. Die strepe moet reguit wees. Daarom is dit nodig om die blokkies op die papier rond te skuif totdat die diagram netjies vertoon.
Skryf nou die verwagte tydsduur van elke aktiwiteit in die regter boonste hoek van elke blokkie in. Verbind die horisontale streep wat deur die blokkie van elke aktiwiteit wat deur geen ander voorafgegaan word nie, met die heel linkerkantste blokkie wat jy heel eerste getrek het en waar niks in geskryf is nie. Skryf nou 'n 0 bo op elkeen van hierdie verbindingslyne, net waar dit aan hierdie blokkie raak. Dra die 0 oor na elke blokkie wat met hierdie blokkie verbind is en skryf dit neer reg onder die aktiwiteitsnommer, bo-op die horisontale lyn in die blokkie (hierdie getal dui op die vroegste begintyd van die bepaalde aktiwiteit, en dit verteenwoordig 'n hoeveelheid van die tydseenheid wat in die tydtabel gekies is, byvoorbeeld weke).
Tel nou die verwagte tydsduur by die 0 en skryf die antwoord reg onder die werwagte tydsduur maar bo-op die horisontale lyn in die blokkie neer. Dra hierdie totaal, net soos met die nul, oor na die blokkie van die volgende aktiwiteit wat met hierdie blokkie verbind is, en skryf dit weer onder die aktiwiteitsnommer, bo-op die horisontale lyn deur die blokkie (die aktiwiteit se vroegste begintyd).
Tel weer die verwagte tydsduur by hierdie totaal, en skryf die nuwe totaal weer onder die verwagte tydsduur, bo-op die horisontale lyn deur die blokkie (vroegste einddatum). Indien 'n aktiwiteit deur twee ander aktiwiteite voorafgegaan word, word die laatste van die twee vroegste einddatums (hoogste totaal) uit die twee aktiwiteite se blokkies gekies om na hierdie blokkie oor te dra.
Jy sal vind dat die verbindingslyne bepaalde roetes (wat aktiwiteitskategorieë aandui) vorm, maar dat al die roetes by die laaste blokkie saamkom. Kies die laatste van al die vroegste einddatums (hoogste totaal) van al die blokkies wat by die laaste blokkie saamkom en dra dit oor na hierdie blokkie (weer onder die nommer van die aktiwiteit maar bo-op die horisontale lyn).
Tel die verwagte tydsduur van die laaste aktiwiteit hierby en skryf die nuwe totaal onder die verwagte tydsduur, bo-op die horisontale lyn deur die blokkie. Hierdie totaal sê hoe lank die projek werklik sal duur (vroegste projek einddatum).
Alle aktiwiteite hoef en kan nie gelyk te begin nie. Ons wil nou bepaal wat die laatste begintyd vir elke aktiwiteit is. Neem die totaal wat in die blokkie van die laaste aktiwiteit reg onder die verwagte tydsduur, bo-op die horisontale lyn geskryf is (die verwagte tydsduur van die totale projek) en skryf dit onder die horisontale lyn in die regterkantste onderste hoek van die blokkie neer (laatste einddatum van die aktiwiteit).
Trek die verwagte tydsduur van hierdie getal af, en skryf die antwoord in die linkerkantste onderste hoek van die blokkie neer (dit verteenwoordig die laatste begintyd vir die bepaalde aktiwiteit). Dra hierdie getal oor na al die blokkies wat met lyne aan hierdie aktiwiteit verbind is, deur dit in die regter onderste hoeke van die blokkies neer te skryf. Trek telkens weer die verwagte tydsduur af en skryf die antwoorde in die linkerkantste onderste hoeke van die blokkies neer.
Soek nou die roete waar die vroegste en laatste begintye deurgaans ooreenstem. Hierdie roete is die kritiese pad waar daar geen tydspeling voorkom nie. As daar vertragings in die aktiwiteite op hierdie roete voorkom, sal dit beteken dat die hele projek vertraag sal word, met die finansieële en ander implikasies wat daarmee saamgaan.

Stap 6:
Stel 'n "vloeidiagram" saam waarin die almanak (verkieslik in dieselfde tydseenheid as wat in die tydtabel gebruik is), aktiwiteite, vroegste en laatste begin en voltooiingstyd, kritiese pad en evalueringsdatums aangedui word.
Trek 'n matriks met vertikale blokkies vir al die aktiwiteite wat in die tydtabel voorkom, en horisontale blokkies vir soveel weke as wat die totale projek gaan duur (sien "PERT" in stap 5). Skryf al die aktiwiteite se alfabetiese nommers in die linkerkantste vertikale kolom, onder mekaar neer. Skryf die weeknommers (begin by 0), en verkieslik ook die datums, in die boonste horisontale kolom langs mekaar neer.
Trek in elke aktiwiteit se horisontale kolom 'n streep wat op sy vroegste begindatum begin tot by sy vroegste einddatum. Doen dieselfde met sy laatste begindatum en laatste einddatum. Die speling tussen punte van hierdie twee lyne dui die tydspeling wat daar op die bepaalde aktiwiteit bestaan aan ("slack").
Besluit op watter tye dit nodig sal wees om die verloop van verskillende aspekte van die projek (wat deur verskillende persone en instansies verrig kan word) te monitor of te evalueer. Trek 'n duidelike vertikale streep op die betrokke datums op die vloeidiagram.

Stap 7:
Stel 'n taakverdeling per doelwit of taakkategorie, en 'n tydsbegroting, waarin die verdeling van manure per aktiwiteit aangedui word, saam. Jy kan dit doen deur aan die regterkant van jou vloeidiagram (in die horisontale weeknommer kolom, die name van die persone en/of instansies wat vir aktiwiteite verantwoordelik is, neer te skryf. Skryf nou die verwagte hoeveelheid manure wat elke aktiwiteit sal duur, onder die naam van die verantwoordelike persoon of instansie, en langsaan die betrokke aktiwiteit, neer.
Tel die manure wat onder die name van die verantwoordelike persone of instansies geskryf staan saam, en skryf die antwoorde onder aan die kolomme neer. Hierdie totale kan gekwantifiseer word om uit te werk hoeveel elke verantwoordelike persoon of instansie se personeelverwante insette sal kos.

Stap 8:
Stel 'n begroting vir die projek saam, waarin 'n "top down" of 'n "bottom up" benadering gevolg word, afhangende van die beskikbaarheid van fondse.
Indien jy 'n lompsom geld beskikbaar het vir die projek, kan jy 'n gedeelte aan elke verantwoordelike persoon of instansie se aktiwiteite toesê volgens die een of ander formule, met die veronderstelling dat hulle daarmee moet klaarkom ("top down"-benadering). Hierdie benadering is meestal nie koste-effektief nie.
Die mees koste-effektiewe manier om te begroot is die sogenaamde "zerobasis-begroting" ("bottom up"-benadering). Dit beteken dat jy die werklike koste van elke taak in die blokkie wat dit omraam (in die werk afbraak struktuur) neerskryf. Die kostes van die take betrokke by 'n sub-kategorie word saamgetel en in die blokkie wat die sub-kategorie omraam, neergeskryf. Die kostes van die sub-kategorieë van 'n kategorie word weer saamgetel en in die blokkie wat die kategorie omraam, neergeskryf. Die kostes van die kategorieë word daarna saamgetel en in die blokkie wat die projeknaam omraam, neergeskryf.
Deur die bogenoemde syfers met die inligting op die vloeidiagram te vergelyk, kan jy sien watter kostes in watter weke of maande aangegaan sal word. Probeer deurgaans onderskei tussen maandelikse personeelverwante uitgawes, bedryfsuitgawes en kapitaaluitgawes.
Skryf die uitgawes itemgewys in die uitgawe kolom onder die betrokke maand waarin dit aangegaan word, en ook onder die kategorie personeel-, bedryf-, of kapitaaluitgawes waarbinne dit aangegaan word, neer. Deur elke maand se uitgawes saam te tel, verkry jy dus die totale verwagte uitgawes vir elke maand vir die totale duur van die projek.
Jy kan die weke of maande wat die projek duur op die horisontale as van 'n grafiek neerskryf, en dan eenhede (honderde of duisende rande) van die totale beoogde uitgawes eweredig gespasieer op die vertikale as, met die totale verwagte uitgawe-bedrag heel bo aan die vertikale as, neerskryf. Dui met kruisies die geakkumuleerde bedrae soos per week/maand begroot op die grafiek aan en verbind die kruisies om 'n beplande spanderingspatroon grafies voor te stel. Dui die werklike weeklikse/maandelikse geakkumuleerde uitgawes met kolle op die grafiek aan, namate die projek verloop. Verbind die kolle met 'n stippellyn om die werklike spanderingspatroon grafies voor te stel.

Stap 9:
Bestuur die projek deur die tyd, geld, personeel en tegnologie te bestuur. Gebruik in hierdie proses die tydtabel, Werk Afbraak Struktuur, PERT, voelidiagram, begroting en spanderingspatroon grafiek, as gereedskap in hierdie proses.
Finansiële en ander realiteite mag die prioretisering van projekte (met die oog op skrapping van sommige) noodsaak, indien daar ook ander projekte beplan word.

5.8.2 Gesindheidsdoelstelling:

5.8.2.a Begeer om God se doel met jou lewe uit te leef en om jou persoonlike rol te speel in die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus.

Bid dat God 'n groeiende begeerte in jou hart sal werk om sy doel met jou lewe uit te leef en om jou persoonlike rol te speel in die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus.

5.8.3 Aktiwiteitsdoelstellings:

5.8.3.a Neem toenemend leiding in projekte wat gerig is op die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus deur die aktivering van die Christen- gemeenskap.

Neem vrymoedigheid om leiding te neem in projekte wat op die behoud en verspreiding van die suiwer evangelie van Jesus Christus gerig is. Konsentreer daarop om volwasse Christene in bepaalde geografiese areas of belangegroepe te identifiseer, te motiveer en te aktiveer om hierdie Geestelike Groeiprogram in hul areas of belangegroepe te implementeer (sien doelwit 4.7.1.c). Doen eers 'n deeglike "SWOT-analise" (sien doelwit 5.8.1.f) en beplan die projek daarna deeglik (sien doelwit 5.8.1.g) voordat dit geloods word.

5.8.3.b Leef toenemend volgens 'n doelgerigte lewensplan waarin die wil van God vir jou lewe vervat is, en waarin jou geestelike groei gedissiplineer word.

Lê jou daarop toe om toenemend volgens 'n doelgerigte lewensplan (sien doelwit 4.3.1.e) te leef waarin die wil van God vir jou lewe vervat is en waarin jou geestelike groei gedissiplineer word.

5.8.3.c Tree toenemend en meer effektief as 'n agent van versoening op.

Lê jou daarop toe om toenemend liefdevol op te tree in die alledaagse lewe waar jy woon, speel en werk. Jy moet jou daarop toelê om liefdevol en verdraagsaam teenoor vriend en vyand te wees (1 Timoteus 3:3; Titus 1:7). Jy moet deurgaans daarteen waak en jouself daarin oefen om nie argumente te ontlok nie, aanmatigend te wees nie, en nie strydlustig, aggressief, bakleierig, dwarstrekkerig en geneig tot fisieke geweld wees nie.
Lê jou ook daarop toe om te groei in jou liefde vir wat goed is, om nie onheilige en sondige dinge na te jaag nie en om ook geen begeerte daarna te koester nie. Jy moet groei in jou begeerte om in alles en onder alle omstandighede God se wil te doen sonder dwang (Titus 1:8; 1 Petrus 5:2). Jy moet jou nie met oneerlike winsbejag bemoei nie en nie gierig of suinig met betrekking tot materiële seëninge wees nie (1 Timoteus 3:3; Titus 1:7).
Lê jou verder ook daarop toe om toenemend effektief as 'n agent van versoening op te tree.

Konflikresolusie en onderhandeling:
Die vervulling van basiese behoeftes (soos biologiese behoeftes, behoefte aan sekuriteit, ekonomiese welsyn, om te behoort, erkenning, geregtigheid) is nooit onderhandelbaar nie. Indien basiese behoeftes op die spel is, is daar 'n konflik wat opgelos moet word.
Belange (soos elektrisiteitsvoorsiening, beter vervoer, skole, behuising, vullisverwydering) is egter altyd onderhandelbaar. Indien daar botsende belange van partye op die spel is kan daar onderhandel word, en is die resultaat 'n onderhandelde ooreenkoms.
Konflik word dikwels gebore uit onkunde. Mense ken mekaar nie en veral nie mekaar se behoeftes nie. Onkunde gee aanleiding tot emosies soos wantroue, vrees, jaloesie, woede, onsekerheid, haat. Hierdie wedersydse gevoelens lê dan aan die grondslag van konflik.
Daar is verskeie opsies vir die betrokke partye moontlik in hul benadering tot die hantering van die konflik: Geen aksie (niemand wen of verloor iets nie en die konfliksituasie bly onveranderd). Kompeteer (een party wen en die ander verloor). Kompromie (elke party wen iets en verloor iets). Toegee (die toegeeflike party verloor en die ander party wen). Probleemoplossing (albei partye wen). Geweld (een party verwyder die ander fisies). Selfmoord (een party verwyder homself).
In die keuse van 'n benadering tot die hantering van konflik moet die onderskeie partye hulself afvra wat die alternatief vir onderhandeling is. Hulle moet die koste bereken indien daar nie 'n onderhandelde skikking tussen hulle bereik sou word nie.

Probleemoplossing as benadering tot onderhandeling en die hantering van diepgewortelde konflik:
Probleemoplossing lei tot 'n wen-wen oplossing. Die partye span saam teen die probleem. Die probleem word hulle gesamentlike vyand. Die klem is op samewerking, en die gevolg is dat die partye gesamentlik wen en dat die probleem verloor.
Die onderhandelingsiklus in probleemoplossing behels vier hoof fases: Fase een behels die skepping en onderhouding van 'n klimaat van samewerking. Gedurende die tweede fase word die belange en behoeftes van alle partye geëksploreer. In die derde fase word 'n ooreenkoms ontwikkel wat die belange/behoeftes van al die partye bevredig. In die vierde fase word die implementering van die ooreenkoms sorgvuldig uitgevoer. Gedurende al vier hierdie fases word sterk klem gelê op die daarstelling van wedersydse vertroue.

Fase 1:
Suksesvolle onderhandeling berus op 'n konstruktiewe werksverhouding. Daarom is die houding van die onderskeie partye, veral gedurende fase 1, krities belangrik. 'n Atmosfeer van regverdigheid moet bewerkstellig word deur toepaslike onderhandelingsgedrag (die wyse waarop partye optree aan die onderhandelingstafel) soos die wedersydse kommunikering van verdraagsaamheid, vertroue, gelykheid, menslikheid en verbondenheid tot onderhandeling.
So 'n atmosfeer vorm die basis vir 'n konstruktiewe werksverhouding tussen partye waarbinne hulle geneig is om 'n bereidheid te ontwikkel om te waag (risikos te neem). Die neem van risikos kan lei tot meer vertroue en meer risikos (of tot besering wat ook die bestaande vertrouensverhouding, sowel as die totale proses kan vernietig).

Onderhandelaars maak dikwels bepaalde gedragsfoute in hul reaksie op die gedrag van die ander partye betrokke by die onderhandelingsproses:
Emosionele gedrag van die ander party ontlok dikwels soortgelyke emosionele gedrag van die onderhandelaar. Instede daarvan om rasioneel te reageer en op die beskikbare feite te konsentreer, laat hy toe dat emosies soos woede sy helder denke domineer.
Wanneer die ander partye nie begrip vir sy standpunt, situasie, probleme, behoeftes, ensovoort, toon nie, reageer hy deur outomaties te aanvaar dat hy daarom ook nie kan verwag om hulle opinies of situasies te begryp nie.
Wanneer die ander partye eise kommunikeer, reageer hy deur ook eise te stel.
Wanneer die ander partye op 'n onbetroubare wyse ooreenkomste wat reeds bereik is verbreek, reageer hy net so onbetroubaar deur ook ooreenkomste te verbreek.
Wanneer ander partye 'n strategie van dwang volg, reageer hy ook deur hulle te probeer dwing.
Wanneer die ander partye nie die behoeftes wat hy kommunikeer as legitiem aanvaar nie, aanvaar hy hulle behoeftes ook nie as legitiem nie.
Hierdie gedragsfoute is tipies van 'n kompetisie-benadering waar een party wen en die ander verloor. Die twee partye posisioneer hulleself teenoor mekaar as mekaar se opponente en vyande.
Toepaslike onderhandelingsgedrag fokus op die inhoud sowel as op die verhouding, deur konstruktief te wees sonder voorbehoud. Selfs as die ander party emosioneel handel, balanseer die onderhandelaar emosie met rede. As hulle hom verkeerd verstaan, probeer hy nogtans om hulle te verstaan. As hulle nie na hom luister nie, sal hy luister en advies vra voordat hy besluite neem. As hulle hom probeer mislei, sal hy betroubaar wees. As hulle hom probeer dwing, sal hy oop vir oortuiging wees en hulle steeds probeer oortuig. As hulle hom verwerp, sal hy hulle steeds as waardig aanvaar. Hy sal sag met die persoon, maar hard met die saak optree. Hy sal onderskei tussen die ander partye se waarde as persone, en die korrektheid van hulle opinies en optrede. Hy sal die belangrikheid van die belange en behoeftes van die ander partye in ag neem as dryfvere vir diepgewortelde konflik.

Fase 2:
Die enkele belangrikste aspek wat effektiewe onderhandeling sowel as konflikhantering beïnvloed, is die wedersydse verstaan van mekaar se persepsies en die hervorming ("shaping") van eie persepsies aangaande die ander partye. Partye se persepsies van mekaar word onder andere beïnvloed deur hulle siening en interpretasie van wat in die verlede tussen hulle gebeur het; wat in die hede besig is om tussen hulle te gebeur; mekaar se griewe; mekaar se doelwitte; mekaar se intensies.
Ten einde die aard van die konflik tussen betrokke partye te verstaan, word daar in fase 2 (deur 'n proses van gesamentlike eksplorasie/ontdekking) deur onderhandelaars gefokus op die eie en ander partye se persepsies. Onderhandelaars fokus op die hervorming van hul eie persepsies van die ander partye se basiese behoeftes, belange, griewe, doelwitte ensovoort, sonder kritiek, kommentaar of evaluering en geen besluite word geneem nie. Die doel is om 'n gesamentlike begrip van die probleem of diepgewortelde konflik te ontwikkel.
Persepsies word hanteer deur bewustelik en aktief daarop te fokus (byvoorbeeld deur 'n rol-omruiling oefening waartydens die betrokke partye hulle in die skoene van die ander plaas en die kwessies betrokke by die konflik uit die oogpunt van die ander beskou).

Fase 3
Wanneer 'n ooreenkoms ontwikkel word, moet alle partye se behoeftes/belange genoegsaam/bevredigend daarin aangespreek/ hanteer word. 'n Goeie ooreenkoms behels gesamentlike beplanning, gesamentlike verantwoordelikheid, gesamentlike besluitneming en gesamentlike uitvoering.

Fase 4:
Gesamentlike implementering van die ooreenkoms.

No comments:

Post a Comment